Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

AVONTUUR

MAGALIESBERG CANOPY TOURS (NOORD-WES)

Om weer soos 'n kind te voel is nie net goed vir jou gesondheid nie, maar belangrik. Magaliesberg Canopy Tours beloof om hierdie kind-wees sommer vinnig in enige persoon op te wakker. Die toere, slegs 'n uur en 'n bietjie van Jhb en Pta, vat jou deur die geskiedenis van een van die wêreld se oudste bergreekse. 'n Stop hier, voor die toere weer deur die Ysterhout kloof zoom is wat hierdie ekskursie so lekker en uniek maak. Plante, diere en voëlspesies loer van alle kante terwyl die natuur jou hart bekoor. Magalies Canopy Tours is goed toegerus vir spanbou, familiepret en 'n lekker wegkom van die alledaagse af. Die ekskursie word afgerond met 'n 4X4 rit sowel as 'n ligte ete en verversings. Magalies Canopy Tours is 'n moet vir enige avontuurlustige vakansieganger.



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy