Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

BOSVELD WEGBREEK

Of dit nou 'n luukse safari op 'n pragtige wildplaas is wat jou hart vinniger laat klop, en of jy op jou gelukkigste is in 'n daktent in die wildernis, Vakansieplekke SA het iets wat in jou smaak sal val. Ons help gaste om te ontsnap na 'n atmosfeer van rustigheid waar asemrowende uitsigte vir ewig aanhou. 'n Bosveld-vakansie is nie net 'n geleentheid om ons kontinent se pratige wild en natuurskoon te bewonder nie, dis ook 'n wegkomkans wat jou toelaat om ten volle te ontspan, ver van die stad se geroesemoes. Ervaar 'n slag die onsag wat die skoonheid van die Afrika-kontinent in jou kan verwek - kies 'n bosveldbestemming uit ons breedvoerige lys en maak reg vir 'n verkwikkende vakansie onder die uitsonderlike Suid-Afrikaanse uitspansel.

RUSTGEVONDEN (LEEUPOORT) LIMPOPO

Sagkuns rus ‘n asemrowende paradys tussen Bela-Bela en Thabazimb. Hierdie klassieke bestemming bied vakansiegangers die geleentheid om natuur prag op voet, op jou bergfiets of agter die stuurwiel te geniet. Plaas styl akkomodasie geriewe sluit romantiese kaggel, snoesige beddens, volledige toegeruste kombuis en natuurlik eg Suid-Afrikaanse ingerigte boma so vir die steak op die kole. Rustgevonden is naby geleë aan die wêreldberoemde Sun City, zip line pret sowel as die Marekele Nasionale Park. Perfek vir ‘n naweek se wegbreek, vir ‘n staande jaarlikse familie of vriende wegbreek en ‘n bestemming wat belowe om jou rus en lus vir die lewe weer vining-vinnig in die regte volgorde te prioritiseer.


RITSAKO GAME LODGE (DINOKENG)

Ritsako Game Lodge is 'n nuwe en opwindende Lodge binne in die Dinokeng Groot 5 natuur reservaat slegs 45 kilometer Noord van die Jakaranda stad. Ritsako spog met 19 luukse volle toegeruste eenhede wat Ontbyt insluit ,dit alles met 'n privaat swembad op jou agterstoep waar die wild sommer  naby aan jou eenheid pronk. Ritsako bied ook selfsorg eenhede wat perfek is vir Families, paartjies, vriende of enige iemand wat wil ontsnap vanaf die daaglikse gejaag. Hierdie spog Game Lodge bied ook konferensie fasiliteite aan. Verskeie opsies is beskikbaar om hierdie beplanning sessies 'n aangename ervaring te maak. Ritsako Game Lodge het 'n Restaurant met heerlike disse en bedien daagliks ontbyt , middagete asook aandete. Ritsako, 'n game lodge vir ieder en elk. 


SPIRAL HORN SAFARI (THABAZIMBI)

Spiral Horn Safaris is n privaat wildsplaas wat strek oor 1800 hektar gelee in die pragtige Limpopo Bosveld. Hier is geen of beperkte selfoon sein en is dus die idiale plek om weg te breek en te vegeet van die stad. Spiral Horn Safaris spog met 2 van die groot 5 en ander diere soos Kameel-perde, Springbokke, Zebras ens. Self- Game Drives word toegelaat en op eie risiko gedoen. Kom braai op egte bosveld hout en geniet die natuur. Ons bied aktiwiteite aan soos Kleiduif skiet, voël-kyk, wildritte ens. Spiral Horn Safaris beskik oor 4 En-Suite Grasdak Rondawels wat in totaal 'n maksimum van 12 mense kan akkommodeer. Die gemeenskaplike kobuis is ten volle toegerus met gas stoof, yskas, vrieskas en breekware. Die stylvolle eetkamer kan 12 mense sit. Die sleeperhout kroeg en TV kamer is gerieflike gelee teen die boma vir lekker kuiers om die vuur. DSTV word ingesluit. Spiral Horn Safaris is in n malaria vrye gebied en kinder vriendelik. Ons akkommodeer graag familie groepe. 


ZEBRA COUNTRY LODGE (DINOKENG)

Ervaar die prag van die bosveld! Slegs ‘n klipgooi ver van die stad! Hierdie pragtige lodge is geleë in ‘n 400 hektaar natuurreservaat en is slegs ‘n 30 minuut motorrit Noord-Oos van Pretoria. Zebra Country Lodge grens ook aan die Dinokeng Wildreservaat, die eerste vrylopende Groot Vyf residensiële wildreservaat in Gauteng. Zebra Country Lodge spog met drie lodges, elkeen met sy eie unieke atmosfeer en kenmerke, asook ‘n kapel en verskeie onthaalareas vir troues, konferensies of spesiale geleenthede. Zebra Country Lodge bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite insluitend; natuurritte in hul eie natuurreservaat en wildsritte in Dinokeng Wildreservaat, spa-behandelings, perdry, voël safaris, vlugbal, buitelug skaak en asemrowende lugballonritte. Of dit nou vir besigheid, avontuur of ontspanning is – Zebra Country Lodge roep jou naam!


ABENDRUHE LODGE (DINOKENG)

‘n Bosveld wegbreek met ‘n ongelooflike uitsig – Die lodge se vier luukse selfsorg houthuise bied alles wat jy sal benodig om ‘n romantiese naweek met jou geliefde of Familie te geniet. Die houthuise is ver van mekaar en elkeen beskik oor sy eie privaat boma sodat julle lekker om die vuur kan gesels en ontspan. Daar is 3 houthuise wat elkeen oor ‘n koning-grootte bed, ‘n bank wat oopvou en in ‘n dubbelbed omskep kan word, vol DStv, lugversorger. Die vierde houthuis by Abendruhe Lodge sluit ‘n loft gedeelte ook in en bestaan uit twee kamers waar ses mense gehuisves kan word. Elke houthuis het ook ‘n badkamer met ‘n stort, asook ‘n kombuis wat ten volle toegerus is. Gaste kan heerlik afkoel in die swembad met onvergeetlike uitsigte oor die Lodge se eie watergat. Wildsritte is beskikbaar en sluit drankies en versnapperinge in. 


TSHIKWALO GAME LODGE (DINOKENG)

Tshikwalo Lodge bied ‘n aangename ervaring vir beide nasionale en internasionle gaste in gemaklikle en luukse akkommdodasie. Ons selfsorg eenhede het elkeen ‘n stoep voor die chalet waar gaste kan  ontspan en hul maaltye geniet. Ons nuutste byvoeging tot chalets is op bed, ontbyt en aandete gebasseer. Hierdie chalets is luuks toegrus met ‘n koffiestasie en klein yskas en ‘n stoep wat oor die bosveld uitkyk. Ons boma area kan uitgehuur word aan groter groepe tot 80 mense maksimum  waar spesiale geleenthede soos verjaarsdae, spanbou, jaareindfunksies ens gehou kan word. Ons pragtige restaurant bied ‘n uitgebreide a la carte spyskaart. Die houtdek van die restaurant kyk uit op ‘n watergat waar menige diere van die reservaat kom water drink. Verder bied Tshikwalo Lodge aktiwiteite soos wildsritte, Spa Behandelings, bos pieknieks, spanbou en romantiese bosetes aan.  


B'SORAH LUXURY TENTED CAMP (NOORD-WES)

Bsorah is die tuiste van 'n luukse tentkamp en rustieke kampeerplekke, omring deur die historiese en natuurlike landmerke van die Magaliesberge. Natuur paradys waar jy kan ontspan. Die Hartbeespoort Dam en naby besienswaardighede, wat die Elephant and Monkey Sanctuary, die Ann van Dyk Cheetah Sentrum en Bill Harrop se ballon-ritte insluit, is almal naby. Na ‘n opwindende dag van verkenning, kan jy terugkeer na die gemak van jou eie privaat safari tent en luister na die kwartels se roep terwyl die son sak – die perfekte manier om die aand om die vuur te begin. B’sorah is die perfekte plek om die fyner dinge in die lewe te waardeer, terwyl ons vriendelike personeel uitsien om jou te verwelkom en so tuis as moontlik te laat voel.


MBIZI GAME LODGE & SPA (LIMPOPO)

Mbizi Game Lodge is ongeveer agt kilometer buite Warmbad (Bela-Bela). Breek weg van die alledaagse gejaag en geniet kwaliteit tyd saam met jou familie en vriende. Geniet die oorvloedige voël en Wilde lewe deur óf stap of fiets te ry deur die bosveld.Woonwastaanplekke met private ablusiegeriewe, gedeel ablusiegeriewe, Eco vriendelike boskamp, "wildskamp", selfsorg chalets, tenthuise en berg chalets beskikbaar.Die oord spog met 'n pragtige toegerus woonwapark (hoofkamp) met 'n klein waskamer en opwas fasiliteite, verskillende tipes van chalets, tent huise en 2 ander karavaan Kampe, tafeltennis, mini-golf, 4x4 baan, binnenshuise verhitte swembad asook buite koue swembad, trampolines, kinders speelgrond, voëlkyk en vele meer.


Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy