Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

FAMILIE WEGBREEK

Families vind goud in mekaar met elke wegbreek saam. Langpad liedjies word oorverdowend hard in die kar gesing terwyl jy “ek sien iets met my kleine kleine ogie” speel. Dan uiteindelik vind jou kar die bestemming waar nuwe familie herinneringe geraam gaan word. Beplan jy ‘n vinnige impromptu wegbreek of ‘n lekker langpad vakansie? Dit alles sal jy sommer maklik hier kan opspoor. Iets vir elke gesin. Hou julle van rustig gesels en games speel voor ‘n kaggelvuur of is julle adrenalien junkies? Bang vir die see maar braaf vir berge? Bind sommer nou ‘n toutjie om jou oor en omring jou vakansie datums met ‘n reënboogkleurpen. Beplanning vir ‘n familie wegbreek was nog nooit so gerieflik en maklik nie.

WHALESONG HOTEL & SPA (PLETTENBERG)

Die juweel van die Tuinroete. Die familie-vriendelike Whalesong Hotel & Hydro staan soos 'n seer oog uit in die hartjie van Plettenbergbaai se Tuinroete. Die strandtema is duidelik sigbaar in die 24 kamers met luukse en-suite badkamers die wit en blou van die see weerspieël. 18 van die kamers het hulle eie privatehoutdek wat gaste 'n blik gee op die Keurbooms-kuslyn, Tsitsikammaberg-reeks en die eindelose diep blousee. Die voordeelvan Whalesong is dat alles binne stapafstand is. 'n Top gehalte restaurant, Whales Restaurant, is op die perseel geleë en trek onmiddellik aandag met sy panoramiese uitsigte en smullekker seekos-geregte. Net 'n klipgooi van die restaurant sal jy The Greenhouse Hair Salon & Spa vind, 'n plek wat bekend is in die omgewing vir pamperlangsessies.


WATERFALL SAFARI LODGE (MIDDELBURG)

Die vreedsame bosveld ligging gemeng met die warm gasvryheid van die vriendelik personeel is wat Waterfall Safari Lodge so besonders maak. Waterfall Safari Lodge is deel van die Forever Resorts groep wat bekend is vir onvergeetlike bekostigbare vakansies, enige tyd van die jaar. Besoekers aan die Lodge kan uitsien na ‘n avontuurlustige 4x4 roete, ‘n asemrowende piekniek langs die beeldskone waterval en die idiliese rotsswembad waarin besoekers lekker kan afkoel in die somermaande. Van lekker gesinsvakansies tot ‘n romantiese troues. Waterfall Safari Lodge beskik ook oor ‘n aangename en baie gewilde restaurant, 6 slaper gastehuis en karaktervolle houteenhede wat slaapplek bied vir twee tot vier gaste. Die kampeerterrein is slegs vir 4x4 karavane, klein en intiem waar jy die naggeluide nog suiwer kan hoor.


RIVIERA ON VAAL (VEREENIGING)

Die Riviera on Vaal is ‘n luukse oord met ‘n gholfbaan en spa fasiliteite. Die oord sluit ook verskeie restaurante, watersportsoorte, ‘n gimnasium, riviervaarte en kinder-vriendelike fasiliteite in. Die hotel is slegs 45 minute per hoofweg vanaf Jhb geleë. Alle kamers kyk uit op die pragtige rivier en bestaan uit verskillende opsies – standaard, familie, uitvoerend en tuin suites. Riviera on Vaal bied ook verskillende konferensie-pakkette aan wat aan elke kliënt se spesifieke en unieke vereistes voldoen. Wanneer dit by maaltye kom, kan gaste uitsien na ‘n onvergeetlike ervaring omring deur outydse sjarme. Smullekker etes en skemerkelkies kan binne of buite op die balkon geniet word wat spog met ‘n pragtige uitsig oor die Vaalrivier. The Riviera on Vaal het so baie om te bied en gaste word bederf met goeie diens, heerlike kos en uitsigte waarvan meeste mense net kan droom.  



THE 18TH PRINCE'S GRANT (KZN)

The Eighteenth is op die veilige Prince's Grant Gholflandgoed aan KZN se Dolfynkus geleë en bied die ideale kuswegbreek vir gesinne, vriende, gholfgroepe of paartjies. Gerieflike selfsorgverblyf word in woonstelle met 2/3 slaapkamers gebied. Elke woonstel het 'n volledige kombuis, sitkamer, eetkamer, en suite-badkamers met braaigeriewe. Die sekuriteitslandgoed bied veilige parkeerplek in motorhuise, 'n wêreldklas-gholfbaan, Restaurant, 'n swembad, tennis- en muurbalbane, 'n speelarea vir kinders en mini-gholf. The 18th front na die prentjiemooi Indiese Oseaan en kuslyn met 'n subtropiese klimaat regdeur die jaar. Dit bied ook eksklusiewe toegang tot die pragtige strand en strandmeer. Gaste kan vir die dag uitgaan op 'n vissersboot, gholf speel, op die strand ontspan, 'n vlug in 'n mikrovliegtuig geniet of in die suikerrietlanderye gaan bergfietsry. 


DINKWENG SAFARI CAMP (VAALWATER)

Dinkweng Safari Camp is slegs 3 ure se ry vanaf Johannesburg. Die naaste dorpie Vaalwater, is 45 km vanaf die kamp, waarvan 11 km grondpad is. Dinkweng Safari Camp bied luukse verblyf in 'n keuse van 3 en-suite slaapkamer selfsorg-eenhede. Elke eenheid het ruimte en privaatheid. Elke eenheid het 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan sit- en eetkamer sowel as 'n platskerm-TV wat sekere DStv-kanale opvang. Ontspan buite in jou eie plonspoel met braai-area en 'n dek wat oor die vallei met sy ongelooflike Afrika-sonsondergange uitkyk. Die eenhede word daagliks gediens. Dinkweng is die plek om te ontspan en die natuur te geniet.


LOEBIES PREDATOR PARK (LIMPOPO) BELA BELA

Loebies Gasteplaas spog met gerieflike verblyf, ‘n plaasdam, swembad en… sy eie roofdierpark. Dis reg, jy en jou geliefdes kan verskeie diere en roofdiere van naby hoor en sien terwyl julle rustig om ‘n vuurtjie voor jul eenheid sit en ontspan. Al die eenhede by Loebies Gasteplaas beskik oor hul eie braaiers en is ten volle toegerus om selfsorg ‘n plesier te maak. Die Plaaskombuis verskaf heerlike ligte etes en kan selfs die bykosse vir jou braai verskaf, sou jy verkies om self jou tjoppie oor die kole te gooi. Die Waterberge se ligging maak toegang na ander instansies maklik so maak jouself reg vir perdry, om saam met olifante te stap en ‘n rondte gholf te geniet, sou jy dit verkies. Bring jou vriende en familie om die bosveld van nader te waardeer by Loebies Gasteplaas.



RIVER EDGE (WES-KAAP) BREEDE RIVIER

Is jy en jou gesin gaande oor die buitelewe? Dan is River Edge nommerpas vir julle volgende familie wegbreek. Hierdie besonderse akkommodasie bestemming is geleë sowat 'n uur se ry vanaf Kaapstad, tussen Wolseley en Worcester. Hier kan jy teen die oewer van die lowerryke Breede Rivier tuisgaan in pragtige kothuise of kampeer in 'n ten volle toegeruste kampeerterrein. Die rivierhuisies is uit klip gebou en bied luukse akkommodasie in verskillende konfigurasies wat geskik is vir familie vakansies. Die huisies beskik oor elk oor 'n oopplan-kombuis, 'n leefarea met 'n kaggel, sowel as 'n stoep met 'n jacuzzi en 'n buitebraai -  terwyl jy uitkyk oor die rivier. 


GOURIKWA RESERVE (WES-KAAP) MOSSELBAAI

Geleë tussen Mosselbaai en Stilbaai bied Gourikwa talle aktiwiteite vir enige vakansieganger. Kothuisies, vissermanshuisies en villas is genoeg verblyf opsies vir enige aangeleentheid. Gourikwa bied 'n reeks aktiwiteite soos bergfiets- en staproetes, walvis loer, snorkel poele en voëlkyk punte. Gourikwa het ook fasiliteite om jou boot self in die water te launch en die vangs van die dag terug te bring. Gourikwa kan tot 200 gaste akkommodeer in hul onthaal saal en slaap plek vir 140 gaste. Of jy 'n romantiese breek soek, spanbou, 'n beplanning sessie vir jou werk of 'n avontuur belaaide vakansie-Gourikwa is die plek vir jou!



ATKV-OORDE GESINSVAKANSIE IN SA

Elke oord is ’n veilige, ontspanne lushof waar jy jou kan tuismaak vir ’n onvergeetlike gesinsvakansie, ’spanbousessie, jou droomtroue of ’n kulturele ontdekkingsreis! Al die oorde spog met gerieflike selfsorgverblyf, woonwaparke en luukse eenhede waarvan die graderings tussen twee- en vierster wissel. Daar is heerlike eetplekke, sonnige speelplekke, plekke vir salige ontspanning en aksie vir Afrika! Die oorde bied hope pret, soos minigholf, warm- en kouewaterswembaddens, waterwurms, muurbal- en vlugbalbane, springmatte, staproetes, perdry en baie meer vir oud en jonk. Die voordeel is dat jy per eenheid bespreek en nie p/p nie. Dit is dus ware bekostigbare gesinsvakansies. Met pretnaweke en vakansies word goeie gesinsvermaak gebied.


HOOGLAND SPA (LIMPOPO) BELA BELA

Hoogland Spa Vamilie-oord is geleë in Bela-Bela, die gewilde wegbreekbestemming. Hier kan gaste tuisgaan in heerlike selfsorg-chalets met al die geriewe wat mens nodig het vir 'n lekker wegbreek met jou gesin of groep vriende. Dit sluit volledig toegeruste selfsorgkombuise, privaat braai-geriewe, lugversorging, DStv-hotelpakkette en toegang tot 'n ontspanningsarea in waar besoekers kan afkoel in die swembad, of meeding in pool, tafeltennis en foosball. Geniet gehalteverblyf in 'n rustige omgewing en verken die die Limpopo provinsie se mees gesogte attraksies vanaf 'n gerieflike ligging. 


BADPLAAS A FOREVER RESORT (MPUMALANGA)

Hierdie bekroonde Mpumalanga oord is bekend vir sy warm mineralebron. Slegs 2,5 uur se ry van Gauteng af neem jou na ‘n ongelooflike plek waar herinneringe gemaak word. Akkommodasie behels hotel kamers, selfsorg chalets, selfsorg rondawels, hout hutte en gaste huise. Die 300 karavaan en tent staanplekke kyk uit oor die rervaat en is toegerus met kragpunte. Die kamp bied ook netjies ablusie fasiliteite aan. Vir jou ontspanning is daar beide warm en koue minerale swembaddens binnenshuis sowel as buitemuurs. Die hidro-spa bied ‘n verskeindheid behandelinge aan wat jou jonk en lewenskragtig sal laat voel.



ABBA GAME LODGE (LIMPOPO) NYLSTROOM

Slegs 17 kilometer noord van Modimolle (Nylstroom), teen die hange van die Waterberge, wag Abba Game Lodge vir jou as die perfekte familie vakansie. Hierdie oase van bome en wildslewe in die bosveld word afgerond met ’n pragtige natuurlike dam en hope pret vir die hele gesin. Kies en keur onder andere uit visvang, staproetes, putt-putt, buitelug skaak en vlugbal of ontspan by die restaurant en bar na ’n aktiewe dag vol avontuur. Opsies vir akkommodasie sluit in gesellige selfsorg-chalets, sowel as ’n karavaan- en kampeerterrein. Die chalets het slaapopsies vir 2-8 mense met ’n kuierkombuis en eetkamer, braaiplek en ensuite badkamer. 



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy