Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

IN DIE KOLLIG

Berge, riviere, see en safaris wag, Suid Afrikaners se soektog na hulle droomvakansie begin hier! Ons bied die perfekte spyskaart van spesiale en onvergeetlike avonture wat elke sak en smaak sal pas - dis verseker iets vir jou "bucketlist" Ons blad is perfek vir enige avontuurlustige vakansieganger. Neem 'n reis saam met ons!

TSHIKWALO GAME LODGE (DINOKENG)

Tshikwalo Lodge bied ‘n aangename ervaring vir beide nasionale en internasionle gaste in gemaklikle en luukse akkommdodasie. Ons selfsorg eenhede het elkeen ‘n stoep voor die chalet waar gaste kan  ontspan en hul maaltye geniet. Ons nuutste byvoeging tot chalets is op bed, ontbyt en aandete gebasseer. Hierdie chalets is luuks toegrus met ‘n koffiestasie en klein yskas en ‘n stoep wat oor die bosveld uitkyk. Ons boma area kan uitgehuur word aan groter groepe tot 80 mense maksimum  waar spesiale geleenthede soos verjaarsdae, spanbou, jaareindfunksies ens gehou kan word. Ons pragtige restaurant bied ‘n uitgebreide a la carte spyskaart. Die houtdek van die restaurant kyk uit op ‘n watergat waar menige diere van die reservaat kom water drink. Verder bied Tshikwalo Lodge aktiwiteite soos wildsritte, Spa Behandelings, bos pieknieks, spanbou en romantiese bosetes aan.


RIVIERA ON VAAL (VEREENIGING)

Die Riviera on Vaal is ‘n luukse oord met ‘n gholfbaan en spa fasiliteite. Die oord sluit ook verskeie restaurante, watersportsoorte, ‘n gimnasium, riviervaarte en kinder-vriendelike fasiliteite in. Die hotel is slegs 45 minute per hoofweg vanaf Johannesburg, naby Vereeniging geleë. Alle kamers kyk uit op die pragtige rivier en bestaan uit verskillende opsies – standaard, familie, uitvoerend en tuin suites. Wanneer dit by maaltye kom, kan gaste uitsien na ‘n onvergeetlike ervaring omring deur outydse sjarme. Smullekker etes en skemerkelkies kan binne of buite op die balkon geniet word wat spog met ‘n pragtige uitsig oor die Vaalrivier. The Riviera on Vaal het so baie om te bied en gaste word bederf met goeie diens, heerlike kos en uitsigte waarvan meeste mense net kan droom.      

 



RIVER EDGE (BREEDE RIVIER) WES-KAAP

Is jy en jou gesin gaande oor die buitelewe? Dan is River Edge nommerpas vir julle volgende wegbreek. Hierdie besonderse akkommodasie bestemming is geleë sowat 'n uur se ry vanaf Kaapstad, tussen Wolseley en Worcester op die R43. Hier kan jy teen die oewer van die lowerryke Breede Rivier tuisgaan in pragtige kothuise of kampeer in 'n ten volle toegeruste kampeerterrein. Die rivierhuisies is uit klip gebou en bied luukse akkommodasie in verskillende konfigurasies wat geskik is van groepe van 6 tot 10 vakansiegangers. Die huisies beskik oor elk oor 'n oopplan-kombuis, 'n leefarea met 'n kaggel, sowel as 'n stoep met 'n jacuzzi en 'n buitebraai - perfek vir skemerkelkies terwyl jy uitkyk oor die rivier. 


TSITSIKAMMA LODGE & SPA (OOS KAAP)

Tsitsikamma Lodge en Spa is geleë aan die voete van die skilderagtige Tsitsikamma-bergreeks in die dorp Stormsrivier in die Oos-Kaap. Hout vanuit die plaaslike bos is gebruik om dié spesiale lodge, met losstaande houthutte van verskillende groottes, te bou. Die houtstomp-afwerking skep ‘n ongekunstelde gevoel aan die binnekant van die 32 goedtoegeruste houthutte, wat elk met ‘n spa-bad, privaatdek en braaifasiliteit toegerus is. ‘n Pragtige swembad, nabygeleë bergstrome en ‘n verkwikkende spa-ervaring bied ‘n onvergeetlike lafenis,  terwyl ‘n potjie tafeltennis in die speletjieskamer of ‘n staproete op een van die talle voetslaanpaaie nie te versmaai is nie. Gaste kan kies en keur uit van die heerlike geregte op die spyskaart van die restaurant, ‘n braai op die dek of ‘n self-voorbereide ete in ‘n houthutkombuisie.


DINKWENG SAFARI CAMP (VAALWATER)

Dinkweng Safari Camp is slegs 3 ure se ry vanaf Johannesburg. Dinkweng Safari Camp bied luukse verblyf in 'n keuse van 3 en-suite slaapkamer selfsorg-eenhede.  Elke eenheid het ruimte en privaatheid. Elke eenheid het 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan sit- en eetkamer sowel as 'n platskerm-TV wat sekere DStv-kanale opvang, asook 'n DVD-speler vir u gebruik. Ontspan buite in jou eie plonspoel met braai-area en 'n dek wat oor die vallei met sy ongelooflike Afrika-sonsondergange uitkyk. Die eenhede word daagliks gediens. Dinkweng is die plek om te ontspan en die natuur te geniet, daarom word harde musiek nie toegelaat nie. Gaste is welkom om in die kamp te stap en sal verskeie diere soos zebras, koedoes, nyalas, waterbokke, elande, kameelperde en rooibokke sien. Gaste kan hul bergfietse saambring of sommer een by die kantoor huur.


MBIZI GAME LODGE & SPA (LIMPOPO)

Weggebêre slegs 8 kilometer vanaf Warmbad, rus Mbizi wildsreservaat en spa. ’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n romantiese naweek of ‘n vriendegroep. Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, eksotiese wild , 4X4 Berg roetes , bergfiets-roetes, onder dak verhitte swembaddens, staproetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, volg dit op deur die spiere te ontspan by die Bophelo Spa terwyl die kinders met die plaasdiere sosialiseer en rond die dag af met ‘n skemer-kelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!


TENAHEAD MOUNTAIN LODGE (OOS-KAAP)

'n Sprokiesmooi-skat wag vir jou - snoesig versteek tussen die Drakensberge, Witteberge en Malutiberge, reg op die grens van Lesotho. Tenahead Lodge and Spa verrys soos ’n ouwêreldse klipkasteel, 2500 meter bo seespieël, vanuit die Oos-Kaapse platteland, slegs 40 kilometer vanaf Rhodes. Hierdie vyfster lodge bied sewe elegante en-suite slaapkamers met ’n asemrowende uitsig oor berge en riviere. In die somer nooi die groot vensters die skouspelagtige natuurskoon binne, terwyl ’n knetterende kaggel ’n toevlug bied in die sneeuwit wintermaande. Die toppunt van luuksheid - jou stomende Victoriaanse borrelbad wat staan en wag. Tenahead Lodge and Spa bied spesiale pakkette vir pensionarisse, jou wittebrood of somervakansie. 



RIVONIA BED & BREAKFAST (SANDTON)

Rivonia Bed and Breakfast bied alles wat jy moontlik kan benodig. Die 50 pragtige, goed toegeruste kamers en familie-eenhede spog elkeen met sy eie stoep wat uitkyk op ‘n welige grasperk. Rivonia B&B in Jhb is werklik ‘n stukkie landelike paradys in die middel van die stad met heerlike legendariese buffets en disse vir elke smaak en ouderdom. Die luukse swembad, en maklike toegang tot die lughawe, snelwee, winkelsentrums en meeste voorstede in Jhb beteken Rivonia B&B is altyd ‘n gunsteling onder toeriste, besigheidsmense en toergroepe. Met soveel heerlike opsies om na uit te sien, is dit maklik om te verstaan hoekom Rivonia B&B so gewild is onder ieder en elk.

 



ABENDRUHE LODGE (DINOKENG)

n Bosveld wegbreek met ‘n ongelooflike uitsig – Die lodge se vier luukse selfsorg houthuise bied alles wat jy sal benodig om ‘n romantiese naweek met jou geliefde of Familie te geniet. Die houthuise is ver van mekaar en elkeen beskik oor sy eie privaat boma sodat julle lekker om die vuur kan gesels en ontspan. Daar is 3 houthuise wat elkeen oor ‘n koning-grootte bed, ‘n bank wat oopvou en in ‘n dubbelbed omskep kan word, vol DStv, lugversorger. Die vierde houthuis by Abendruhe Lodge sluit ‘n loft gedeelte ook in en bestaan uit twee kamers waar ses mense gehuisves kan word. Elke houthuis het ook ‘n badkamer met ‘n stort, asook ‘n kombuis wat ten volle toegerus is. Gaste kan heerlik afkoel in die swembad met onvergeetlike uitsigte oor die Lodge se eie watergat. Wildsritte is beskikbaar en sluit drankies en versnapperinge in. 


Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy