Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

KWAZULU-NATAL WEGBREEK

Kwazulu-Natal het ‘n sub-tropiese kuslyn met ‘n reeks somer son strande wat warm water reg deur die jaar belowe. Die Midlands spog met romantiese grasgroen landskappe en die Drakensberge vorm die valleie waar die unieke Zululand geleë is. Durban is die hoofstad van Kwazulu-Natal. In hierdie stad sal jy die geur van Indiese cuisine nie kan weerstaan nie, terwyl plaaslikes hulle lyne natmaak in die water. Besoek gerus Ushaka Marine World terwyl jy die hoofstad verken, of vang ‘n paar golwe met jou surfboard. Kwazulu-Natal is opgekrul in die Oostelike deel van Suid-Afrika en grens aan Mozambiek se suidelike punt. Die provinsie sal jou die geleentheid gee om die groot vyf te bewonder sonder die gevaar van ‘n malaria gebied. Watervalle, golfbane en wêreldklas diepsee duik trips is enige vakansieganger se droom. Die provinsie het ‘n ritme en geur wat enige avontuur liefhebber sal laat dans van lekkerte.

TO STRAND VAKANSIEOORD (LEISURE BAY)

TO Strand is 'n uitsonderlike vakansieoord binne trefafstand van Port Edward. Hier kan vakansiegangers uitsien na gesinsvriendelike selfsorg-akkommodasie en 'n groot verskeidenheid doendinge wat selfs die mees kieskeurige lid van die gesin sal vermaak. Verblyf word verskaf in die vorm van een- en twee-slaapkamer chalets, en besoekers is ook welkom om gebruik te maak van kampeergeriewe as hulle die woonwa wil saambring. Die oord se vermaak-opsies sluit mini-golf, vlugbal, tennis, visvang, branderplankry, staproetes, bergfietsroetes en kayak-ry in. Daar is ook twee swembaddens, vakansieprogramme vir die kinders in seisoen, 'n restaurant, kroeg en winkel op die perseel. Beste van alles - jy kan sommer ook jou troue hier hou! Die TO Strand-span staan gereed om jou spesiale dag seepglad te laat verloop.



KOSI BAY LODGE

Kosi Bay Lodge bied iets baie skaars aan sy gaste: die lekkerte van die bos en al sy bekoorlikhede reg op die oewer van die Nhlange-meer. Die lodge bied iets vir elkeen aan – of jy nou op pad is na Mosambiek en ‘n rusplek soek op die langpad, of die wêreldbekende iSimangaliso-Vleilandpark wil verken. Gaste kan kies tussen kamers, gerieflike tente of chalets wat elkeen oor sy eie swembad beskik. Kosi Bay Lodge spog met ‘n groot restaurant, konferensie geriewe asook ‘n heerlike swembad met ‘n dek wat ideaal is vir ‘n skemerkelkie net voor aandete. Beide selfsorg en die restaurant is beskikbaar vir gaste. Alle chalets beskik oor kombuise wat ten volle toegerus is met ‘n braai area of boma. By Kosi Bay Lodge kan jy met opgewondenheid uitsien na ‘n gemaklike informele wegbreuk in ‘n pragtige Wêreld Erfenisterrein.  



THE 18TH PRINCE'S GRANT

The Eighteenth is op die veilige Prince's Grant Gholflandgoed aan KZN se Dolfynkus geleë en bied die ideale kuswegbreek vir gesinne, vriende, gholfgroepe of paartjies. Gerieflike selfsorgverblyf word in woonstelle met 2/3 slaapkamers gebied. Elke woonstel het 'n volledige kombuis, sitkamer, eetkamer, en suite-badkamers met braaigeriewe. Die sekuriteitslandgoed bied veilige parkeerplek in motorhuise, 'n wêreldklas-gholfbaan, Restaurant, 'n swembad, tennis- en muurbalbane, 'n speelarea vir kinders en mini-gholf. The 18th front na die prentjiemooi Indiese Oseaan en kuslyn met 'n subtropiese klimaat regdeur die jaar. Dit bied ook eksklusiewe toegang tot die pragtige strand en strandmeer. Gaste kan vir die dag uitgaan op 'n vissersboot, gholf speel, op die strand ontspan, 'n vlug in 'n mikrovliegtuig geniet of in die suikerrietlanderye gaan bergfietsry. 


BEACH FOREST LODGE (BALLITO)

Slegs 400 meter vanaf Ballito strande. Met uitkyke oor die tropiese woude eg aan Suid-Afrika se Suidkus, bied Beach Forest Lodge 'n vakansie wat nie vinnige vergete sal gaan nie. Selfsorgeenhede, elk met private ingang, patios, braai areas en swembaddens bied enige vakansieganger 'n wel-verdiende ruskansie. Alle eenhede is toegerus met DSTV, lugverkoeling en Wi-Fi. Slegs 13km's vanaf King Shaka internasionale lughawe, 'n katspoegie vanaf die restaurante en winkels sorg dat hierdie sentraal gelee paradys rus vir enige siel sal bied. As dit nie reeds genoeg is nie, is Beach Forest troeteldier vriendelik in seker eenhede! Naby gelee aktiwiteite sluit golf, diepsee duik, snorkel en nog vele meer in. Hierdie bestemming is perfek vir 'n familie vakansie, 'n romantiese wegbreek. 


Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy