Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

LEKKER BED AND BREAKFAST

Of jy dit nou eerste ding in die oggend geniet of nader aan middagete, ontbyt bly maar lekker. Suid-Afrikaners se liefde vir die eerste ete van die dag is duidelik. Ontbyt is die perfekte tyd om op te vang voor die dag se gebeure. Dit bied aan ‘n mens kwaliteit-tyd wat in vandag se gejaag, skaars is. Dit is juis waarom ons besluit het om die lekkerste ontbyt opsies en besonderse bed en ontbytpleke in die land op een plek bymekaar te bring. Dit maak dit maklik om te kies en gee goeie blootstelling aan die verskeie opsies beskikbaar. Soek jy iets romanties? Dalk ‘n plek met ‘n kinderspeelarea? Of iets groot genoeg wat almal van Oupa tot kleinboet gelukkig gaan maak? Begin jou dag goed. Elke dag.

RIVONIA PREMIER LODGE (SANDTON)

Rivonia Premier Lodge bied alles aan wat jy moontlik kan benodig. Die 50 pragtige, goed toegeruste kamers, asook familie-eenhede, spog elkeen met sy eie stoep wat op welige plante-groei uitkyk. Elke eenheid het ook ‘n mikrogolf, 'n telefoon, ondervloerse verhitting, 'n kluis, waaier, strykyster en strykplank. Krag omsetters is in elke kamer geïnstalleer, dus is beurtkrag nie 'n probleem nie. Komplimentȇre internet, die DStv-hotelpakket en veilige parkering op die perseel is beskikbaar. Rivonia Premier Lodge is werklik ‘n stukkie landelike paradys in die middel van die spogbuurt van Sandton. Met heerlike al la carte aandetes wat Maandae tot Donderdae bedien word en ons legendariese ontbyt buffet is daar disse vir elke smaak en ouderdom. 



LANSERIA COUNTRY ESTATE (LANSERIA)

Dis moeilik om te glo dat ‘n plek so rustig en mooi, slegs 30 minute buite Johannesburg geleë is. Lanseria Country Estate is reg langs die bekende Wieg van die Mensdom en is slegs vyf minute se ry vanaf Lanseria lughawe. Die ligging is juis waarom die bestemming so gewild is – dis ideaal vir ‘n vinnige wegbreek gedurende die week of oor ‘n naweek. Selfs gesinne kan hier saam kom ontspan omdat hier so baie is om te doen. Lanseria Country Estate beskik oor twee damme waar vissermanne lekker langs die water kan ontspan en visvang. Die spa en nabye Wieg van die Mensdom bied onvergeetlike ervaringe aan ieder en elk. Die verblyf is smaakvol en bied aan gaste drie opsies om van te kies. Die verblyf is loopafstand van die heerlike restaurant @ThePlace2b en die swembad waarin gaste gedurende die warm somer maande heerlik kan afkoel. 



TINYIKO KRUGER LODGE (MARLOTH PARK)

Is 'n wegbreek na Afrika se bosveld iets waarna jy smag? Marloth Park is 'n unieke bewarings- gebied wat ‘n tuiste bied aan talle wild- en voëlspesies. Gaste kan 'n persoonlike ontmoeting met natuur geniet terwyl luuksheid steeds die oorheersende faktor is. Tinyiko spog met sewe dubbel-kamers om van te kies, almal met en-suite badkamers, toegerus met ‘n TV asook DSTV. ’n Heerlike ontbyt is ingesluit in die prys. Voëlkyk, pieknieks, wild staptoere, fietsry roetes en wilds-ritte langs die Krokodil Rivier is slegs ‘n paar van vele aktiwiteite wat Tinyiko bied. Tinyiko Kruger Lodge is ideaal vir paartjies wat wil wegkom van die stad se gedruis, families wat Afrika se gesogte wild in hulle natuurlike habitat wil ervaar of 'n groep vriende wat gesellig saam wil kuier en die buitelug en natuur wil geniet.


EIGHT TWO NINE ON CODONIA (WAVERLEY)

EightTwoNine on Codonia bied selfsorgverblyf in die Moot, 'n pragtige woonbuurt in Pretoria. Dié gastehuis is 'n intieme oornagplek in 'n rustige woonbuurt-atmosfeer naby sakevermaaklikheids en mediese geriewe en venues. EightTwoNine on Codonia bied persoonlike, gehalte diens aan alle gaste. Dié gastehuis bied verblyf in 3 individueel versierde slaapkamers, elk met sy eie volledige badkamer. Kamers is toegerus met lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n haardroër, kluis en tee- en koffiemaakgeriewe. Gratis beperkte WiFi word voorsien. Daar is 'n gemeen-skaplike kombuis, eetkamer, leefarea en 'n braai-area. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skoonmaakmiddels en wasmasjien.


HOLE IN ONE BOUTIQUE HOTEL (GAUTENG)

‘n Klipgooi van die stad se rumoer, sal jy Hole in One Boetiek Hotel in Ruimsig,Johannesburg vind. Geleë in een van die vinnigste ontwikkelende areas in Gauteng, ‘n klipgooi vanaf vooruitstrewende winkelsentrums, Casino’s, golfbane en die bekende Cradle of Humankind. Hole in One spog met ‘n unieke kapêl wat toegerus is vir sprokies troues vir enige paartjie se groot dag. Verblyf keuses strek van ‘n Wittebrood suite, Familie kamers, Dubbelkamers en Standaard kamers. Boonop spog Hole in One met ‘n restaurant wat enigeiets van buffet’s ontbyt, middagete sowel as aandete bedien-die met uitsig oor ‘n helderblou swembad. Hierdie unieke boetiek hotel is perfek vir ‘n lekker naweek weg van die besige stadslewe.



HUDSON'S ON TWELFTH (SANDTON)

Wanneer die verblyf so eksklusief is soos Hudson’s On Twelfth, kan jy amper verstaan hoekom ‘n mens nooit jou gastehuis wil verlaat en die bedrywige” Johannesburg wil verken nie. Hudson’s On Twelfth is ‘n eksklusiewe gastehuis in Rivonia met ‘n 4-ster gradering en 8 en-suite kamers wat elkeen individueel ontwerp is. Elke suite beskik oor ‘n privaat tuin, ‘n uitsig oor die klassieke-ontwerpte gronde of die lieflike woud wat vanuit die pragskone tuine vloei. Die bedekte patio en ontbyt-area kyk uit oor die glinsterende swembad met die strelende klanke van die waterfontein. Gratis WiFi, ‘n elegante eetkamer met ‘n kaggel, ‘n kroeg en Hotel paket DStv in alle kamers sal verseker dat jou verblyf by Hudson’s On Twelfth ‘n onvergeetlike ervaring bly.



RIVERSTONE LODGE (MULDERSDRIFT)

Slegs ’n klipgooi vanaf Lanseria lughawe, neffens die Wieg van die Mensdom, wag ’n stukkie lafenis vir jou siel. Ontsnap uit die stad en neem die Krugersdorp/Pretoria N14 hoofweg na Riverstone Lodge in Muldersdrift - ’n onvergeetlike oase langs die wal van die Krokodilrivier. Riverstone Lodge bied 51 pragtige ruim kamers omring deur prentjiemooi tuine en koi-dammetjies. Opsies vir akkommodasie sluit in 12 Executive suites met ’n private balkon, ’n Superior suite met ’n private plaspoel en tuin, Junior suite met ’n private plaspoel, ’n rolstoelvriendelike familie opsie en 36 standaard kamers met ’n patio wat jou uitlei na die swembad. Bespreek jou tafel by die Driftwood restaurant vir ’n lekker ontbyt of 'n rustige aandjie uit en geniet ’n uitgebreide wynlys en spyskaart met ’n tikkie Portugal!


FISHERMANS DECK RESTAURANT (HARTBEESPOORT)

Geniet die hart van Hartbeespoort, omring deur ongerepte berge, met uitsig op 'n pragtige dam op 'n houtdek van 150 vierkante meter. Gaste kan ontspan en die wonderlike atmosfeer en lekkernye geniet. Ons het ongeveer 320 sitplekke. Ons bedien Ontbyt, Middagete en Aandete. Asook het ons alles vir die kleinspan. Ons spyskaart bestaan ​​uit lekker kos soos Eisbeins, Burgers, Steak en nog vele meer. Kinders sal die geleentheid kry om onder toesig rond te hardloop. Ons is kindsvriendelik tot die uiterste en familie is ons prioriteit. Die plek praat vir homself, so kom los jou voetspore. Hier kan gaste ook oornag in smaakvolle kothuise so op die oewer van die dam, trefafstand van die Restaurant area. Wat kan dan nou lekkerder wees?



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy