Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

LEKKER ONTBYTPLEKKE/ BED & ONTBYT

Of jy dit nou eerste ding in die oggend geniet of nader aan middagete, ontbyt bly maar lekker. Suid-Afrikaners se liefde vir die eerste ete van die dag is duidelik. Ontbyt is die perfekte tyd om op te vang voor die dag se gebeure. Dit bied aan ‘n mens kwaliteit-tyd wat in vandag se gejaag, skaars is. Dit is juis waarom ons besluit het om die lekkerste ontbyt opsies en besonderse bed en ontbytpleke in die land op een plek bymekaar te bring. Dit maak dit maklik om te kies en gee goeie blootstelling aan die verskeie opsies beskikbaar. Soek jy iets romanties? Dalk ‘n plek met ‘n kinderspeelarea? Of iets groot genoeg wat almal van Oupa tot kleinboet gelukkig gaan maak? Begin jou dag goed. Elke dag.

RIVONIA BED & BREAKFAST (SANDTON)

Rivonia Bed and Breakfast bied alles aan wat jy moontlik kan benodig. Die 50 pragtige, goed toegeruste kamers, asook familie-eenhede, spog elkeen met sy eie stoep wat op welige plante-groei uitkyk. Elke eenheid het ook ‘n mikrogolf, 'n telefoon, ondervloerse verhitting, 'n kluis, waaier, strykyster en strykplank. Krag omsetters is in elke kamer geïnstalleer, dus is beurtkrag nie 'n probleem nie. Komplimentȇre internet, die DStv-hotelpakket en veilige parkering op die perseel is beskikbaar. Rivonia B&B is werklik ‘n stukkie landelike paradys in die middel van die spogbuurt van Sandton. Met heerlike al la carte aandetes wat Maandae tot Donderdae bedien word en ons legendariese ontbyt buffet is daar disse vir elke smaak en ouderdom. 



HOLE IN ONE BOUTIQUE HOTEL (GAUTENG)

‘n Klipgooi van die stad se rumoer, sal jy Hole in One Boetiek Hotel in Ruimsig,Johannesburg vind. Geleë in een van die vinnigste ontwikkelende areas in Gauteng, ‘n klipgooi vanaf vooruitstrewende winkelsentrums, Casino’s, golfbane en die bekende Cradle of Humankind. Hole in One spog met ‘n unieke kapêl wat toegerus is vir sprokies troues vir enige paartjie se groot dag. Verblyf keuses strek van ‘n Wittebrood suite, Familie kamers, Dubbelkamers en Standaard kamers. Boonop spog Hole in One met ‘n restaurant wat enigeiets van buffet’s ontbyt, middagete sowel as aandete bedien-die met uitsig oor ‘n helderblou swembad. Hierdie unieke boetiek hotel is perfek vir ‘n lekker naweek weg van die besige stadslewe.



HUDSON'S ON TWELFTH (SANDTON)

Wanneer die verblyf so eksklusief is soos Hudson’s On Twelfth, kan jy amper verstaan hoekom ‘n mens nooit jou gastehuis wil verlaat en die bedrywige” Johannesburg wil verken nie. Hudson’s On Twelfth is ‘n eksklusiewe gastehuis in Rivonia met ‘n 4-ster gradering en 8 en-suite kamers wat elkeen individueel ontwerp is. Elke suite beskik oor ‘n privaat tuin, ‘n uitsig oor die klassieke-ontwerpte gronde of die lieflike woud wat vanuit die pragskone tuine vloei. Die bedekte patio en ontbyt-area kyk uit oor die glinsterende swembad met die strelende klanke van die waterfontein. Gratis WiFi, ‘n elegante eetkamer met ‘n kaggel, ‘n kroeg en Hotel paket DStv in alle kamers sal verseker dat jou verblyf by Hudson’s On Twelfth ‘n onvergeetlike ervaring bly.



RIVERSTONE LODGE (MULDERSDRIFT)

Slegs ’n klipgooi vanaf Lanseria lughawe, neffens die Wieg van die Mensdom, wag ’n stukkie lafenis vir jou siel. Ontsnap uit die stad en neem die Krugersdorp/Pretoria N14 hoofweg na Riverstone Lodge in Muldersdrift - ’n onvergeetlike oase langs die wal van die Krokodilrivier. Riverstone Lodge bied 51 pragtige ruim kamers omring deur prentjiemooi tuine en koi-dammetjies. Opsies vir akkommodasie sluit in 12 Executive suites met ’n private balkon, ’n Superior suite met ’n private plaspoel en tuin, Junior suite met ’n private plaspoel, ’n rolstoelvriendelike familie opsie en 36 standaard kamers met ’n patio wat jou uitlei na die swembad. Bespreek jou tafel by die Driftwood restaurant vir ’n lekker ontbyt of 'n rustige aandjie uit en geniet ’n uitgebreide wynlys en spyskaart met ’n tikkie Portugal!


FISHERMANS DECK RESTAURANT (HARTBEESPOORT)

Geniet die hart van Hartbeespoort, omring deur ongerepte berge, met uitsig op 'n pragtige dam op 'n houtdek van 150 vierkante meter. Gaste kan ontspan en die wonderlike atmosfeer en lekkernye geniet. Ons het ongeveer 320 sitplekke. Ons bedien Ontbyt, Middagete en Aandete. Asook het ons alles vir die kleinspan. Ons spyskaart bestaan ​​uit lekker kos soos Eisbeins, Burgers, Steak en nog vele meer. Kinders sal die geleentheid kry om onder toesig rond te hardloop. Ons is kindsvriendelik tot die uiterste en familie is ons prioriteit. Die plek praat vir homself, so kom los jou voetspore. Hier kan gaste ook oornag in smaakvolle kothuise so op die oewer van die dam, trefafstand van die Restaurant area. Wat kan dan nou lekkerder wees?



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy