Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

LIMPOPO WEGBREEK

Waar kry ‘n mens ‘n verskeidenheid wat strek van die Groot 5, bergreekse mooier as enige skildery, kulturele nalatingskap en geskiedenis soos nerens anders te siene nie? Die noordelikste provinsie van Suid-Afrika, Limpopo bied al hierdie en nog meer. Toegerus vir enige aangeleentheid, van enige soort, bied Limpopo enige vakansieganger se ideale vakansie. Van die wêreldbekende Kruger Nasionale Park, Makapansgat wat op die Steenbok keerkring rus, die renoster musem in Vaalwater, 4x4 roetes om elke kronkel en nie eens om te praat van die eeue oue Kremetart bome wat die skets inkleur nie. Limpopo kan vergelyk word met ‘n kleuterskool speelgrond vir grootmense: daar is verskeidenheid, daar is gevaar, daar is kleur, daar is vriendelike gesiggies en daar is vreugde. Kom geniet ‘n Amarulu in sy eie agterplaas, terwyl ‘n eeue oue grot jou brein prikkel.

DINKWENG SAFARI CAMP (VAALWATER)

Dinkweng Safari Camp is slegs 3 ure se ry vanaf Johannesburg. Dinkweng Safari Camp bied luukse verblyf in 'n keuse van 3 en-suite slaapkamer selfsorg-eenhede.  Elke eenheid het ruimte en privaatheid. Elke eenheid het 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan sit- en eetkamer sowel as 'n platskerm-TV wat sekere DStv-kanale opvang, asook 'n DVD-speler vir u gebruik. Ontspan buite in jou eie plonspoel met braai-area en 'n dek wat oor die vallei met sy ongelooflike Afrika-sonsondergange uitkyk. Die eenhede word daagliks gediens. Dinkweng is die plek om te ontspan en die natuur te geniet, daarom word harde musiek nie toegelaat nie. Gaste is welkom om in die kamp te stap en sal verskeie diere soos zebras, koedoes, nyalas, waterbokke, elande, kameelperde en rooibokke sien. Gaste kan hul bergfietse saambring of sommer een by die kantoor huur.


MBIZI GAME LODGE AND SPA (BELA BELA)

’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n of ‘n vriendegroep wat nuwe herinneringe wil opteken. Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, soos ‘n wye verskeidenheid voël spesies,eksotiese wild , 4X4 Berg roetes , bergfiets-roetes, onder dak verhitte swembaddens, staproetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, ontspan by die Bophelo Spa en rond die dag af met ‘n skemerkelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!


PALALA BOUTIQUE GAME LODGE (GROBLERSBRUG)

Die prentjiemooi Palala Boutique Game Lodge & Spa, slegs ‘n uur noord van Lephalale, is enige vakansieganger se droom. ‘n Kaleidoskoop van aktiwiteite beloof om jou goed besig te hou, of jy nou opsoek is na ‘n avontuur- of ‘n rus vakansie. ‘n Oneindigende mengsel van asemrowende uitsigte,  terwyl jy in die swembad ‘n kelkie geniet, die alles met die gebrul van leeus in die Afrika bos. Verder bied Palala wildsritte wat deur professionele gidse gekoordineer word, staproetes en visvang op die oewer van die magtige Limpopo rivier. Verblyf is ontwerp met slegs een doel voor oë: luuksheid. Soliede hout meubels word afgerond deur ingevoerde linne, ruim badkamers en alleenstaande baddens. Palala is toegerus vir paartjies se groot dag, konferensies en spa, perfek vir enige droom vakansie. 



LOEBIES GASTE PLAAS (BELA BELA) LIMPOPO

Al ooit die koning van die oerwoud hoor brul? By Loebies Gaste Plaas sal jy beslis die ervaring kan geniet! ‘n Roofdier plaas wat jy saam jou familie die geleentheid bied om meer te leer oor ons pragtige land se unieke roof diere. Loebies Gaste Plaas is slegs 20 minute vanaf Bela-Bela. Ideal vir ‘n vinnige ontsnap vanuit die besige gekreun van die stad, hetsy dit vir romanse is, of vir ‘n bosveld vuur wat kraak geluide laat onstsnap. Verblyf geriewe het verskeie opsies om van te kies, van ‘n Leeu huis tot ‘n Dam huis. Of jy nou wil roei op die dam en of jy op toer tussen die roofdiere wil wandel, of jy wil ontspan of herlaai-watokal die keuse, dit is beslis hoe jy sal wegry.



HOOGLAND SPA FAMIELIE OORD (BELA BELA)

Hoogland Spa Familie -oord is geleë in Bela-Bela, Limpopo se alombekende toerismekern en gewilde wegbreekbestemming. Gaste kan tuisgaan in heerlike selfsorg-chalets met al die geriewe wat mens nodig het vir 'n lekker wegbreek met jou gesin of groep vriende. Dit sluit volledig toegeruste selfsorgkombuise, privaat braai-geriewe, lugversorging, DStv-hotelpakkette en toegang tot 'n ontspanningsarea in waar besoekers kan afkoel in die swembad, of meeding in pool, tafeltennis en foosball. Geniet gehalteverblyf in 'n rustige omgewing en verken Limpopo.


SHAKAMA PRIVATE GAME LODGE (WARMBAD)

Teen die hange van die Suidelike Waterberge, slegs 2 ure van Johannesburg, anderkant Thabazimbi, rus Shakama privaat wildsreservaat. Toegerus vir privaat funksies, n bestemming waar ‘n egpaar aan mekaar trou beloof, is Shakama ‘n voorloper vir enige aangeleentheid. Verblyf wissel tussen die sogenaamde Valley lodge (18 gaste), Mountain lodge (24 gaste). Verblyf opsies wissels tussen diè, met enigeiets van selfsorg eenhede, eenhede waar ‘n kok gehuur kan word, buite storte en funksie-spesifieke verblyf – al hierdie terwyl die vallei se uitsigte jou hartsnare roer. Shakama pronk met ‘n kenmerkende boma area wat gelaai is met ‘n uitsig.



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy