Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

NOORD-WES WEGBREEK

‘n Sonsopkoms vanuit ‘n lugballon oor Suid-Afrika se unieke landskap, of selfs ‘n besoek aan een van die land se bekende Leeuparke. Miskien is ‘n besoek aan Pilanesberg Nasionale Park die ideale plek om vir die gesin die groot vyf in hul natuurlike habitat te wys, terwyl die wêreldbekende Sun City slegs af in die pad is. Daar is geen ander plek wat hierdie verskeidenheid so goed kan aanbied soos Suid-Afrika se Noord-Wes provinsie nie. Die provinsie raak-raak so aan Gauteng aan die een kant en Zimbabwe aan die ander kant. Magaliesburg, ook bekend as die ‘wieg van die mensdom’, is enige geskiedenis liefhebber se perfekte speelgrond. Verder af met die pad, rus die bekende Hartbeespoortdam wat sorg vir enigeiets van ski, vierwiel motorfiets ry, absleiling en nog vele meer. Met talle golfbane, natuur en nimmereindigende 4x4 roetes is Noord-Wes provinsie een van Suid-Afrika se mooiste, uniekste en avontuurryke provinsies.

SPARROW HAWK (MAGALIESBERG) NOORD-WES

Sparrow Hawk Lodge is ideaal geleë vir 'n spits wegbreek. Geleë in die prentjie mooi Magaliesberge en die breë uitkyk van Harties, kets die perfekte prentjie wat nie vinnig vergete sal raak nie. Die lodge het 7 ensuite kamers wat perfek uitgelê is vir gesinne asook paartjies. Loer by jou venster uit dan sal jy vinning snoesig voel tussen die berge en kamer met hout afwerkings. Vir die natuurliefhebber is daar aktiwiteite wat jou hart sal laat vinnig klop. Besoek die glibberige vriende by 'n reptiel park, of gaan zipline tussendeur die bome, in een van Suid-Afrika se mooiste natuur omgewings. 'n Mooi lodge, goeie personeel en prentjiemooi natuurskoon is perfek vir enige werks of persoonlike funksie. Die ongerepte natuur sal jou vinnig laat vergeet van die gejaag van die stad.



THABA KHAYA (MABALINGWE) NOORD-WES

Thaba Khaya, 'n paradys geleë in die hartjie van die bekroonde Noord-Wes provinsie. Hierdie vier-ster lodge is gerieflik in 'n malaria vrye area geleë en slegs 'n 90 minute rit vanaf Johannesburg. Thaba Khaya bied verblyf vir slegs 16 gaste sorg vir 'n private en afgesonderde naweek tussen die prag van koorsbome en watergate wat oorloop met wild. Verblyf sluit volle etes voorberei deur 'n professionele chef. Aktiwiteite by Thaba Khaya is onder meer kookkursusse in die bosveld, wildsritte, voëlkyk, lugballon ritte en vele meer. Thaba Khaya is perfek vir 'n romantiese naweek weg, 'n naweek van rus sonder om te  bekommer oor die volgende maaltyd, 'n vakansie saam die familie of 'n retreat om weg te breek van die stad se gedruis. Thaba Khaya is ook uitgerus vir troues en wittebrood sowel as spanbou en korporatiewe funksies. 



KAREE KRANS (MOEDWIL) RUSTENBURG

Slegs 40 kilometer vanaf Rustenburg sal jy ‘n 200 hektar paradys vind genaamd Karee Krans. Ingekleur deur pragtige berge en valley, maak Karee Krans die perfekte wegbreek vir familie, romanties of skole, kerke of selfs ouderdomsgroep kampe. Verder spog Karee Krans met 4x4 fasiliteite wat lei na ‘n kampeerterrein waar elke 4x4 entoesias sy vernuf en speelgoed op die proef kan stel. Boonop is hout chalets ook beskikbaar vir gaste wat ‘n warm bed bo ‘n tent verkies. Karee Krans bied ook talle ander aktiwiteite soos stap ekskursies, visvang, swem en braai langs die rivier. Karee Krans is perfek vir 4x4 liefhebbers, ‘n paartjie vir ‘n naweek weg of enige soort kamp.  



FISHERMANS DECK RESTAURANT (HARTBEESPOORTDAM)

Hierdie gesinsvriendelike restaurant is lank reeds 'n ikoniese bestemming op die oewer van Hartbeespoort Dam en die eienaars wou aan besoekers die geleentheid bied om oor te bly sodat hulle die area se rustige atmosfeer sommer twee of meer dae in 'n ry kan geniet. Gaan sit aan vir heerlike kroegkos-lekkernye soos eisbein, vark ribbetjies, gourmet-burgers, voorgeregte, seekos en vele meer... terwyl die kinders onder toesig baljaar en gaan dan tuis in 'n smaakvolle kothuis binne trefafstand van die restaurant waar gaste kan oornag. Wat kan dan nou lekkerder wees? 



SAFARI LODGE HOTEL (MAGALIESBERG) NOORD-WES

Waar die Magaliesberge en Rustenburgkloof mekaar ontmoet, vind mens Safari Lodge Hotel & Konverensiesentrum. Hierdie uitsonderlike bestemming is gerieflik geleë binne trefafstand van Gauteng se grootste stede en dorpe. Tog kan beide besigheidsreisigers en vakansiegangers uitsien na 'n vreedsame, landelike atmosfeer met volop natuurlike skoonheid en nabygeleë besienswaardighede. Die plattelandse hotel is geskik vir paartjies, gesinne, groepe vriende en self volledige konferensie-groepe. Hier kan besoekers uitsien na gourmet etes by twee restaurante, toegang tot 'n swembad (en 'n opswem-kroeg!) en maklike toegang tot attraksies soos die alombekende Sun City!



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy