Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

PIEKNIEK

Luilekker middae in die park of oggende op die strand, familie uitstappies berg-op of onder ’n koelteboom - wat is ’n meer perfekte pasmaat vir 'n heerlike piekniek?

THE PICNIC PANTRY (GAUTENG)

Luilekker middae in die park of oggende op die strand, familie uitstappies berg-op of onder ’n koelteboom - wat is ’n meer perfekte pasmaat vir hierdie prentjie as ’n piekniekmandjie? Nou hoef jy nie eers twee keer te dink oor wat om in te pak nie, want The Picnic Pantry staan gereed om die beste spyskaart vir jou onvergeetlike herinneringe te bied. Hetsy twee, 20 of 200 mense, hierdie is ’n pret bederf-opsie vir troues, ’n ooievaarstee, verjaarsdagpartytjie, spanbou, verlowing, vergadering of jaareindfunksie. Wat ookal jou smaak of begroting, hier vind jy alles vir jou groot geselligheid - spys en drank, komberse, mandjies, kussings en dekor, selfs bio-afbreekbare woefkardoese. The Picnic Pantry lewer af of jy kan jou partyjiepakkie by hulle kombuis in Chartwell North Estates, Gauteng afhaal.


OXWAGON LODGE (HARTBEESPOORT)

Hierdie spesialiteits lodge is in die hartjie van die Hartbeespoortdam-area geleë en bied akkommodasie, konferensie- en trou-fasiliteite, ‘n gesellige kroeg, ‘n buite area vir funksies met asemrowende uitsigte, ‘n piekniek area en ‘n restaurant – alles binne ‘n 5 kilometer radius vanaf die naaste winkel. Die ses oorspronklike en gerestaureerde ossewaens bied gesellige en een-voudige akkommodasie aan met ‘n chalet wat aan elke ossewa verbind is vir moderne gerief-likhede en ekstra spasie. Die Upper Bus is ‘n dubbelverdieping bus wat ideaal is vir groter groepe. Akkommodasie sluit ‘n sjampanje-ontbyt die volgende oggend in. Dit is naby die gewilde kabelkarretjie, die olifant reservaat, asook die slang- en dierepark. Vat jouself terug na die ou dae waar die lewe meer eenvoudig was en geniet die warm gasvryheid van die Oxwagon Lodge.



LETHABO ESTATE (GAUTENG)

Lethabo Estate se ligging in die Wieg Van Die Mensdom maak dit die ideale plek dwarsdeur die jaar. Dis vining bereikbaar vanaf Lanseria Internasionale Lughawe asook Johannesburg en Pretoria. Lethabo Estate is op die oewers van die Krokkodilrivier geleë wat vir rustigheid en ‘n wegbreek van die stad se geraas sorg. Lethabo bied ‘n keuse van drie verkillende romantiese, smullekker en betowerende piekniek opsies vir paartjies sowel as groep piekniek opsies vir gesinsbyeenkomste, feesvieringe en korporatiewe funksies byeenkomste.  Ons bied ontbyt, middagete of aandete pieknieks.


Copyright © VakansiePlekke 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy