Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

ROMANTIESE WEGBREEK

Is jou hartsbegeerte ’n eksotiese strandvakansie saam met jou droomman, adrenalien-gevulde avonture saam met jou trouvrou, ’n knus kaggelvuur in ’n versteekte chalet of ’n weeklange wegbreek met wild of jou voorstoep? Ons bied dit alles en nog meer! Wat ookal jou liefdestaal is, ons gesels saam om die perfekte pakket en spesiale aanbiedings aan jou te bied vir ’n onvergeetlike romantiese vakansie. Bederf jou geliefde met ’n spasessie of sit snoesig sy-aan-sy om ’n bosveld-vuur - of jy nou opsoek is na ’n luukse naweek of ’n sakpas hartstog - ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies vir jou volgende knieë-knak bestemming.

LETSATSI GAME LODGE (SUID- VRYSTAAT)

Ondek ’n stukkie ongerepte hemel-op-aarde. In die hartjie van die Suid-Vrystaat, bied Letsatsi Game Lodge ’n toevlug vir natuurliefhebbers en fynproewers. Wat ookal jou behoefte is, hier kan jy kieskeurig wees - ’n Wildsreservaat, hooflodge, boskampe, luukse grasdak-chalets en spanboufasiliteite is alles tot jou beskikking. Snoesig tussen die heuwels lê die boskamp met 20 luukse tweepersoon-tente, met abslusiegeriewe, terwyl die hooflodge jou innooi na 28 grasdak-chalets met ’n verskeidenheid slaapopsies vir paartjies. Besigtig voëls en springbok tot eland en kameelperd in safaristyl of span uit onder die sterre vir ’n rustige romantiese aandjie.


TSITSIKAMMA LODGE AND SPA (OOS KAAP)

Tsitsikamma Lodge en Spa is geleë aan die voete van die skilderagtige Tsitsikamma-bergreeks in die dorp Stormsrivier in die Oos-Kaap. Hout vanuit die plaaslike bos is gebruik om dié spesiale lodge, met losstaande houthutte van verskillende groottes, te bou. Die houtstomp-afwerking skep ‘n ongekunstelde gevoel aan die binnekant van die 32 goedtoegeruste houthutte, wat elk met ‘n spa-bad, privaatdek en braaifasiliteit toegerus is. ‘n Pragtige swembad, nabygeleë bergstrome en ‘n verkwikkende spa-ervaring bied ‘n onvergeetlike lafenis,  terwyl ‘n potjie tafeltennis in die speletjieskamer of ‘n staproete op een van die talle voetslaanpaaie nie te versmaai is nie. Gaste kan kies en keur uit van die heerlike geregte op die spyskaart van die restaurant, ‘n braai op die dek of ‘n self-voorbereide ete in ‘n houthutkombuisie.


TSHIKWALO GAME LODGE (DINOKENG)

Tshikwalo Lodge bied ‘n aangename ervaring vir beide nasionale en internasionle gaste in gemaklikle en luukse akkommdodasie. Ons selfsorg eenhede het elkeen ‘n stoep voor die chalet waar gaste kan  ontspan en hul maaltye geniet. Ons nuutste byvoeging tot chalets is op bed, ontbyt en aandete gebasseer. Hierdie chalets is luuks toegrus met ‘n koffiestasie en klein yskas en ‘n stoep wat oor die bosveld uitkyk. Ons boma area kan uitgehuur word aan groter groepe tot 80 mense maksimum  waar spesiale geleenthede soos verjaarsdae, spanbou, jaareindfunksies ens gehou kan word. Ons pragtige restaurant bied ‘n uitgebreide a la carte spyskaart. Die houtdek van die restaurant kyk uit op ‘n watergat waar menige diere van die reservaat kom water drink. Verder bied Tshikwalo Lodge aktiwiteite soos wildsritte, Spa Behandelings, bos pieknieks, spanbou en romantiese bosetes aan. 


HOLE IN ONE BOUTIQUE HOTEL (GAUTENG)

‘n Klipgooi van die stad se rumoer, sal jy Hole in One Boetiek Hotel in Ruimsig, Johannesburg vind. Geleë in een van die vinnigste ontwikkelende areas in Gauteng, ‘n klipgooi vanaf vooruitstrewende winkelsentrums, Casino’s, golfbane en die bekende Cradle of Humankind. Hole in One spog met ‘n unieke kapêl wat toegerus is vir sprokies troues vir enige paartjie se groot dag. Verblyf keuses strek van ‘n Wittebrood suite, Familie kamers, Dubbelkamers en Standaard kamers. Boonop spog Hole in One met ‘n restaurant wat enigeiets van buffet’s ontbyt, middagete sowel as aandete bedien-die met uitsig oor ‘n helderblou swembad. Hierdie unieke boetiek hotel is perfek vir ‘n lekker naweek weg van die besige stadslewe.


PALALA BOUTIQUE GAME LODGE (LIMPOPO)

Die prentjiemooi Palala Boutique Game Lodge & Spa, slegs ‘n uur noord van Lephalale, is enige vakansieganger se droom. ‘n Kaleidoskoop van aktiwiteite beloof om jou goed besig te hou, of jy nou opsoek is na ‘n avontuur- of ‘n rus vakansie. ‘n Oneindigende mengsel van asemrowende uitsigte,  terwyl jy in die swembad ‘n kelkie geniet, die alles met die gebrul van leeus in die Afrika bos. Verder bied Palala wildsritte, staproetes en visvang op die oewer van die magtige Limpopo rivier. Verblyf is ontwerp met slegs een doel voor oë, luuksheid. Palala is toegerus vir paartjies se groot dag, konferensies en spa, perfek vir enige droom vakansie. 


B'SORAH LUXURY TENTED CAMP (NOORD-WES)

B'sorah is die tuiste van 'n luukse tentkamp en rustieke kampeerplekke, omring deur die natuurlike landmerke van die Magaliesberge. Ons omgewingsvriendelike toevlug is perfek vir gaste wat die toerisme-aantreklikhede en geluide van die gebied wil verken, of die plaas te voet of per fiets wil verken. Natuur paradys waar jy kan ontspan. Na ‘n opwindende dag van verkenning, kan jy terugkeer na die gemak van jou eie privaat safari tent en luister na die kwartels se roep terwyl die son sak. B’sorah is die perfekte plek om die fyner dinge in die lewe te waardeer, terwyl ons vriendelike personeel uitsien om jou te verwelkom en so tuis as moontlik te laat voel.


RIVONIA BED & BREAKFAST (SANDTON)

Rivonia Bed and Breakfast (B&B) bied alles wat jy moontlik kan benodig. Die 50 pragtige, goed toegeruste kamers en familie-eenhede spog elkeen met sy eie stoep wat uitkyk op ‘n welige grasperk. Rivonia B&B in Johannesburg is werklik ‘n stukkie landelike paradys in die middel van die stad met heerlike legendariese buffets en disse vir elke smaak en ouderdom. Die luukse konferensiegeriewe, swembad, en maklike toegang tot die lughawe, snelwee, winkelsentrums en meeste voorstede in Johannesburg beteken Rivonia B&B is altyd ‘n gunsteling onder toeriste, besigheidsmense en toergroepe. Die pryse van ons kamers hang af van hoe lank jy wil bly en watter tipe kamer jy verkies – elke bespreking word uniek hanteer. Met soveel heerlike opsies om na uit te sien, is dit maklik om te verstaan hoekom Rivonia B&B so gewild is onder ieder en elk.



RIVERSTONE LODGE (MULDERSDRIFT)

Slegs ’n klipgooi vanaf Lanseria lughawe, wag ’n stukkie lafenis vir jou siel. Ontsnap uit die stad en neem die pad na Riverstone Lodge in Muldersdrift - ’n onvergeetlike oase langs die wal van die Krokodilrivier. Riverstone Lodge bied pragtige ruim kamers omring deur prentjiemooi tuine en koi-dammetjies. Opsies vir akkommodasie sluit in Executive suites met ’n private balkon, ’n Superior suite met ’n private plaspoel en tuin, Junior suite met ’n private plaspoel, ’n rolstoelvriendelike familie opsie en standaard kamers met ’n patio wat jou uitlei na die swembad. Bespreek jou tafel by Driftwood restaurant vir ’n rustige aandjie uit met ’n tikkie Portugal!


LA DOLCE VITA GUEST HOUSE (HARTBEESPOORT)

'n Romantiese naweek gevul met Italiaanse invloed. Romantiese bootritte, golf, kabelkarretjies en lugballon ritte is 'n handjievol van aktiwiteite wat jou naweek sommer vinnig-vinning sal inkleur. Kom ontspan gerus tussen die wit linne en borrelbaddens terwyl jy sluk-sluk aan jou keuse van champagne die son sien sak oor die horison. Kom neem die beste van 'n onvergeetlike naweek saam jou geliefde. Romantiese naweek pakette of selfs in die middel van die week is La Dolce Vita gereed vir fine dining, vriendelike gasvryheid, luukse kamers, bootritte, spa/borrelbad geriewe wat oor die dam uitloer terwyl jou kamer versier is met aromaterapie mandjies. 



GECKO INN GASTEHUIS (RICHARDSBAAI) KZN

Hierdie lieflike gastehuis in Richardsbaai, wat met stylvol-gemeubileerde, ruim kamers waarlik ongeëwenaarde waarde vir geld bied.  Dié gastehuis spog met en suite-selfsorgeenhede, wat almal met lugversorging toegerus is, en sluit luukse enkel, dubbel- en gesinskamers asook ‘n wittebroodsuite (met ‘n jacuzzi) in. Die kamers is toegerus met ‘n stoof, mikrogolfoond, kroeg-yskas en koffiefasiliteite. Die heerlike Gecko-ontbyt is ‘n hoogtepunt en gaste kan verder ook middagetes en aandetes aangebied word. ‘n Verrassing wag vir besoekers wat ‘n eie vuurtjie wil aanpak: braaipakke en bykosse word verskaf vir ‘n braai met pure huis-gasvryheid. 



HUDSON'S ON TWELFTH (SANDTON)

Wanneer die verblyf so eksklusief is soos Hudson’s On Twelfth, kan jy amper verstaan hoekom ‘n mens nooit jou gastehuis wil verlaat en die bedrywige” Johannesburg wil verken nie. Hudson’s On Twelfth is ‘n eksklusiewe gastehuis in Rivonia met ‘n 4-ster gradering en 8 en-suite kamers wat elkeen individueel ontwerp is. Elke suite beskik oor ‘n privaat tuin, ‘n uitsig oor die klassieke-ontwerpte gronde of die lieflike woud wat vanuit die pragskone tuine vloei. Die bedekte patio en ontbyt-area kyk uit oor die glinsterende swembad met die strelende klanke van die waterfontein. Gratis WiFi, ‘n elegante eetkamer met ‘n kaggel, ‘n kroeg en Hotel paket DStv in alle kamers sal verseker dat jou verblyf by Hudson’s On Twelfth ‘n onvergeetlike ervaring bly. Hudson’s On Twelfth se ligging maak toegang tot die Johannesburgse noordelike voorstede asook die lughawe en Gautrain-stasies maklik.


BLEU COBALT FRANSCHHOEK

Franschhoek is ‘n unieke dorpie wat nie net asem rowend mooi is nie, maar ook van die wêreld se bekendste wynplase huisves. Dis nie sommer elke plek wat gaste verwelkom met ‘n plaaslike bottel wyn nie, maar dis presies wat die selfsorg Bleu Cobalt Cottage vir elke gas aanbied. Natuurlik gaan dit gepaard met gerieflike verblyf vir twee gaste wat uit een slaapkamer, een bad-kamer, ‘n oopplan kombuisarea asook leefarea bestaan. Die slaapkamer bied ‘n dubelbed met deure wat uitloop tot in die romantiese tuintjie en privaat swembad. Franschhoek is slegs ‘n uur se ry van Kaapstad af en spog met restaurante van bekende sjefs en wynplase waar ‘n wynproe sessie vining in ‘n lewenservaring verander. Bleu Cobalt Cottage in Franschhoek dien as die perfekte basis om ander dorpe in die omgewing soos die Paarl en Stellenbosch ook te besoek.


CASA TOSCANA EN RESTAURANT (GAUTENG)

Casa Toscana bied 'n wye verskeidenheid luukse kamers aan wat voldoen aan al die vereistes vir n wegbreek aand vir die romantiese paartjie. Die kamers is ideaal vir romantiese naweekuitstappies met 'n klassieke, dromerige atmosfeer wat beklemtoon word deur spesiaal vervaardigde pakkette. Casa Toscana se kamers is 'n perfekte kombinasie van moderne gerief en romantiese Toskaanse karakter wat 'n perfekte gemaklike verblyf verseker. Met die LeSi A la Carte Restaurant op die perseel, ‘n wyn kelder vir ongelooflike wynproe aande, die Blou Hond Teater en ons “Chianti Tent” Venue, is Casa Toscana die ideale venue vir vermaak en gerief. 



ABENDRUHE LODGE (DINOKENG)

n Romantiese wegbreek met ‘n ongelooflike uitsig – dis Abendruhe Lodge in die Dinokeng Natuurreservaat. Die lodge se vier luukse selfsorg houthuise bied alles wat jy sal benodig om ‘n romantiese naweek met jou geliefde te geniet. Die houthuise is ver van mekaar en elkeen beskik oor sy eie privaat boma sodat julle lekker om die vuur kan gesels en ontspan. Daar is 3 houthuise wat elkeen oor ‘n koning-grootte bed, ‘n bank wat oopvou en in ‘n dubbelbed omskep kan word, vol DStv, lugversorger. Elke houthuis het ook ‘n badkamer met ‘n stort, asook ‘n kombuis wat ten volle toegerus is. Gaste kan heerlik afkoel in die swembad met onvergeetlike uitsigte oor die Lodge se eie watergat. Wildsritte is beskikbaar en sluit drankies en versnapperinge in. 


HOUSE HIGGO (NORTHCLIFF)

Modern, elegant, romanties – House Higgo is ’n boetiek-gastehuis geleë in die gesogte, Noordelike voorstad, Northcliff. Dis ideaal vir gaste wat opsoek is na gerieflike, luukse en intieme verblyf naby verskeie geriewe. Verblyf word aangebied in 5 individueel versierde slaapkamers en 'n twee slaapkamer kothuis. Elke kamer het 'n dubbelbed en 'n en-suite, oop plan badkamer. Al die kamers beskik oor WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, koffie- en teëmaak geriewe. Ontbyt word in die eetkamer of op die stoep bedien. House Higgo het ook 'n swembad, en 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n kaggel en biblioteek waar gaste kan ontspan. Ons kan selfs intieme “just us” troues doen met alles wat jy benodig vir jou spesiale dag. Werk, plesier, ’n romantiese naweek weg of selfs as jy vinnig die knoop wil deurhak, House Higgo sal jou geleentheid spesiaal maak.



KWA MADWALA PRIVATE GAME RESERVE

Die wonderskoon van bosveld en Afrika-horison wink by hierdie stukkie paradys, aangrensend tot die suidelike deel van die Nasionale Krugerwildtuin. Kwa Madwala Private Game Reserve se verskillende kampe bied iets vir elke smaak en hier kan jy safaristyl te voet of te perd ervaar, vanaf die rug van ’n olifant die wêreld aanskou of selfs in ’n microlight jou vlerke sprei! Manyatta Rock Camp 27 en suite chalets het wat so perfek met die natuurlike klip inpas dat jy dalk twee keer gaan moet kyk om jou kamer te vind! Ses van die kamers is spesifiek ingerig vir gesinne en ‘n luukse suite op die koppie bied ’n asemrowende uitsig vir jou wittebrood. 


WILDEHONDEKLOOF (OUDSHOORN) WES-KAAP

‘n 4000 Hektar Game Lodge wat sagkuns op die oog val naby geleë  aan Oudsthoorn, Wes-Kaap, met 8 luukse kamers en 1 privaat luukse suite wat uitloer oor die Swartberge. Elkeen van hierdie luukse kamers is toegerus met lugverkoeling sowel as en-suite badkamers. Wildehondekloof is ‘n bestemming soos geen ander. Met uitsigte oor berge en riviere belowe ‘n vleisie oor die kole om ‘n permanente indruk op enige vakansieganger te maak. Verniet Wi-Fi stel besigheidsmanne in staat om Wildehondekloof ten volle te gebruik vir ‘n wegbreek en ook perfek is vir ‘n romantiese wegbreek. Kom geniet die Wes-Kaap by dit beloof om ‘n ervaring van ‘n leeftyd te wees.



BADPLAAS A FOREVER RESORT (MPUMALANGA)

Geleë in die Emanzana Natuurreservaat, hierdie bekroonde Mpumalanga oord is bekend vir sy warm mineralebron. Slegs 2,5 uur se ry van Gauteng af neem jou na ‘n ongelooflike plek waar herinneringe gemaak word. Akkommodasie behels hotel kamers, selfsorg chalets, selfsorg rondawels, hout hutte en 2 gaste huise. Verken die Natuurreservaat met u eie vierwiel-voertuig, te perd of per begeleide wildsritte of vierwiel-motorfietse. Vir jou ontspanning is daar beide warm en koue minerale swembaddens binnenshuis sowel as buitemuurs. Die hidro-spa bied ‘n verskeindheid behandelinge aan wat jou jonk en lewenskragtig sal laat voel. 



CASTELLO DI MONTE GASTEHUIS (GAUTENG)

Tussen die gejaag en lawaai van die besige Pretoria stad skuil ‘n juweel van ‘n plek. Castello Di Monte is ‘n toskaanse styl vyf-ster gastehuis. Die kamers spog met verskeie luukshede. Beloer die stadsliggies vanaf jou privaat balkon en vergeet sommer van kouevoete op ‘n wintersnag. Jou voete word warm gehou met ondervloer se verhitting. Hier kan jy trou beloof aan jou sielsgenoot, met wittebrood eenhede wat sal sorg dat jou bruid soos ‘n prinses voel. Ontspan en bederf haar selfs meer met ons verskeie spa behandelings. Ontbyt sal bedien word, en as jul selfs verder wil inlê kan daar beslis middagete asook aandetes gereel word. 



LETHABO ESTATE (GAUTENG)

Lethabo Estate se ligging in die Wieg Van Die Mensdom maak dit die ideale plek dwarsdeur die jaar. Dis vining bereikbaar vanaf Lanseria Lughawe asook Jhb en Pta, op die oewers van die Krokkodilrivier. Perkfek vir 'n romatiese aandjie saam met daardie spesiale mens in jou lewe of ‘n lekker geseligheid vir ‘n klein groep; selfsorg of etes ingesluit. Elke eenheid bied aan gaste ‘n onvoortreflike luuksheid wat met uitsonderlike detail afgerond is en dis maklik om te sien hoekom die akkommodasie al pryse verower het. Die Namaste Spa en Riverside Restaurant is oop vir beide gaste en dagbesoekers. Lethabo skep ook ‘n prentjiemooi agtergrond vir ‘n troue. ‘n Romantiese piekniek op die oewer van die rivier, 'n ryk voëllewe, asook ‘n 30km stap- en bergfietsroete bied iets vir ieder en elk aan. Lethabo is die perfekte plek om nuwe herinneringe te bou en weer die geleentheid te vat om asem te skep.’


Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy