Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

SEE VAKANSIE

Seevakansies is 'n Suid-Afrikaanse instelling. Hier word meeste kinders groot met sorgvrye herrineringe aan salige somervakansies op prentjiemooi kusdorpies langs die Atlantiese of Indiese oseaan. Is daar dan enige iets lekkerder as om wakker te word met die sout reuk van seewater in die lug, 'n koel briesie wat deur die gordyne woel, en 'n lang, goue dag wat voor jou uitstrek met niks meer om te doen as om jou handdoek te gryp en ure op die strand te verwyl nie? By Vakansieplekke SA het ons uit ons pad gegaan om al die lekkerste strand-akkommodasieplekke op te spoor sodat jy nie self hoef te gaan snuffel nie. Of jy nou opsoek is na 'n selfsorghuis met plek vir 10 of 'n romantiese kothuis waar jy en jou geliefde kan wegkom van die mensdom, ons het die plek vir jou!

BEACH FOREST LODGE (BALLITO)

Slegs 400 meter vanaf Ballito strande. Met uitkyke oor die tropiese woude eg aan Suid-Afrika se Suidkus, bied Beach Forest Lodge 'n vakansie wat nie vinnige vergete sal gaan nie. Selfsorgeenhede, elk met private ingang, patios, braai areas en swembaddens bied enige vakansieganger 'n wel-verdiende ruskansie. Alle eenhede is toegerus met DSTV, lugverkoeling en Wi-Fi. Slegs 13km's vanaf King Shaka internasionale lughawe, 'n katspoegie vanaf die restaurante en winkels sorg dat hierdie sentraal gelee paradys rus vir enige siel sal bied. As dit nie reeds genoeg is nie, is Beach Forest troeteldier vriendelik in seker eenhede! Naby gelee aktiwiteite sluit golf, diepsee duik, snorkel, perdritte, mountain bike roetes en nog vele meer in. Hierdie bestemming is perfek vir 'n familie vakansie, 'n romantiese wegbreek. Beach Forest Lodge: Elegant, Uniek, Perfek!



CLUB MYKONOS (LANGEBAAN) WESKUS

Club Mykonos strandoord in Langebaan is 'n stukkie outentieke Griekeland aan die Kaapse Weskus. Hierdie gesinsvriendelike bestemming is geleë op die rustige oewer van die skilderagtige Langebaan-strandmeer en bied 'n unieke opsie vir familie-vakansies, konferensies, spesiale geleenthede en nog meer. Die oord bied gaste die opsie van drie smaakvolle akkommodasie aanbiedinge, wat drie-ster en vier-ster Preferred-eenhede insluit. Daar is ook 'n wye verskeidenheid van dinge om te sien om te doen, ry vierwielmotorfiets saam met die kinders, geniet 'n seekosmaaltyd by een van die oord se liplek-restaurante of spandeer die dag op die strand.



TO STRAND VAKANSIEOORD (LEISURE BAY)

TO Strand is 'n uitsonderlike vakansieoord in Leisure Bay, KwaZulu-Natal, binne trefafstand van Port Edward. Hier kan vakansiegangers uitsien na gesinsvriendelike selfsorg-akkommodasie en 'n groot verskeidenheid doendinge wat selfs die mees kieskeurige lid van die gesin sal vermaak. Verblyf word verskaf in die vorm van een- en twee-slaapkamer chalets, en besoekers is ook welkom om gebruik te maak van kampeergeriewe as hulle die woonwa wil saambring. Die oord se vermaak-opsies sluit mini-golf, vlugbal, tennis, visvang, branderplankry, staproetes, bergfietsroetes en kayak-ry in. Daar is ook twee swembaddens, vakansieprogramme vir die kinders in seisoen, 'n restaurant, kroeg en winkel op die perseel. 



WHALE WATERS (GANSBAAI) WES-KAAP

Sonder moeite swem die walvisse verby jou see-uitsig kamer. Jy loer na hulle vanaf jou balkon, so naby jy kan die water sien spuit na bo. Hierdie merkwaardige uitsig kan jy kry by Whale Waters Selfsorg Lodge in De Kelders' naby Gansbaai. So as jy gewonder het wie vir Gansbaai lekker maak, is die antwoord Whale Waters Lodge! Die selfsorg lodge is 'n 3 vedieping huis met 6 kamers waarvan almal met 'n see uitsig spog. Verhitte swembad maak die nat en koue winters sommer warm en plesierig. Daar is ook 'n lekker braaiarea waar jy die dag se vangs op die kole kan gooi. So gepraat van vangs, daar is shark cage diving vir die mense wat daarvan hou om wild wonderlik en waaghalsig te leef. 


GECKO INN GASTEHUIS (RICHARDSBAAI)

Gecko Inn is ‘n lieflike gastehuis in Richardsbaai, KwaZulu-Natal wat met stylvol-gemeubileerde, ruim kamers waarlik ongeëwenaarde waarde vir geld bied.  Dié gastehuis spog met  50 n suite-selfsorgeenhede, wat almal met lugversorging toegerus is, en sluit enkel-, dubbel, luukse dubbel- en gesinskamers asook ‘n wittebroodsuite (met ‘n jacuzzi) in. Die heerlike Gecko-ontbyt is ‘n hoogtepunt en gaste kan verder ook veerligte middagetes en staatmaker aandetes te wagte wees wat in die restaurant of lapa aangebied word. ‘n Verrassing wag vir besoekers wat  ‘n eie vuurtjie wil aanpak, braaipakke en bykosse word verskaf vir ‘n braai met pure huis-gasvryheid. 



SEAGULLS GUEST HOUSE (LANGEBAAN)

Die Weskus bied al jare lank ‘n welkome rus vir talle vakansiegangers. Lang, uitgestrekte strande waar die sonsak nerens ander so mooi gesien kan word nie is ‘n sterk aantrekkingskrag vir klomp mense wat wil wegbreek van die alledaagse roetine. Is jy opsoek hierna? Besoek gerus Seagulls gastehuis in Langebaan om te deel in hierdie pret. Talle verblyf opsies bied verskeidenheid waar ‘n mens kan kies tussen nie minder as sewe intieme selfsorg eenhede, terwyl etes bedien word langs ‘n potblou swembad. Seagulls is perfek vir families of paartjies wat ‘n vakansie wil geniet om te onthou. Geleë in Langebaan met uitsigte wat strek oor die Atlantiese oseaan, is seagulls beslis ‘n bestemming om boa an jou bucket list te hê. 


WHALESONG HOTEL AND SPA (PLETTENBERGBAAI)

Die juweel van die Tuinroete. Die familie-vriendelike Whalesong Hotel & Hydro staan soos 'n seer oog uit in die hartjie van Plettenbergbaai se Tuinroete. Uit die staanspoor bekoor die hotel met sy weelderige plantegroei en ouwêreldse sjarme. 'n Gemiddelde klimaat en vriendelike personeel begroet 'n mens as jy by dié kushotel instap. Die strandtema is duidelik sigbaar in die 24 kamers met luukse en-suite badkamers die wit en blou van die see weerspieël. 18 van die kamers het hulle eie privatehoutdek wat gaste 'n blik gee op die Keurbooms-kuslyn, Tsitsikamma- bergreeks en die eindelose diep blousee.Die voordeelvan Whalesong is dat alles binne stapafstand is. 'n Top gehalte restaurant, Whales Restaurant, is op die perseel geleë en trek onmiddellik aandag met sy panoramiese uitsigte, etniese Afrika dekor en smullekker seekos-geregte. 


Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy