Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

SPA

Ontspan en vind ontvlugting van die gejaag van die lewe met ons spa afdeling. Een spa-sessie en jy sal jouself verbeel jy is op ‘n tropiese eiland waar geen kommer jou lastig kan val nie. Gee om vir jouself en kikker jou gemoed op met ‘n spa-sessie van jou keuse. Elke meisie droom van ‘n verassing waar sy weg geneem word om bloot net bederf te voel met ‘n massering en facial terwyl sy ‘n glasie champanje in die hand het. Is jy ‘n bruid en wil graag ‘n dag van onstpanning en mooimaak geniet saam met jou strooimeisies? Een sessie by ‘n spa smelt al jou stress saggies weg. Kom vind jou pad na ‘n oase van bederf en herlaai jou liggaam, gees en siel.

VUSALELA SPA (TUSSEN PRETORIA EN JOHANNESBURG)

Verbeel ‘n rug massering terwyl jy stadig in droomland in en uit glip. Dalk sommer met ‘n verversing of twee byderhand. Klink aanloklik? Dan is Vusalela Dag Spa die plek vir jou. Naby gelee aan Johannesburg en Pretoria, maar ver genoeg om te voel die stad word agterlos, sorg Vusalela daagliks vir ontspanning vir gelukkige kliente. Vusalela se pakette sluit ontbyt en middagetes in en varieer van enigeiets van hand masserings regdeur tot ‘n voldag vol liggaam massering. Vusalela maak ook voorsiening vir partytjies indien enigeiemand wil kom ontspan om die plooie so bietjie terug te druk. ‘n Uitnemende spa, met uitnemende diens en uitnemende pryse.


SOULSTICE DAG SPA

Soulstice dag-spa, gelee by die gesogde Silverstar casino is 'n bestemming wat enige opgeknopte spiere sommer vinnig-vinnig sal ontspan. Hierdie bekroonde dag-spa beloof om 'n "unieke, merkwaardige en onvergeetlike ervaring te bied" vir ieder en elk van hulle kliente. Toegerus met nie minder as 13 kamers, 'n borrelbad, manicure en pedicure suite, 'n stoom kamer en nog vele meer. Hierdie bestemming is perfek vir kliente wat so bietjie van hul spanning ontslae wil raak, vir paartjies wat 'n ontspannende dag-wegbreek soek of selfs vir besigheidsmanne en vrouens wat die gejaagdheid wil verruil vir 'n stilstand terwyl die spanning een druk op 'n slag wegraak. Soulstice se deure is sewe dae van die week oop en naby gelee aan die twee groot Gautengse metropole. Skoon van kop tot toon!



JUST HAVEN SPA & CAFE (MAGALIESBURG)

Just Haven Spa in Magaliesburg is die ideale plek om te ontspan, jou batterye te herlaai en rus vir jou siel te vind. Die sessies wat aangebied word is uit die boonste rakke en die terapeute gaan uit hul pad om elke behandeling ‘n onvergeetlike ervaring te maak. Na ‘n behandeling is gaste welkom om ‘n heerlike ete by die Cafe te geniet. Die restaurant het ‘n dranklisensie en as jy die pragtige uitsig oor die Magaliesberge sien, gaan jy saam stem dat ‘n skemerkelkie jou tyd by Just Haven Spa perfek sal afrond. Die uitgestrekte grasperk is ideaal vir ‘n piekniek van enige grootte. Just Haven Spa maak ontspanning moeiteloos met hul mobiele spa wat besighede en ander privaat instansies besoek. Maak seker jou volgende verjaarsdag, produkbekendstelling, jaar-eindfunksie, kuier saam met jou vriendinne of ‘n lekker opvangsessie met jou familie vind plaas by Just Haven Spa.



CRADLE HEALTH SPA (HARTBEESPOORT) NOORD-WES

Poegaai van die gejaag in die stad en uitgehonger vir ’n ordentlike bederfsessie? Of benodig jy 'n lafenis vir herstel van gees en vlees? Pak sommer nou jou naweektas, want Cradle Health Spa is die oase waarna jy smag. Slegs 20 minute vanaf Lanseria en 45 minute vanaf Sandton en Pretoria wag hierdie droombestemming teen die hange van die Magaliesberg in die pragtige Hartbeespoort. Wees verseker van ’n onvergeetlike wegbreek met 12 luukse oornag kamers wat ingerig is vir die toppunt van gemak en ontspanning. Met ’n holistiese benadering tot goedvoel en gesondheid is Cradle Health Spa ook nommerpas vir ’n romantiese vakansie of wegbreek. 



FUSIONISTA SPA (RANDBURG) JOHANNESBURG

Hier kan gaste ontspan in die mees unieke spa-omgewing in Johannesburg. Die eienaars het 'n aantal pragtige terapie-kamers geskep, insluitende die uitsonderlike Koi Mist Room. Hier word spa-gangers gemasseer op 'n glas-eiland in 'n koi-dam, langs 'n pragtige rooskwarts-waterval omring deur tropiese plantegroei, mis en vuur. Verdiep jou ontspanningsreis nog verder deur 'n privaat-jacuzzi of sauna te bespreek, of tyd te spandeer in die 'Chill Room' met sy besonderse klankterapie-bed - nog 'n unieke kenmerk van Fusionista. Sluit jou besoek af met 'n maaltyd by die oosterse fusion restaurant op die perseel, waar jy die smake van verskillende oosterse lande kan geniet. 



SEDIKO BUSH SPA (LIMPOPO)

Ontsnap na ‘n luukse bosveld wegbreek slegs 355 km Noord van Pretoria. Sediko Bush Spa by Palala Boutique Game Lodge  is onweerstaanbaar vir diegene wat die eksklusiwiteit, romanse en avontuur waardeer. Sediko Bush Spa se wêreld klas opsies sal enige gas laat voel soos ‘n nuwe mens. Vernoem na die Noordelike Sotho woord vir "sirkel", nooi Sediko Bush Spa jou na hierdie idilliese Afrika-oase, ver van die eise van die stadslewe. Met die natuur as agtergrond kan gaste behoorlik ontsnap en hier kom ontspan. Om in rooi wyn te bad, is miskien die enigste ding meer hemels as om dit te drink, met Sediko se Merlot bad kan jy beide geniet, met ‘n uitsig van egte Limpopo bosveld - en dit is net die begin van jou Sediko ervaring.


HOOGLAND SPA VAKANSIEOORD (BELA-BELA)

Hoogland Spa Family Resort is geleë in Bela-Bela, Limpopo se alombekende toerismekern en gewilde wegbreekbestemming. Hier, binne trefafstand van die Forever Warmbaths Hydro and Waterpark, kan gaste tuisgaan in heerlike selfsorg-chalets met al die geriewe wat mens nodig het vir 'n lekker wegbreek met jou gesin of groep vriende. Dit sluit volledig toegeruste selfsorgkombuise, privaat braai-geriewe, lugversorging, DStv-hotelpakkette en toegang tot 'n ontspanningsarea in waar besoekers kan afkoel in die swembad, of meeding in pool, tafeltennis en foosball. Geniet gehalteverblyf in 'n rustige omgewing en verken die die Limpopo provinsie se mees gesogte attraksies vanaf 'n gerieflike ligging. 



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy