Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

TOP 30 BESTEMMINGS IN SA

Neem 'n reis saam met ons. Hier is ons TOP 30 bestemmings in SA. Perfek vir enige avontuurlistige vakansieganger. Jy kan direk navrae doen, geen middelman. Klik net op die skakels. Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf, kamp, vakansieoorde, romantiese wegbreek, spa bestemmings, hotelle, lodges en nog vele meer.

GOODERSON NATAL SPA (KWAZULU-NATAL)

‘n Oase in die hartjie van KwaZulu-Natal se bosveld wink tussen Vryheid en Paulpietersburg. Die Gooderson Natal Spa Hot Springs & Leisure Resort bied ’n reeks aktiwiteite vir oud en jonk, alles teen die agtergrond van die pragtige Bivanerivier. Ongeag of jy wil vakansie, vergadering, konferensie of spanbou hou, jy kan kies uit 54 ruim en gerieflike ensuite slaapkamers of 23 selfsorgeenhede, asook drie goedtoegerusde konferensielokale wat 10-120 mense kan akkommodeer. Verblyfopsies sluit onder andere enkel-, dubbel-, en gesinskamers in. Jy kan ontspan in die Termiese warmwaterswembaddens, ’n oorvloed geveerde vriende besigtig of meer aktief raak met ’n 22km bergfiets- en drafpad, BMX-baan, visvang, perdry, tennis, muurbal of selfs verfbal! Bergfietse en BMX-fietse is te huur by die oord.


KAGGA KAMMA (SEDERBERGE) WES-KAAP

Vars lug, asemrowende natuurskoon en ‘n uitsig wat jou na jou asem sal laat snak – dit is maar net om ‘n paar van die menige besonderse ervarings wat jy by Kagga Kamma sal beleef te noem; en dan het ons nog nie eers gepraat van die smaaklike kos, ‘n ontspanne spa-ondervinding wat jou soos nuut sal laat voel, of die unieke suites nie. Hier kan jy ‘n aand onder die naghemel deur-bring in een van die gewilde opelug-suites, of ontspan in een van die ruim grasdak-suites, of beleef ‘n besonderse tyd in die indrukwekkende grotsuites wat deelvorm van ‘n natuurlike sand-steen rotsformasie – die keuse in joune. Elkeen van die suites bied iets uniek, elkeen is stylvol uit gemeubileerd met alles wat jy nodig het, sodat jy kan ontspan en Kagga Kamma se eie soortige akkomadasie kan geniet. Elke ervaring by Kagga Kamma is uniek - van ‘n romantiese aand vir twee tot ‘n gesinvakansie waar julle die natuur se skoonheid kan bewonder. 



WILDEHONDEKLOOF (OUDSHOORN) WES-KAAP

‘n 4000 Hektar Game Lodge wat sagkuns op die oog val naby geleë  aan Oudsthoorn, Wes-Kaap, met 8 luukse kamers en 1 privaat luukse suite wat uitloer oor die Swartberge. Elkeen van hierdie luukse kamers is toegerus met lugverkoeling sowel as en-suite badkamers. Klink dit nie na die perfekte vakansie nie? Wildehondekloof is ‘n bestemming soos geen ander. Met uitsigte oor berge en riviere belowe ‘n vleisie oor die kole om ‘n permanente indruk op enige vakansieganger te maak. Verniet Wi-Fi stel besigheidsmanne in staat om Wildehondekloof ten volle te gebruik vir ‘n wegbreek konferensie, terwyl diè bestemming ook perfek is vir ‘n romantiese wegbreek. Kom geniet die Wes-Kaap by Wildehondekloof, dit beloof om ‘n ervaring van ‘n leeftyd te wees.



OXWAGON LODGE (HARTBEESPOORT)

As jy opsoek is na iets heeltemal buitengewoon en onvergeetlik, dan is Oxwagon Lodge die antwoord. Hierdie spesialiteits lodge is in die hartjie van die Hartbeespoortdam-area geleë en bied akkommodasie, konferensie- en trou-fasiliteite, ‘n gesellige kroeg, ‘n buite area vir funksies met asemrowende uitsigte, ‘n piekniek area en ‘n restaurant. Die ses oorspronklike en gerestaureerde ossewaens bied gesellige en een-voudige akkommodasie aan met ‘n chalet wat aan elke ossewa verbind is vir moderne gerief-likhede en ekstra spasie. Die Upper Bus is ‘n dubbelverdieping bus wat ideaal is vir groter groepe. Akkommodasie sluit ‘n sjampanje-ontbyt die volgende oggend in. Die Oxwagon Lodge is die ideale plek om as jou basis te gebruik wanneer jy die pragtige Harties area wil verken. Vat jouself terug na die ou dae waar die lewe meer eenvoudig was en geniet die warm gasvryheid van die Oxwagon Lodge.


THABA KHAYA (MABALINGWE) NOORD-WES

'n 4 500 hektar paradys geleë in die hartjie van die bekroonde Noord-Wes. Hierdie vier-ster lodge is gerieflik in 'n malaria vrye area geleë en slegs 'n 90 minute rit vanaf Jhb. Thaba Khaya bied verblyf vir slegs 16 gaste sorg vir 'n private en afgesonderde naweek tussen die prag van koorsbome en watergate wat oorloop met wild. Verblyf sluit volle etes voorberei deur 'n professionele chef in sowel as die gebruik van sekere aktiwiteite wat Thaba Khaya bied. Heerlike aktiwiteite soos kookkursusse in die bosveld, wildsritte, voëlkyk, lugballon ritte en vele meer. Thaba Khaya is perfek vir 'n romantiese naweek weg, 'n naweek van rus sonder om te  bekommer oor die volgende maaltyd, 'n vakansie saam die familie of 'n retreat om weg te breek van die stad se gedruis. 



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy