Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

TREIN TOERE IN SA

Of dit nou ‘n familie avontuur vir ieder en elk is, of ‘n romantiese wegbreek net vir julle twee, JB Train Tours is die antwoord om ‘n gewone vakansie in iets asemrowend te skep. Daar is twee opsies om van te kies – die begroting-vriendelike toere of die luukse toere. Die lang lys van bestemmings en roetes maak dit lekker om ‘n toer te kies wat jou sak en jou houding pas. JB Train Tours maak die rit na Suid-Afrika se lekkerste feeste, strande, dorpies en stede en weer terug, onvergeetlik en beslis een vir die boeke. Reis per trein van die Moederstad na die Hoofstad of andersom, en sien ons land se pragtige landskap wat min gesien word wanneer jy die langpad per motor aanpak. Jy kan rustig ontspan, rondkyk en uitsien na ‘n heerlike vakansie. JB Train Tours bederf jou met ouwêreld sjarme teen moderne bekostigbare pryse. Die opsies tussen ‘n kompartement en ‘n koepee maak die reëlings makliker vir die wat saam ry. See toe, fees toe, berge toe, wildtuin toe, huis toe – maak seker jou volgende rit is op ‘n JB Train Tours trein en geniet elke oomblik.

TREINTOER VANUIT JHB NA DIE MOEDERSTAD

Hierdie 6-dag trein- & vliegtoer is een van JB Train Tours se meer gewilde en ook baie bekostigbare Toeristeklas-treintoere. Dit bied geleentheid om al die bekende toeristebestemmings in Kaapstad te besoek, asook om bietjie op jou eie tyd rond te loop en te snuffel. Daar word in 'n goeie hotel oornag en die gids wat saamreis voeg waarde toe sodat elkeen wat saamreis 'n goeie ervaring het. Hiedie toere vind regdeur die jaar plaas en is immergewild. Gaan maak ‘n draai op Tafelberg, by die V&A Waterfront, Kasteel, Kaappunt, Akwarium, Parlement, Tuine, Houtbaai, Kampsbaai, Robbeneiland, Groot Constantia wynkelders en vele meer.



UPMARKET TREINTOER NA KAAPSTAD VANAF JOHANNESBURG

Bederf jouself met ‘n oornag treinit op die ‘upmarket’ Premier Classe trein vanuit Johannesburg,  na Kaapstad oornag twee nagte in ‘n Kaapse hotel, besoek die Kaapse toeristebestemmings met die rooi oopdekbus en vlieg na 4 dae terug na Johannesburg. Hierdie is ‘n ideale wegbreek vir paartjies of groepe vriende wat vining en volspoed wil kuier. JB Train Tours - Since 1975 bied ‘n verskeidenheid treintoerpakkette na verskeie bestemmings in Suider-Afrika aan. Kom reis vanjaar saam en beleef weer ‘n toer soos van ouds. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!



MOTORFIETS OP TREIN NA VERSKEIE BESTEMMINGS

Laai jou ysterperd saam met jou op die trein vanuit JHB, reis oornag en gaan verken ander dele van die land sonder om ure in die saal deur te bring voordat jy by jou bestemming aankom. Hierdie unieke en gewilde wyse van rondry in die land bied die geleentheid om saam met ander ‘bikers’ te toer, te geniet en te ervaar. Daar word nie gejaag nie, want dit bly ‘n toer. Bestemmings vanuit Johannesburg sluit in: Wes Kaap & Boland; Tuinroete; Route 62; Namakwaland Blomme; Oudtshoorn en omgewing; BMW GS Trophy; Ulysses Rally; Buff Rally & Africa Bike Week in Oos Londen. 29 Bergpasse, ongeveer 1100 kilometer, ‘n toergids en hope pret en avontuur is wat hierdie toer laat uitstaan.  Met 10 jaar ondervinding beloof hierdie toer om uniek in soveel opsigte te wees. Kom deel in die pret om elke hoek en draai.



BOLAND TOER

Vertrek vanuit Johannesburg per trein na Worcester, oornag by die ATKV se Goudini Spa vakansie-oord buite Rawsonville, geniet die Boland se berge en wingerde en gaan maak ‘n draai Franschhoek en Stellenbosch. Vlieg terug na JHB na 6 dae. Die uitstekende fasiliteite by die oord, wat o.a. warmwater swembaddens insluit, maak hierdie week die kuier werd. ATKV-lede kry 5% afslag op die toerprys. Twee etes per dag, asook beddegoed op die trein en busvervoer by die bestemming is by die toerprys ingesluit. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!



DRAKENSBERGE EN OOS VRYSTAAT TOER

Die Kaap het Tafelberg. KZN het die Drakensberg en die Vrystaat die Maluti berge. Ry saam op ‘n 6-dag trein- & vliegtoer vanuit die Kaap en geniet die natuurskoon van die Golden Gate, Amfiteater en die kunstenaars dorpie Clarens. Ontdek minder bekende toerismebestemmings en sien water in oorvloed! Twee etes per dag, busvervoer, ‘n gids wat saamreis, ‘n besoek aan die Drakensberg Seunskoor asook ondergrondse kragstasie, beddegoed op die trein en terugvlieg na Kaapstad is alles ingesluit by die toerprys. Kom reis vanjaar saam en beleef weer ‘n toer soos van ouds. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!



GENIET DIE TUINROETE SE SKOONHEID & NATUUR

Ry met die trein oornag vanuit Johannesburg tot in PE, dan per bus deur die pragtige Tuinroete al langs die Suid Kaapse kus en besoek plekke soos Tsitsikamma, Knysna, Plettenbergbaai, Mosselbaai en vele meer. Ry op ‘n Voormanstrollie in die Outeniekwa berge en oornag in een van die mooiste geleë lodges aan die voetheuwels van die berge. Gaan maak ook ‘n draai by die Kango-grotte, ‘n volstruisplaas en vele meer. ‘n Heerlike 6-dag toer saam met ‘n ervare plaaslike gids voordat u vanaf George terugvlieg na Johannesburg. Kom reis vanjaar saam en beleef weer ‘n toer soos van ouds. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!



KUIER BY DIE ATKV VAKANSIE-OORD NATALIA IN KZN

Gaan hou vakansie soos in ‘die ou dae’by ‘n pragtige vakansie-oord digby die see. Ry met die oornagtrein vanuit JHB na Durban, dan met die bus tot by die ATKV Vakansieoord – Natalia op die KZN se Suidkus. Mooi en oop strande, heerlike warm seewater en puik fasiliteite met heerlike kos. Gaan praat en kuier in Afrikaans! JB Train Tours - Since 1975 bied ‘n verskeidenheid treintoerpakkette na verskeie bestemmings in Suider-Afrika aan. Kom reis vanjaar saam en beleef weer ‘n toer soos van ouds. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!



NAMIBIË 8 DAE BUS TOER

‘n 8 Dae busroete na een van Suid-Afrika se geliefde buurlande, Namibië. ‘n Land gevul met kontras, natuurlike kleure en eindelose horisonne. Hierdie packet is ideaal vir families, paartjies, groepe en familie wat se harte smag na avontuur en nuwe herinneringe. Benoemens-waardighede sluit in Swakopmund se bekende Duin 7, Walvisbaai, Hentiesbaai, Windhoek en nog vele meer. Hierdie vakansie is beslis ‘n moet vir enige avontuurlustige wat opsoek is na ‘n unieke, lewensveranderende vakansie.



NAMAKWALAND BLOMME TOER

Baie mense sê al baie jare dat hulle graag na die blomme in Namakwaland wil gaan kyk. Om blomme in Namakwaland te gaan kyk is ‘n heerlike voorreg – wat elke Suid-Afrikaner ten minste een keer moet doen. Hierdie 8-dag Trein- en Vliegtoerpakket vanuit Johannesburg neem die reisigers na baie spesiale & interessante plekke in ‘n pragtige deel van ons land – gedurende die blommetyd. Die gids wat saamreis dra baie by tot die waarde van die toer en die daaglikse busritte na die blomme toe is met ‘n heerlike luukse bus. Daar word ook in pragtige lodges oornag wat heerlike kos bedien. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein! 

 



KAAPSTAD JAZZ FEES

JB Train Tours nooi jou uit om saam te reis na die 20ste Kaapstad Jazz-fees, voorheen bekend as die Noordsee Jazz-fees. Al die groot name in die jazz gemeenskap gaan daar wees met vyf vertonings wat terselfdetyd plaasvind. Die pakket sluit die volgende in: retoer vliegkaartjies na Kaapstad die Vrydagoggend en terug huis toe die Sondagmiddag, vervoer met ‘n bus tussen die hotel en die lughawe, verblyf in die vier ster Fountains Hotel (of soortgelyke standaard) in Kaapstad op ‘n bed-en-ontbyt-basis, tyd om die strand en see te geniet, en vertonings by die baie gewilde Kaapstad Jazz-fees. Die toer is drie dae lank – net genoeg tyd om die Moederstad te geniet! Hierdie is ‘n ongelooflike geleentheid omdat die toer baie bekostigbaar, gerieflik, en veilig is en al die reëlings word vir jou getref.  


KERSIEFEES BUITE FICKSBURG

Die jaarlikse Kersiefees buite Ficksburg in die pragtige Oos Vrystaat is een van die oudste feeste in die land. Gaan eet vars kersies van die boom af in die boord; ry op 'n regte ossewa wat deur osse getrek word; besoek kunsstalletjies en neem pragfoto's van Golden Gate. 'n Besoek aan Sandstone Estates ('n werkende plaas) met sy talle stoomenjins en smalspoortrein en lokomotiewe is 'n juweel wat nie gemis moet word nie. Hierdie 3-dag bustoer vanuit Gauteng (PTA, Midrand & JHB) met heerlike hotelverblyf in Fouriesburg is jaarliks 'n wenner. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!



COMRADES MARATHON TREINTOER

JB Train Tours nooi jou uit na die jaarlikse Comrades Marathon in Kwa-Zulu Natal en weer terug Johannesburg toe. Ons sorteer alles vir jou uit – die vervoer en akkommodasie. As jy per trein reis hoef jy nie te kommer oor die petrolprys, tolhekfooie, swaar verkeer of stywe bene terug huis toe in die kar nie. Die trein is baie goedkoper en die pryse is bekostigbaar. Of jy nou self hardloop, of net vir die ondersteuning en spangees saam gaan, jy is meer as welkom op die trein. Ons het reeds verblyf in ‘n luukse hotel in Durban bespreek, so jy hoef nie eers rond te skarrel om verblyf te soek nie. Ons pakket sluit vervoer en twee aande se verblyf op die trein in die toeriste klas in, asook een aand se verblyf in ‘n luukse hotel in Durban, vervoer per bus tussen die trein, hotel en eindstreep in Pietermaritzburg. 



MOSAMBIEK, KRUGER NATIONAL PARK, ESWATINI

Blou see waters, ‘n unieke en eg-Afrika land, goeie kos, bekostigbare en interessante markies. Hierdie is eienskappe van die pragland-Mosambiek. JB treintoere het ‘n 8 dae treintoer bymekaargeslaan wat vertrek vanaf OR Tambo lughawe in ‘n luukse kajuit wat deurskiet na die Mosambiekse paradys toe. Die toer sluit drie aande in Mosambiek in (Maputo asook Bilene), terwyl die ander vyf aande in Eswatini, die wêreldbekende Kruger Nasionale Park en Suid-Afrika se prentjie-mooi laeveld insluit. Hierdie toer is perfek vir families, vir paartjies, vir die jong avontuur-lustige asook die ouer generasie wat opsoek is na ‘n gemaklike en luukse vakansie. Afrika palmbome, 2M bier, warm seewaters en vriendelike kuiergaste – hierdie BUStoer is ‘n moet.


UMHLANGA NAWEEK PREMIERKLAS TOERPAKKET

JB Treintoere nooi ieder en elk uit na ‘n twee aande naweek treintoer na Umhlanga in die premierklas Trans Natal. Kom reis deur die prentjie-mooi bergreekse en durf die donker tonnels aan op jou roete na Suid-Afrika se Suidkus. Hierdie kort wegbreek is ideal vir paartjies, vriende en familie wat gereed is om die tasse te pak en ‘n vinnige naweek langs die branders te geniet.  Alle toere is geskeduleer oor naweke wat met ander woorde ‘verlof vriendelik’ is, met ‘n vliegkaartjie in die gatsak vir vakansiegangers se terugkoms. Met die wêreldbekende Durban slegs 16km weg, kan vakansiegangers uShaka mariene lewe geniet, die sogenaamde ‘Big swing’ oor Moses Mabida stadium en nog vele meer. Verblyf sluit ‘n modern hotel in Umhlanga in slegs stapafstand van die strand, restaurant en winkels. Pret, avontuur en natuurlewe!



GAAN BESOEK PORT ELIZABETH

Breek vir ‘n naweek weg en reis met die oornagtrein Vrydagmiddag vanuit Johannesburg na Port Elizabeth . Geniet wat die ‘Baai’ kan bied, kuier op die strande, besoek die besienswaardighede en vlieg weer Sondagmiddag terug na JHB. Akkommodasie is in ‘n hotel naby die strand. Die Oos Kaap se natuurskoon, wildlewe, PE se Nelson Mandelabaai Stadion en vriendelike mense is beslis ‘n besoek werd. JB Train Tours - Since 1975 bied ‘n verskeidenheid treintoerpakkette na verskeie bestemmings in Suider-Afrika aan. Kom reis vanjaar saam en beleef weer ‘n toer soos van ouds. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!



MOSAMBIEK, SWAZILAND & KRUGER WILDTUIN

Suid-Afrika se buurlande aan die Oostekant van ons land bied soveel vir toeriste om te sien, te ervaar en te geniet. Portugees-sprekende Mosambiek met sy pragtige kuslyn en vinnig groeiende ekonomie bied soveel ander dinge as die heuwelagtige Swaziland met sy vriendelike mense en mooi natuurskoon. ‘n Vinnige draai in die Kruger Wildtuin maak hierdie ‘n besonder insiggewende 9-dag bustoer vanuit Pretoria  & Johannesburg, asook vanaf OR Tambo lughawe (vir besoekers van elders in SA) Akkommodasie en etes, ‘n ervare gids, goeie bus en lekker atmiosfeer maak van hierdie toer een om lank te onthou.



BLOUTREIN - PRETORIA NA KAAPSTAD

‘n Bekostigbare 5-dag Trein- en Vliegtoerpakket teen ‘n spesiale sakpasprys slegs vir Suid-Afrikaanse burgers. Beleef die luuksheid en bederf van die Bloutrein op ‘n 3 dag-treinrit (nuut in 2019); word gepamperlang en eet & drink soos konings! Slaap twee nagte in Kaapstad in ‘n hotel, reis met die oopdekbus en besoek Kaapstad se besienswaardighede en vlieg terug na Johannesburg. JB Train Tours - Since 1975 bied ‘n verskeidenheid treintoerpakkette na verskeie bestemmings in Suider-Afrika aan. Kom reis vanjaar saam en beleef weer ‘n toer soos van ouds. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!


SUN CITY & BUFFELSPOORT VANUIT DIE KAAP

Gaan ry op die Magaliesberg se kabelkar, swem in Sun City se ‘Valley of the Waves’, geniet ATKV Buffelspoort se warmwater swembaddens en proe heerlike kaas by ‘n kaasfabriek. Besoek ook Montecasino in Sandton. Reis met die trein vanuit Kaapstad op hierdie 6-dag toer en vlieg terug na Kaapstad. ‘n Heerlike wegbreek na die Bosveld en omgewing. Twee etes per dag, goeie akkommodasie, ‘n Toergids wat saamreis, busvervoer na toeristebestemmings en pret is by die toerprys ingesluit. Kom reis vanjaar saam en beleef weer ‘n toer soos van ouds. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!



WEGBREEK NA MATJIESFONTEIN VANUIT KAAPSTAD

Besoek historiese Matjiesfontein vir twee nagte met ‘n treinrit vanuit Kaapstad na hierdie interessante dorpie en keer per bus terug. Gaan drink a sjerrie in die kroeg, loop deur die Motor- en Spoorwegmuseums, kuier in die pragtige tuine, ry op ‘n rooi dubbeldekker bus en oornag in die motel. Klim ook langs die roete op die trein. Hierdie naweek of midweek toerpakket is ideaal vir maatskappye wat klein groepies werknemers wil wegneem vir werk, spanbou, kuier, wegbreek, ens. Kom reis vanjaar saam en beleef weer ‘n toer soos van ouds. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!



BLOUTREIN –KAAPSTAD NA PRETORIA

‘n Bekostigbare 4-dag Trein- en Vliegtoerpakket teen ‘n spesiale sakpasprys slegs vir Suid-Afrikaanse burgers. Beleef die luuksheid en bederf van die Bloutrein op ‘n 27 uur oornag-treinrit; word gepamperlang en eet & drink soos konings! Slaap twee nagte in Sandton in ‘n hotel, besoek Montecasino en vlieg terug na Kaapstad. JB Train Tours - Since 1975 bied ‘n verskeidenheid treintoerpakkette na verskeie bestemmings in Suider-Afrika aan. Kom reis vanjaar saam en beleef weer ‘n toer soos van ouds. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!



UPMARKET TREINTOER NA SANDTON VANAF KAAPSTAD

Bederf jouself met ‘n oornag treinit op die ‘upmarket’ Premier Classe trein vanuit Kaapstad na Johannesburg oornag twee nagte in ‘n Sandton hotel, besoek Montecasino en vlieg na 4 dae terug na Kaapstad. Hierdie is ‘n ideale wegbreek vir paartjies of groepe vriende wat vinnig en volspoed in die Goudstad wil kuier. JB Train Tours - Since 1975 bied ‘n verskeidenheid treintoerpakkette na verskeie bestemmings in Suider-Afrika aan. Kom reis vanjaar saam en beleef weer ‘n toer soos van ouds. Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein!



KAAPSTAD NA KRUGER WILDTUIN TOER

Die Kruger Wildtuin bly vir enige Suid Afrikaner nog altyd 'n heerlike plek om te besoek. Hetsy om na die wild te kyk; of die natuur en stilte te geniet; of om met die ander reisigers te gesels. Die Wildtuin het nog steeds sy eie bekoring en derhalwe bied JB Train Tours jaarliks treintoere vanuit die Kaap soontoe aan, terwyl die Gautengers in Johannesburg by die bustoer kan aansluit. Hierdie 8-dag toer vanuit die Kaap (7-dag vanuit JHB) bring ook besoek aan die Panorama-roete se besienswaardighede, soos Bv: God's Window, Bourkes's Potholes, die 3 Rondawels en vele meer. Die Wes Kapenaars vlieg op die laaste dag terug na Kaapstad.


Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy