Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

VAKANSIEGIDS

Die Vakansie seisoen is hier, berge, riviere, see en die bosveld wag! Suid-Afrikaners se soektog na hulle vakansie of wegbreek begin hier! Ons het vir julle ‘n unieke Vakansiegids bymekaar gesit om julle beplanning 'n briesie te maak. Hierdie gids is gevul met besonderse wegbreek bestemmings, heerlike toere, idees vir die avontuurlustige vakansieganger, lekker resepte en vele meer. Neem 'n reis saam met ons!

ATKV OORDE

In sommige van die mooiste dele van ons land, lê sewe verruklike oorde waar gaste met ongekende gasvryheid verwelkom word. Elke oord is ’n veilige, ontspanne lushof waar jy jou kan tuismaak vir ’n onvergeetlike gesinsvakansie, jou droomtroue of ’n kulturele ontdekkingsreis! Al die oorde spog met gerieflike selfsorgverblyf, woonwaparke en luukse eenhede waarvan die graderings tussen twee- en vierster wissel. Daar is heerlike eetplekke, sonnige speelplekke, plekke vir salige ontspanning en aksie vir Afrika! Die oorde bied hope pret, soos minigholf, warm- en kouewater-swembaddens, waterwurms, muurbal- en vlugbalbane, springmatte, staproetes, perdry en baie meer vir oud en jonk. Dit is dus ware bekostigbare gesinsvakansies. Met pretnaweke en vakansies word goeie gesinsvermaak van hoë gehalte gebied wat beloof om almal se plesierspier te kielie. 


JB TRAIN TOURS

Kom ry weer lekker saam op n Vakansietrein! Wanneer laas het jy op ‘n oornagtrein in Suid-Afrika gereis en daarop geslaap? ‘n Treinrit en treintoer is heeltemaal anders. Daar word nie gejaag nie, mens het weer tyd om terug te sit en te ontspan, die natuur vanuit jou kompartement te geniet, die son te sien sak oor die Karoo se vlaktes en om weer treinkos te eet. Ons bied ‘n verskei-denheid treintoerpakkette na verskeie bestemmings in Suider-Afrika aan. Kom reis vanjaar saam en beleef weer ‘n toer soos van ouds. Die toere is veilig & lekker, met heerlike kos & goeie slaapplek in hotelle, lodges & vakansie-oorde. U ry net saam & ontspan. Geen lang motorbestuur, verdwaal, spoedkaartjies, verhoogde petrolpryse, slaapplek soek of sukkel nie. Met sommige toere word daar teruggevlieg.


GECKO INN (RICHARDSBAAI)

Gecko Inn is ’n lieflike gastehuis in Richardsbaai, KwaZulu-Natal wat stylvol en gemaklike, ruim kamers bied. Die gastehuis spog met 44 en-suite kamers en sluit van standard kamers tot ’n wittebrood suite (met ’n jacuzzi) in. Die kamers is toegerus met lugversorging, mikrogolfoond, kroegyskas en koffie fasiliteite. Daar is ook twee selfsorg eenhede wat bestaan uit drie slaap- kamers, sitkamer, vol kombuis, eet vertrek en swembad. Die eenhede is ideaal vir families en lang verblyf kliënte. Volledige ontbyt en aandetes wat buffet styl bedien word is beskikbaar, asook À la carte opsies wat reg deur die dag beskikbaar is, van ontbyt tot aandete. Daar is ook braai geriewe by die swembad en kroeg area beskikbaar vir die besoekers wat hulle eie vuurtjie wil aanpak.


TINYIKO KRUGER LODGE (MARLOTH PARK)

Is 'n wegbreek na Afrika se bosveld iets wat jy nodig het? Tinyiko Kruger lodge is ’n gastehuis geleë in Marloth park wat ’n unieke bewaringsgebied is en ’n tuiste bied aan talle wilds- en voël spesies. Gaste kan 'n intieme ontmoeting met die natuur geniet sonder om luuksheid op te offer. Tinyiko spog met 7 dubbelkamers om van te kies, almal met en-suite badkamers, privaat balkon en is toegerus met DSTV. Voëlkyk, piekniek, wild staptoere, fietsry roetes en wildritte in die Kruger Park is ’n paar van die vele aktiwiteite wat Tinyiko bied. Verder is daar perd & olifant safari’s in die naby-geleë omgewing om van te kies. Tinyiko Kruger Lodge is ideaal vir paartjies, families of 'n groep vriendewat Afrika se gesogte wild in hulle natuurlike habitat wil ervaar en die buitelug en natuur wil geniet.



HOUSE HIGGO (NORTHCLIFF)

Modern, elegant, romanties - House Higgo is ’n boetiek-gastehuis geleë in die gesogte, Noordelike voorstad, Northcliff. Dis ideaal vir gaste wat opsoek is na gerieflike, luukse en intieme verblyf naby verskeie geriewe. Verblyf word aangebied in 5 individueel versierde slaapkamers en 'n twee slaap-kamer kothuis. Elke kamer het 'n dubbelbed en 'n en-suite badkamer. Al die kamers beskik oor WiFi, sekere DStv-kanale. Ontbyt word in die eetkamer of op die stoep bedien. House Higgo het ook 'n swembad, en 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n kaggel en biblioteek waar gaste kan ontspan. Ons kan selfs intieme “just us” troues doen met alles wat jy benodig vir jou spesiale dag. Werk, plesier, ’n romantiese naweek weg of selfs as jy vinnig die knoop wildeurhak, hulle sal jou geleentheid spesiaal maak.


ROYAL MARLOTHI SAFARI LODGE (MARLOTH PARK)

Royale Marlothi Safari Lodge lê in die hartjie van Marloth Park, ’n natuurbewaring gebied op die rand van die Krugerwildtuin in Mpumalanga. Die vrede en rustigheid van die bosveld met sy eiesoortige bekoring laat ’n moeë gas behoorlik ontspan en agteroorsit om die sonsondergang te geniet. In Marloth Park loop die diere vrylik rond en gaste kan hul asems inhou vir ’n persoonlike ontmoeting met Zebras, Koedoes, Kameelperde, Vlakvarke, Rooibokke en Wildebeeste – veral as hul die are te voet verken! Akkommodasie sluit in netjiese chalets wat geskik is vir families, luukse kamers asook ’n drie slaapkamer gastehuis. Elke chalet het sy eie dek, plons poel en braai area waar gaste kan luister hoe die leeus in die nabygeleë  Wildtuin brul. Die 5 luukse kamers het elk ’n privaat braai area en deel die groot gemeenskaplike swembad met wonderlike uitsigte oor die bosveld. 



THE EIGHTEENTH PRINCE GRANT IN KZN

The 18th is op die ongerepte Prince's Grant Gholflandgoed aan KZN se Dolfyn kus geleë en bied die ideale kus wegbreek vir gesinne, vriende, gholf groepe of paartjies. Gerieflike selfsorg-verblyf word in woonstelle met 2 of 3 slaapkamers gebied. Elke woonstel het 'n volledige toegeruste kombuis, sitkamer, eetkamer, en suite-badkamers, komplimentêre toiletware, bad- en swem- handdoek, wasgoed geriewe en 'n stoep met braai-geriewe. Die landgoed bied veilige parkeerplek in motorhuise, 'n wêreldklas-gholfbaan, 'n swembad, tennis en muur-balbane, 'n speelarea vir kinders en eksklusiewe toegang tot die strand. Die prentjiemooi Indiese Oseaan en kuslyn het 'n subtropiese klimaat die heeljaar en is die ideale plek vir familie vakansies. Gaste kan vir die dag uitgaan op 'n vissersboot, gholf speel en op die strand ontspan. 


EHLATHINI GAME LODGE (LIMPOPO)

Ehlathini Game Lodge is geleë in die Waterberg area van Limpopo provinsie naby die klein dorpie, Marken. Die rustigheid en eiesoortige bekoring van die Bosveld-natuurskoon word hier in ’n unieke kombinasie met gesofistikeerde verblyf en diens ingespan om natuur-en wildkyk liefhebbers behoorlik te bederf. Akkommodasie sluit in drie stylvolle lodge kamers wat oor ’n pragtige tuin uitkyk. Daar is ook drie vrystaande chalets met selfsorg opsies en toegang na die boma waar gaste behoorlik saans kan vashaak om ’n kampvuur. Voeg hierby boma-aandetes onder die sterre, bos ritte op die plaas en wild kyk soos sebras, blouwildebeeste, kameelperde, rooibokke, koedoes en nog meer plus luilekker middae langs die swembad en rustige aande onder die helder Afrika sterrekoepel. Ongelukkig word geen kinders onder 12 toegelaat. Kinders 12 jaar en ouer sal die volle tarief kwoteer word.



MVURADONA SAFARI LODGE (MARLOTH PARK)

Mvuradona Safari Lodge is ’n intieme, grasdak-lodge wat keurig ingerig is om ’n luukse bos ervaring te skep. Daar is 7 eenhede wat ’n wittebrood-suite. Die lodge is perfek geleë in Marloth Park, enkele meters van die grensdraad af met die Krugerwildtuin en kyk uit op die Krokodilrivier. Die houtdek kyk uit oor die bosveld en is goed toegerus sodat gaste kan ontspan langs die swembad of in die leef area. Die wild loop vrylik rond in Marloth Park en gaste word gereeld verras met ’n besoek deur sebras, kameelperde, koedoes of rooibokke. Aandete is ’n intieme en spesiale affêre by Mvuradona. Die lodge bedien heerlike en heilsame maaltye wat in ’n rustige en romantiese atmosfeer genuttig word. Mvuradona bied ook wildritte aan in die Krugerwildtuin. Die rustige en gesofistikeerde lodge is ideaal vir paartjies wat die stilte van die bos uitsoek.



CASTELLO DI MONTE (GAUTENG)

Tussen die gejaag en lawaai van die besige Pretoria stad skuil ‘n juweel van ‘n plek. Castello Di Monte is ‘n toskaanse styl vyf-ster gastehuis. Die kamers spog met verskeie luukshede. Beloer die stadsliggies vanaf jou privaat balkon en vergeet sommer van kouevoete op ‘n wintersnag. Jou voete word warm gehou met ondervloer se verhitting. Hier kan jy trou beloof aan jou sielsgenoot, met wittebrood eenhede wat sal sorg dat jou bruid soos ‘n prinses voel. Ontspan en bederf haar selfs meer met ons verskeie spa behandelings. Ontbyt sal bedien word, en as jul selfs verder wil inlê kan daar beslis middagete asook aandetes gereel word. 


FOREST CREEK LODGE AND SPA (DULLSTROOM)

Forest Creek Lodge is elke natuurliefhebber en stiltesoeker se droombestemming. Oud of jonk, enkel, gesin of pasgetroud sal hier ’n betowerende wegbreek vind wat alles bied van staproetes, perdry en nabye besienswaardighede soos God’s Window, Sabie en die Nasionale Krugerwildtuin, tot sterrekyk,  spabederf, piekniek in die woud of bad in die bos. Jy kan kies uit verkwikkende verblyf in een van vyf luukse suites of vier selfsorgeenhede. Die Luxury suites bied opsies van afgesonderde private hoekies in die bos met koningsgrootte beddens en buitelugstorte tot kaggels in jou kamer en ’n bad groot genoeg vir twee met 'n asemrowende uitsigte. Die selfsorgeenhede bied ’n verskeidenheid slaapopsies perfek vir paartjies, gesinne of ’n naweek saam met vriende. 


SWADINI A FOREVER RESORT (MPUMALANGA)

Swadini is 'n Forever-oord wat sowat 35 km vanaf Hoedspruit in Mpumalanga en slegs 75 km vanaf die Krugerwildtuin geleë is. Hier, tussen die Blyderivier-natuurreservaat en die dramatiese pieke van die Drakensberge, kan gaste op die oewer van die onsagwekkende Blyderivier ontspan.'n Wegbreek na Swadini bied jou die geleentheid om eksklusiewe bootuitstappies op die Blydedam te geniet, seekoeie en krokodille van naderby te besigtig en die bekende Tufa-waterval, die Bourke's Luck Potholes, Pinnacle en Mac-Mac watervalle en God's Window is ook binne trefafstand. Geniet jou wegkomkans met 'n verskeidenheid avontuuraktiwiteite. 



RIVERSTONE LODGE (MULDERSDRIFT)

Slegs ’n klipgooi vanaf Lanseria lughawe, neffens die Wieg van die Mensdom, wag ’n stukkie lafenis vir jou siel. Ontsnap uit die stad na Riverstone Lodge in Muldersdrift - ’n onvergeetlike oase langs die wal van die Krokodilrivier. Riverstone Lodge bied 51 pragtige ruim kamers omring deur prentjiemooi tuine en koi-dammetjies. Opsies vir akkommodasie sluit in 12 Executive suites met ’n private balkon, ’n Superior suite met ’n private plaspoel en tuin, Junior suite met ’n private plaspoel, ’n rolstoelvriendelike familie opsie en 36 standaard kamers met ’n patio wat jou uitlei na die swembad. Besoek ons Driftwood Restaurant vir ’n rustige aandjie uit met ’n tikkie Portugal!


THE PICNIC PANTRY (GAUTENG)

Luilekker middae in die park of oggende op die strand, familie uitstappies berg-op of onder ’n koelteboom - wat is ’n meer perfekte pasmaat vir hierdie prentjie as ’n piekniekmandjie? Nou hoef jy nie eers twee keer te dink oor wat om in te pak nie, want The Picnic Pantry staan gereed om die beste spyskaart vir jou onvergeetlike herinneringe te bied. Hetsy twee, 20 of 200 mense, hierdie is ’n pret bederf-opsie vir troues, ’n ooievaarstee, verjaarsdagpartytjie, spanbou, verlowing, vergadering of jaareindfunksie. Wat ookal jou smaak of begroting, hier vind jy alles vir jou groot geselligheid - spys en drank, komberse, mandjies, kussings en dekor, selfs bio-afbreekbare woefkardoese. The Picnic Pantry lewer af of jy kan jou partyjiepakkie by hulle kombuis in Chartwell North Estates, Gauteng afhaal.


MAGALIESBERG CANOPY TOURS (NOORD-WES)

Om weer soos 'n kind te voel is nie net goed vir jou gesondheid nie, maar belangrik. Magaliesberg Canopy Tours beloof om hierdie kind-wees sommer vinnig in enige persoon op te wakker. Die toere, slegs 'n uur en 'n bietjie van Jhb en Pta, vat jou deur die geskiedenis van een van die wêreld se oudste bergreekse. 'n Stop hier, voor die toere weer deur die Ysterhout kloof zoom is wat hierdie ekskursie so lekker en uniek maak. Plante, diere en voëlspesies loer van alle kante terwyl die natuur jou hart bekoor. Magalies Canopy Tours is goed toegerus vir spanbou, familiepret en 'n lekker wegkom van die alledaagse af. Die ekskursie word afgerond met 'n 4X4 rit sowel as 'n ligte ete en verversings. Magalies Canopy Tours is 'n moet vir enige avontuurlustige vakansieganger.


LA DOLCE VITA GUEST HOUSE (HARTBEESPOORT)

'n Romantiese naweek gevul met Italiaanse invloed. Romantiese bootritte, golf, kabelkarretjies en lugballon ritte is 'n handjievol van aktiwiteite wat jou naweek sommer vinnig-vinning sal inkleur. Kom ontspan gerus tussen die wit linne en borrelbaddens terwyl jy sluk-sluk aan jou keuse van champagne die son sien sak oor die horison. Kom neem die beste van 'n onvergeetlike naweek saam jou geliefde. Romantiese naweek pakette of selfs in die middel van die week is La Dolce Vita gereed vir fine dining, vriendelike gasvryheid, luukse kamers, bootritte, spa/borrelbad geriewe wat oor die dam uitloer terwyl jou kamer versier is met aromaterapie mandjies. 


PALALA BOUTIQUE GAME LODGE &SPA (LIMPOPO)

Die prentjiemooi Palala Boutique Game Lodge & Spa, slegs ‘n uur noord van Lephalale, is enige vakansieganger se droom. ‘n Oneindigende mengsel van asemrowende uitsigte,  terwyl jy in die swembad ‘n kelkie geniet, die alles met die gebrul van leeus in die Afrika bos. Verder bied Palala wildsritte wat deur professionele gidse gekoordineer word, staproetes en visvang op die oewer van die magtige Limpopo rivier. Palala spog met nie minder as 300 veskillende spesies voëls, en terwyl die ouers die voëls bekruip, kan die kinders hulself besig hou in by die vermaak sentrum. Verblyf is ontwerp met slegs een doel voor oë: luuksheid, badkamers en alleenstaande baddens. Palala is toegerus vir paartjies se groot dag, konferensies en spa, perfek vir enige droom vakansie. 


BADPLAAS A FOREVER RESORT (MPUMALANGA)

Hierdie bekroonde Mpumalanga oord is geleë in die Emanzana Natuurreservaat, en is bekend vir sy warm mineralebron, en is slegs 2.5 uur se ry van Gauteng af. Akkomodasie behels 48 hotel-kamers, 161 selfsorg chalets en 300 karavaanstaanplekke wat toegerus is met kragpunte. Die kamp bied uiters netjiese ablusie fasiliteite, wat ook ‘n fasiliteit vir gestremde persone insluit. Die natuurreservaat kan verken word deur te bespreek vir een van ons gewilde wildritte, u kan dit ook in u privaatvoertuig, of selfs te perd verken. Die reservaat het talle bok en voëlspesies, sowel as kameelperde. Vir jou ontspanning kan jy kies uit die talle watersport-geriewe, soos waterglybane, die Rinkhals, sowel as mineraalwater warm en koue swembaddens. 



HOOGLAND SPA FAMIELIE OORD (BELA BELA)

Hoogland Spa familie-oord is geleë in Bela-Bela, Limpopo se alombekende toerismekern en gewilde wegbreekbestemming. Hier kan gaste tuisgaan in heerlike selfsorg-chalets met al die geriewe wat mens nodig het vir 'n lekker wegbreek met jou gesin. Dit sluit volledig toegeruste selfsorgkombuise, privaat braai-geriewe, lugversorging, DStv-hotelpakkette en toegang tot 'n ontspanningsarea in waar besoekers kan afkoel in die swembad, of meeding in pool, tafeltennis en foosball. Gaste kan ook ontspan in die verhitte plonsbad of ‘n ontspannende mastering of gesigbehandeling bespreek by die spa. Die oord bied ook gratis wifi aan vir gaste. Naby attraksies sluit in; wildsritte, krokodilpark, Waterberg zipline canopy toer, perdry, staproetes, 3 golfbane en nog vele meer.



B'SORAH LUXURY TENTED CAMP (NOORD-WES)

B'sorah is die tuiste van 'n luukse tentkamp en rustieke kampeerplekke, omring deur die  natuurlike landmerke van die Magaliesberge. Ons omgewingsvriendelike toevlug is perfek vir gaste wat die toerisme-aantreklikhede en geluide van die gebied wil verken, of die plaas te voet of per fiets wil verken. Natuur paradys waar jy kan ontspan. Die Hartbeespoort Dam en naby besienswaardighede, wat die Elephant and Monkey Sanctuary, die Ann van Dyk Cheetah Sentrum en Bill Harrop se ballon-ritte insluit, is almal naby. Na ‘n opwindende dag van verkenning, kan jy terugkeer na die gemak van jou eie privaat safari tent en luister na die kwartels se roep terwyl die son sak – die perfekte manier om die aand om die vuur te begin. B’sorah is die perfekte plek om die fyner dinge in die lewe te waardeer.


THABA KHAYA (MABALINGWE) NOORD-WES

Thaba Khaya, 'n 4 500 hektar paradys geleë in die hartjie van die bekroonde Noord-Wes provinsie. Hierdie vier-ster lodge is gerieflik in 'n malaria vrye area geleë en slegs 'n 90 minute rit vanaf Johannesburg. Thaba Khaya bied verblyf vir slegs 16 gaste sorg vir 'n private en afgesonderde naweek tussen die prag van koorsbome en watergate wat oorloop met wild. Verblyf sluit volle etes voorberei deur 'n professionele chef in sowel as die gebruik van sekere aktiwiteite wat Thaba Khaya bied. Aktiwiteite by Thaba Khaya is onder meer kookkursusse in die bosveld, wildsritte, voëlkyk, lugballon ritte en vele meer. Thaba Khaya is perfek vir 'n romantiese naweek weg, 'n naweek van rus sonder om te  bekommer oor die volgende maaltyd, 'n vakansie saam die familie of 'n retreat om weg te breek van die stad se gedruis. 



PLETTENBERG A FOREVER RESORT (WES KAAP)

Plettenberg A Forever Resort is gelee in ‘n Natuur Reservaat, 4km vanaf die naaste dorp Plettenberg Baai. Die oord beskik oor selfsorg, hout of steen eenhede, met een, twee of drie slaapkamers. Ook 116 staanplekke, waarvan 9 staanplekke DSTV punte bied – gaste bring net hul eie dekodeerders saam. Uit die 116 krag staanplekke kan ons gaste kies uit grond, gras, skadu ryke, son, berg, rivier of geplaveide staanplekke. Langs die Keurbooms rivier verwag mens ook  water aktiwiteite waarvan die oord die volgende aanbied: 5 perde krag motor bootjies, trap-bootjies, kanoes en Ferry ritte van (max 12 persone) wat stadig rivier op beweeg vir onglelooflike mooi rivier en berg ervarings – as jy die dag gelukkig is sal jy dalk die rob wat hier rond kuier ook sien. Die Oord beskik oor twee koue water swembaddens, springmatte, speelparkies, putt-putt en ‘n vlugbal baan.


GARIEP, A FOREVER RESORT ( VRYSTAAT)

By die Gariep Forever Resort sal jy ’n oase vind wat verkwikking en vermaak bied aan oud en jonk. Hierdie is jou perfekte halfpad-afpakplek tussen Gauteng en die Kaap, naby die N1 en 180km Suid van Bloemfontein. Die oord bied 44 chalets, met onderskeidelik twee- of drieslaapkamers, sowel as 12 chalets met ’n prentjiemooi uitsig oor die Gariepdam met ’n opsie vir een- of tweeslaapkamers. Kom kuier ook sommer met jou woonwa om die grootste dam in Suid-Afrika - daar is 106 staanplekke met twee gedeelde ablusiegeriewe en 16 staanplekke met private ablusiegeriewe. As jy nie lus is vir kosmaak nie is The Quenna Bistro op jou voorstoep, met ’n dek perfek vir die kleinspan. Stap dan verder vir aktiwiteite al die pad van bergfietsry, visvang en staproetes tot piekniek, swem en tennis. 



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy