Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

WEGBREEKGIDS

Van luukse akkomodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf, vakansieoorde, kampeerplekke, hotelle, lodges, romantiese wegbreek, spa avontuur, ontspanning, buitelewe en vele meer! Ons bied die perfekte spyskaart van spesiale pakkette en onvergeetlike avonture wat elke sak en smaak pas.

TSITSIKAMMA LODGE & SPA (OOS KAAP)

Geleë aan die voete van die skilderagtige Tsitsikamma-bergreeks in die dorp Stormsrivier in die Oos-Kaap. Hout vanuit die plaaslike bos is gebruik om dié spesiale lodge, met losstaande houthutte van verskillende groottes, te bou. Die houtstomp-afwerking skep ‘n ongekunstelde gevoel aan die binnekant van die 32 goedtoegeruste houthutte, wat elk met ‘n spa-bad, privaatdek en braaifasiliteit toegerus is. ‘n Pragtige swembad, nabygeleë bergstrome en ‘n verkwikkende spa-ervaring bied ‘n onvergeetlike lafenis,  terwyl ‘n potjie tafeltennis in die speletjieskamer of ‘n staproete op een van die talle voetslaanpaaie nie te versmaai is nie. Gaste kan kies en keur uit van die heerlike geregte op die spyskaart van die restaurant, ‘n braai op die dek of ‘n self-voorbereide ete in ‘n houthutkombuisie.


HALYARD HOTEL AND SPA (PORT ALFRED)

Halyards Hotel en Spa is geleë in prentjiemooi Port Alfred se spesiale Royal Alfred Marine. Die waterfront setting is perfek vir enige sosiale funksies wat strek van besigheids funksies tot romantiese troues. Die hotel het 49 kamers wat almal ensuite badkamers het en ook 'n pragtige balkon waarvan meeste van hul uitkyk op die rustige waterfront marina. Kom geniet 'n luukse wittebrood suite na die “ja-woord” gesê was,  wat jul aand op die regte romantiese noot sal laat eindig. Die hotel is perfek vir families en besigheids persone. Haylards is ook bekend vir hul weeklikse Saterdagaand seekos spyskaart en Sondag middagetes. Die spa is ook op die perseel, wat tone sal laat krul van lekker. Genoeg ontspan en opsoek na bietjie avontuur? Boot trippies is beskikbaar wat jou sommer vinnig lewendig sal laat voel.



DE ZEEKOE (OUDSHOORN)

‘n Wegbreek by De Zeekoe buite Oudtshoorn in die Klein Karoo is 'n perfekte geleentheid om die natuurskoon en stilte van die Karoo te kom geniet. De Zeekoe het drie volledig toegeruste luukse kothuise wat ‘n wegbreek in die Karoo ‘n luukse ervaring bied. Die eenhede is selfsorg en kom met al die luukshede wat verwag kan word; mini-kroeg, gratis Wifi, lugversorging wat koud gaan in die warm dae en warm gaan in die koue nagte en selfs ‘n binne- en buite braai. Daar is ook ‘n swembad vir die eksklusiewe gebruik vir die kothuise se inwoners om af te koel. Ontbyt word soggens bedien in die hoof restaurant en daar is ‘n groot verskeidenheid om van te kies. Daar is piekniek areas, wildritte, fiets-ry roetes, kanovaart en bring jou eie visvang gereedskap en jy kan ‘n lyntjie in die water gooi.


RITSAKO GAME LODGE (DINOKENG)

Ritsako Game Lodge is 'n nuwe en opwindende Lodge binne in die Dinokeng Groot 5 natuur reservaat slegs 45 kilometer Noord van die Jakaranda stad. Ritsako spog met 19 luukse volle toegeruste eenhede wat Ontbyt insluit ,dit alles met 'n privaat swembad op jou agterstoep waar die wild sommer  naby aan jou eenheid pronk. Verkies jy eerder self kos te maak? Ritsako bied ook selfsorg eenhede wat perfek is vir Families, paartjies, vriende of enige iemand wat wil ontsnap vanaf die daaglikse gejaag. Heerlike disse word daagliks aangebied soos ontbyt , middagete asook aandete. Ritsako, 'n game lodge vir ieder en elk. 


SPIRAL HORN SAFARI (THABAZIMBI)

Spiral Horn Safaris is n privaat wildsplaas gelee in die pragtige Limpopo Bosveld. Spiral Horn Safaris spog met 2 van die groot 5 en ander diere soos Kameelperde, Springbokke, Zebras, Swartwitpense en Tessebes kan ook hier gesien word. Self- Game Drives word toegelaat en op eie risiko gedoen. Kom braai op egte bosveld hout en geniet die natuur. Ons bied aktiwiteite aan soos Kleiduif skiet, voëlkyk, wildritte ens. Spiral Horn Safaris beskik oor 4 En-Suite Grasdak Rondawels wat in totaal n maksimum van 12 mense kan akkommodeer. Die gemeenskaplike kobuis is ten volle toegerus met gas stoof, yskas, vrieskas en breekware. Die stylvolle eetkamer kan 12 mense sit. Die kroeg en TV kamer is gerieflike gelee teen die boma vir lekker kuiers om die vuur. 


THABA MONATE (BELA BELA)

Thaba Monaté is geleë in die prentjiemooi Waterberge, net duskant Bela-Bela in die Limpopo-provinsie. Hierdie besonderse lodge bied gaste die geleentheid om tuis te gaan in safari-tente, chalets en kampeerplekke in Rooibok- en Nyala Park. Die vrystaande chalets kyk uit oor die omringende berge, en bied selfsorg-akkommodasie in 2- of 3-slaapkamer uitlegte met 'n kombuis, woonkamer, braai-area en buitelugdek elk. Rooibok- en Nyala Park is nommerpas vir natuur-liefhebbers met hul eie kampgereedskap wat netjiese staanplekke met ablusiegeriewe verkies; terwyl die toegeruste safari-tente 'n goeie opsie is vir diegene wat net wil opdaag en uitkamp sonder om af te pak. Maak nie saak watter opsie jy kies nie, jy kan seker wees van 'n verkwikkende wegbreek in 'n wonderskone omgewing. 


WATERFALL SAFARI LODGE (MIDDELBURG)

Die vreedsame bosveld ligging gemeng met die warm gasvryheid van die vriendelik personeel is wat Waterfall Safari Lodge so besonders maak. Waterfall Safari Lodge is deel van die Forever Resorts groep wat bekend is vir onvergeetlike bekostigbare vakansies, enige tyd van die jaar. Besoekers aan die Lodge kan uitsien na ‘n avontuurlustige 4x4 roete, ‘n asemrowende piekniek langs die beeldskone waterval en die idiliese rotsswembad waarin besoekers lekker kan afkoel in die somermaande. Van lekker gesinsvakansies tot ‘n romantiese troues. Waterfall Safari Lodge beskik ook oor ‘n aangename en baie gewilde restaurant, 6 slaper gastehuis en karaktervolle houteenhede wat slaapplek bied vir twee tot vier gaste. Die kampeerterrein is slegs vir 4x4 karavane, klein en intiem waar jy die naggeluide nog suiwer kan hoor.


LOSKOPDAM (MIDDELBURG) MPUMALANGA

As dit by keuses kom bied Loskopdam jou genoeg van alles – van verblyf, swembaddens, vermaak en kos tot aktiwiteite, sport en die natuur. Loskopdam is ‘n Forever Resort wat bekend is vir onver-geetlike bekostigbare vakansies, enige tyd van die jaar. Met verblyf opsies wat houthuise, chalets, familiehuise en kampeerplek insluit is daar regtig iets vir almal se doel en begroting. Kinders sal nooit verveeld wees nie – daar is ‘n minigholfbaan, ‘n tennisbaan, verskeie klimrame, swaaie, swem-baddens, pooltafel en bootritte. As jy daarvan hou om op die oewer van ‘n dam saligheid te vind, gaan jy mal wees oor die opsies by Loskopdam. Gaste kan naby die dam kampeer op staanplekke toegerus met krag om tot laataand ‘n vissie te kan vang. Loskopdam is slegs twee-en-‘n-half ure se ry van Johannesburg af wat die ligging ideaal maak vir ‘n heerlike wegbreek.




BEACH FOREST LODGE (BALLITO)

Slegs 400 meter vanaf Ballito se strande, met uitkyke oor die tropiese woude eg aan Suid-Afrika se Suidkus, bied Beach Forest Lodge 'n vakansie wat nie vinnige vergete sal gaan nie. Selfsorgeenhede, elk met private ingang, patios, braai areas en swembaddens bied enige vakansieganger 'n welverdiende ruskansie. Alle eenhede is toegerus met DSTV, lugverkoeling en Wi-Fi. Slegs 13km's vanaf King Shaka internasionale lughawe, 'n katspoegie vanaf die restaurante en winkels sorg dat hierdie sentraal gelee paradys rus vir enige siel sal bied. Naby gelee aktiwiteite sluit golf, diepsee duik, snorkel, perdritte, mountain bike roetes en nog vele meer in. Hierdie bestemming is perfek vir 'n familie vakansie of 'n romantiese wegbreek.



LIGNA LODGE (SABIE)

Ligna Lodge is geleë in die Sabie vallei aan die oewer van die Sabie rivier en is omring deur die asemrowende Drakensberg reeks.  Ligna bied bekostigbare akkommodasie en beskik oor selfsorg kothuise, luukse rivier suites en hotelkamers. Vriendelike personeel is altyd gereed om u te ontvang. Geniet heerlike etes by die restaurant, langs die swembad of reel ‘n piekniek mandjie en ontspan in die natuurskoon langs die Sabie rivier. Gaste het toegang tot bergfiets en wandel roetes in die nabye woude, magiese watervalle en vele meer. Slegs 65 km vanaf die Phabeni-hek in die Kruger Nasionale Park maak Ligna Lodge die perfekte plek vir u volgende wegbreek naweek of vakansie.


THE 18TH PRINCE'S GRANT (KZN) BALLITON

Aan die skilderagtige Dolfynkus van KwaZulu-Natal (naby Ballito) lê The Eighteenth at Prince’s Grant, ‘n élite boetiek vakansiewoonstelkompleks binne ‘n bekroonde gholflandgoed. Slegs 45min van die King Shaka Internasionale Lughawe. The Eighteenth het ‘n kontemporêre afwerking wat uitstekend met die landelike omgewing ineensmelt om die perfekte venue vir enige geleentheid te bied: van ‘n romantiese huweliksretraite tot ‘n ontspanne gesinsvakansie of familiewegbreek. Akkommodasie sluit in twee- en drieslaapkamerwoonstelle met ‘n asemrowende see- en gholfbaan-uitsig wat ook toegang tot ‘n ongerepte strand bied.



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy