Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

WES-KAAP WEGBREEK

Vriendelik ontmoet die Indiese en Atlantiese oseaan in 'n warwoel tussen wêrelde wat een word. Toeriste stroom nader om hierdie te aanskou, net om vandaar na die volgende wêreldbekende aantreklikheid te migreer. Ja, hierdie is die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika. Tuiste van een van die sewe natuurlike wonders van die wêreld, Tafelberg, wat harte van Suid-Afrika bekoor. Hiervandaan loer 'n mens oor na Robben Eiland, aanskou die unieke fauna en flora fynbos wat die hange inkleur op 'n spesiale wyse. Asof dit nie genoeg is nie, is die N2 roete langs die kus af een van Suid-Afrika (indien nie die wêreld) se aantreklikste reisigers pad met berge wat pronk aan die een kant en branders wat bulder aan die ander kant. Al hierdie met 'n sterk Kaap-Hollandse invloed wat enige vakansieganger terugneem na 'n wêreld gevul deur ontdekking.

DE ZEEKOE (OUDSHOORN)

‘n Wegbreek by De Zeekoe buite Oudtshoorn in die Klein Karoo is 'n perfekte geleentheid om die natuurskoon en stilte van die Karoo te kom geniet. De Zeekoe het drie volledig toegeruste luukse kothuise wat ‘n wegbreek in die Karoo ‘n luukse ervaring bied. Die eenhede is selfsorg en kom met al die luukshede wat verwag kan word; mini-kroeg, gratis Wifi, lugversorging wat koud gaan in die warm dae en warm gaan in die koue nagte en selfs ‘n binne- en buite braai. Daar is ook ‘n swembad vir die eksklusiewe gebruik vir die kothuise se inwoners om af te koel. Ontbyt word soggens bedien in die hoof restaurant en daar is ‘n groot verskeidenheid om van te kies. Daar is piekniek areas, wildritte, fiets-ry roetes, kanovaart en bring jou eie visvang gereedskap en jy kan ‘n lyntjie in die water gooi.



BLEU COBALT FRANSCHHOEK

Franschhoek is ‘n unieke dorpie wat nie net asem rowend mooi is nie, maar ook van die wêreld se bekendste wynplase huisves. Dis nie sommer elke plek wat gaste verwelkom met ‘n plaaslike bottel wyn nie, maar dis presies wat die selfsorg Bleu Cobalt Cottage vir elke gas aanbied. Natuurlik gaan dit gepaard met gerieflike verblyf vir twee gaste wat uit een slaapkamer, een bad-kamer, ‘n oopplan kombuisarea asook leefarea bestaan. Die slaapkamer bied ‘n dubelbed met deure wat uitloop tot in die romantiese tuintjie en privaat swembad waar ontspanning aan die orde van die dag is. Franschhoek is slegs ‘n uur se ry van Kaapstad af en spog met restaurante en wynplase waar ‘n wynproe sessie vining in ‘n lewenservaring verander. Bleu Cobalt Cottage in Franschhoek dien as die perfekte basis om ander dorpe in die omgewing soos die Paarl en Stellenbosch ook te besoek.


KAPENSIS GASTEHUIS ( PRINGLE BAY)

Uitsigte oor berge en die see wat myle strek, spasie en stilte wat jou weer laat asem skep, en ‘n elegante luuksheid wat jou die fyner dinge in die lewe laat waardeer. Dis waarna jy kan uitsien by die vier ster Kapensis Gastehuis aan die beelskone Weskus van Suid-Afrika. Die agt kamers is almal en-suite met privaat toegang na die binnehof met sy sprankelende swembad. Hier word jy nie net met die natuurskoon en luukse slaapgeriewe bederf nie, maar ook braaigeriewe as jy self ‘n vleisie op die kole wil sit. Die restaurant bied ‘n groot verskeidenheid heerlike disse aan en die etes word met plaaslike bestanddele gemaak. Kapensis Gastehuis is voorwaar ‘n luukse oase wat net buite Pringlebaai op ‘n fynbosplaas van 8.5 hektaar geleë is.



RIVER EDGE (BREEDE RIVIER) WES-KAAP

Is jy en jou gesin gaande oor die buitelewe? Dan is River Edge nommerpas vir julle volgende wegbreek. Hierdie besonderse akkommodasie bestemming is geleë sowat 'n uur se ry vanaf Kaapstad, tussen Wolseley en Worcester op die R43. Hier kan jy teen die oewer van die lowerryke Breede Rivier tuisgaan in pragtige kothuise of kampeer in 'n ten volle toegeruste kampeerterrein. Die rivierhuisies is uit klip gebou en bied luukse akkommodasie in verskillende konfigurasies wat geskik is van groepe van 6 tot 10 vakansiegangers. Die huisies beskik oor elk oor 'n oopplan-kombuis, 'n leefarea met 'n kaggel, sowel as 'n stoep met 'n jacuzzi en 'n buitebraai - perfek vir skemerkelkies terwyl jy uitkyk oor die rivier. 


CLUB MYKONOS (LANGEBAAN) WESKUS

Club Mykonos strandoord in Langebaan is 'n stukkie outentieke Griekeland aan die Kaapse Weskus. Hierdie gesinsvriendelike bestemming is geleë op die rustige oewer van die skilderagtige Langebaan-strandmeer en bied 'n unieke opsie vir familie-vakansies, konferensies, spesiale geleenthede en nog meer. Die oord bied gaste die opsie van drie smaakvolle akkommodasie aanbiedinge, wat die drie-ster Athenian Cascades en Terraces-eenhede, sowel as die vier-ster Preferred-eenhede insluit. Daar is ook 'n wye verskeidenheid van dinge om te sien om te doen - doen aan by die casino om jou geluk op die proef te stel, ry vierwielmotorfiets saam met die kinders, geniet 'n seekosmaaltyd by een van die oord se liplek-restaurante of spandeer die dag op die strand. Die opsies is eindeloos by Club Mykonos!



PLETTENBERG A FOREVER RESORT (PLETTENBERG)

Plettenberg A Forever Resort is gelee in ‘n Natuur Reservaat reg langs N2 sowat 4km vanaf die  naaste dorp Plettenberg Baai. Die oord beskik oor 29 selfsorg, hout of steen eenhede, met een, twee of drie slaapkamers. Ook 116 staanplekke, waarvan 9 staanplekke DSTV punte bied – gaste bring net hul eie dekodeerders saam. Langs die  Keurbooms rivier verwag mens ook water aktiwiteite waarvan die oord die volgende aanbied: 5 perde krag motor bootjies, trapbootjies, kanoes en  Ferry ritte van (max 12persone) wat stadig rivier op beweeg vir onglelooflike mooi rivier en berg ervarings. Menige hengelaars sal ook vir ons kom kuier, om steenbras, granter en leervis te vang. Die Oord beskik oor twee koue water swembaddens, springmatte, speelparkies, putt-putt en ‘n vlugbal baan.


BLUE BAY LODGE AND RESORT (SALDANHA)

Blue Bay Lodge in Saldanha is gretig om jou te bederf. By die lodge sal jy skoonheidssalon, ‘n restaurant, speelarea vir die kinders asook tennisbane vir die aktiewe vakansieganger kan vind. Die lodge het verskeie verblyf opsies: Lodge kamers, “suite” kamers, chalet fasiliteite & cottages wat uitkyk op die see of pragtige tuin. Hier is wraggies iets vir almal. Vrede en rus sal jy ervaar wanneer jy jou troudag by Blue Bay Lodge hou. ‘n Opelig seremonie met die see as agtergrond is waar jy en jou verliefde trou beloof terwyl daar ook ‘n cobble stone binnehuise plan B is as die reën seëning bring op jul groot dag is.  Daar is ook konferensiekamers en areas vir spanbou beskikbaar.  Kom bou onvergeetlike herhinneringe by Blue Bay Lodge.



WILDEHONDEKLOOF (OUDSHOORN) WES-KAAP

‘n 4000 Hektar Game Lodge wat sagkuns op die oog val naby geleë  aan Oudsthoorn, Wes-Kaap, met 8 luukse kamers en 1 privaat luukse suite wat uitloer oor die Swartberge. Elkeen van hierdie luukse kamers is toegerus met lugverkoeling sowel as en-suite badkamers. Klink dit nie na die perfekte vakansie nie? Wildehondekloof is ‘n bestemming soos geen ander. Met uitsigte oor berge en riviere belowe ‘n vleisie oor die kole om ‘n permanente indruk op enige vakansieganger te maak. Verniet Wi-Fi stel besigheidsmanne in staat om Wildehondekloof ten volle te gebruik vir ‘n wegbreek konferensie, terwyl diè bestemming ook perfek is vir ‘n romantiese wegbreek. Kom geniet die Wes-Kaap by Wildehondekloof, dit beloof om ‘n ervaring van ‘n leeftyd te wees.



WHALESONG HOTEL & SPA (PLETTENBERG)

Die juweel van die Tuinroete. Die familie-vriendelike Whalesong Hotel & Hydro staan soos 'n seer oog uit in die hartjie van Plettenbergbaai se Tuinroete. Die strandtema is duidelik sigbaar in die 24 kamers met luukse en-suite badkamers die wit en blou van die see weerspieël. 18 van die kamers het hulle eie privatehoutdek wat gaste 'n blik gee op die Keurbooms-kuslyn, Tsitsikammaberg-reeks en die eindelose diep blousee. Die voordeelvan Whalesong is dat alles binne stapafstand is. 'n Top gehalte restaurant, Whales Restaurant, is op die perseel geleë en trek onmiddellik aandag met sy panoramiese uitsigte en smullekker seekos-geregte. Net 'n klipgooi van die restaurant sal jy The Greenhouse Hair Salon & Spa vind, 'n plek wat bekend is in die omgewing vir pamperlangsessies.



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy