Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

WINTER WEGBREEK. SPESIALE AANBIEDINGS.

Winter is hier, maar dit beteken beslis nie jy moet tuisbly nie! Met die koeler weer wat sorg vir kraakvars oggende en luilekker middae voor die kaggel, is die wintermaande die perfekte tyd om tyd saam met vriende en familie te spandeer. @VakansieplekkeSA het wyd en suid gaan soek om die lekkerste winter-bestemmings, wegbreekgeleenthede en spesiale aanbiedings te vind. So trek aan daai stewels, wikkel jou toe in jou snoesigste jas en val saam met ons in die pad om 'n ware winter-avontuur na te jaag!

DE ZEEKOE (OUDSHOORN) BESPREEK 3 NAGTE EN KRY 1 NAG GRATIS.

De Zeekoe is net 7 km buite die dorp van Oudtshoorn. Geniet luukse bed en ontbyt kamer opsies by die hoofhuis of die drie volledig toegeruste luukse kothuise. Die eenhede is selfsorg en kom met al die luukshede wat verwag kan word; mini-kroeg, gratis Wifi en lugversorgin en selfs ‘n binne- en buite braai. Daar is ook ‘n swembad vir die eksklusiewe gebruik vir die kothuise se inwoners om af te koel. Hier is ook hope aktiwiteite waarmee jy jou kan besig hou wanneer jy moeg raak van ontspan. Daar is piekniek areas, ‘n sout water swembad, fiets-ry roetes, kanovaart en bring jou eie visvang gereedskap en jy kan ‘n lyntjie in die water gooi. Ontspan in ons nuwe spa, of stap saam op ons  privaat voëltoere.


TSITSIKAMMA LODGE & SPA (OOS KAAP) SLEGS R500PP BED EN ONTBYT

Geleë aan die voete van die skilderagtige Tsitsikamma-bergreeks in die dorp Stormsrivier. Hout vanuit die plaaslike bos is gebruik om dié spesiale lodge, met losstaande houthutte van verskillende groottes, te bou. Die houtstomp-afwerking skep ‘n ongekunstelde gevoel aan die binnekant van die 32 goedtoegeruste houthutte, wat elk met ‘n spa-bad, privaatdek en braaifasiliteit toegerus is. ‘n Pragtige swembad, nabygeleë bergstrome en ‘n verkwikkende spa-ervaring bied ‘n onvergeetlike lafenis,  terwyl ‘n potjie tafeltennis in die speletjieskamer of ‘n staproete op een van die talle voetslaanpaaie nie te versmaai is nie. Gaste kan kies en keur uit van die heerlike geregte op die spyskaart van die restaurant, ‘n braai op die dek of ‘n self-voorbereide ete in ‘n houthutkombuisie.


BLEU COBALT FRANSCHHOEK - KRY 20% AFSLAG. JUNIE/JUNIE

Franschhoek is ‘n unieke dorpie wat nie net asem rowend mooi is nie, maar ook van die wêreld se bekendste wynplase huisves. Dis nie sommer elke plek wat gaste verwelkom met ‘n plaaslike bottel wyn nie, maar dis presies wat die selfsorg Bleu Cobalt Cottage vir elke gas aanbied. Natuurlik gaan dit gepaard met gerieflike verblyf vir twee gaste wat uit een slaapkamer, een badkamer, ‘n oopplan kombuisarea asook leefarea bestaan. Die slaapkamer bied ‘n dubelbed met deure wat uitloop tot in die romantiese tuintjie en privaat swembad waar ontspanning aan die orde van die dag is. Gaste kan in gemak aansit by die twee sitplek tafel, ontspan voor die groot TV en die gratis Wi-Fi gebruik. Vir gaste wat vir drie of meer aande oorbly word ‘n ontbyt bewys gratis verskaf. 


RIVONIA BED & BREAKFAST (SANDTON) KRY 15% AFSLAG VANAF 25 MEI - 30 JUNIE

Rivonia B&B is werklik ‘n stukkie landelike paradys in die middel van die spogbuurt van Sandton. Of jy nou op soek is na verblyf in Jhb vir werk of plesier, of jy lank gaan bly of net vinnig in-en-uit is, Rivonia B&B bied alles aan wat jy moontlik kan benodig. Die 50 pragtige, goed toegeruste kamers (o.a. selfsorg eenhede) asook familie-eenhede, spog elkeen met sy eie stoep wat op welige plantegroei uitkyk. Elke eenheid het ook ‘n mikrogolf, 'n telefoon, ondervloerse verhitting, 'n kluis, waaier, strykyster en strykplank. Krag omsetters is in elke kamer geïnstalleer, dus is beurtkrag nie 'n probleem nie. Komplimentȇre internet, die DStv en veilige parkering op die perseel is beskikbaar.




SLEGS R900 VIR 2. BED & ONTBYT BY VALVERDE ECO HOTEL (GAUTENG)

Gaste wat wakker word by die Valverde Eco Hotel sal dit moeilik vind om te dink hulle is so naby aan die stad. Die hotel bevind homself in die hartjie van die Wieg van die Mensdom, slegs ‘n kort afstand vanaf Lanseria lughawe wat die ligging ideaal maak vir gaste wat per vliegtuig reis. Selfs met ‘n lughawe en Fourways op die hotel se voorstoep, voel dit steeds of jy op ‘n afgeleë stukkie paradys is as jy deur die welige tuine wandel. Gaste kan uit 25 ruim, luukse kamers met ‘n landelike gevoel kies en ‘n heerlike ete by die a la carte restaurant geniet. Pure lafenis vir die siel en die ideale plek om te ontspan en te herlaai sonder om uit Gauteng te reis. 



HUDSON'S ON TWELFTH (SANDTON) 20% AFSLAG TOT EINDE JUNIE

Hudson’s On Twelfth is ‘n eksklusiewe gastehuis in Rivonia met ‘n 4-ster gradering en 8 en-suite kamers wat elkeen individueel ontwerp is. Elke suite beskik oor ‘n privaat tuin, ‘n uitsig oor die klassieke-ontwerpte gronde of die lieflike woud wat vanuit die pragskone tuine vloei. Die bedekte patio en ontbyt-area kyk uit oor die glinsterende swembad met die strelende klanke van die waterfontein. Gratis WiFi, ‘n elegante eetkamer met ‘n kaggel, ‘n kroeg en Hotel paket DStv in alle kamers sal verseker dat jou verblyf by Hudson’s On Twelfth ‘n onvergeetlike ervaring bly. Hudson’s On Twelfth se ligging maak toegang tot die Johannesburgse noordelike voorstede asook die lughawe en Gautrain-stasies maklik.



SPIRAL HORN WILDSPLAAS (LIMPOPO) BESPREEK 4 NAGTE OF LANGER EN KRY 20% AFSLAG.

Spiral Horn Safaris is n privaat wildsplaas wat strek oor 1800 hektar gelee in die pragtige Limpopo Bosveld. Hier is geen of beperkte selfoon sein en is dus die idiale plek om weg te breek en te vegeet van die stad. Ekslusiewe toegang tot die Lodge en Wildsplaas, sluit in:
• Wildritte met eie voertuig. • Skoonmaak dienste daagliks
• Alle Linne • Ten volle toegeruste kombuis met alle breekware
• Vuurmaakhout • Vol DSTV Pakket • Swembad



Copyright © VakansiePlekke 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy