Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

BOSVELD WEGBREEK

'n Bosveld-vakansie is nie net 'n geleentheid om ons kontinent se pratige wild en natuurskoon te bewonder nie, dis ook 'n wegkomkans wat jou toelaat om ten volle te ontspan, ver van die stad se geroesemoes.

RITSAKO GAME LODGE (DINOKENG)

Ritsako Game Lodge is 'n nuwe en opwindende Lodge binne in die Dinokeng Groot 5 natuur reservaat slegs 45 kilometer Noord van die Jakaranda stad. Ritsako spog met 19 luukse volle toegeruste eenhede wat Ontbyt insluit ,dit alles met 'n privaat swembad op jou agterstoep waar die wild sommer  naby aan jou eenheid pronk. Ritsako bied ook selfsorg eenhede wat perfek is vir Families, paartjies, vriende of enige iemand wat wil ontsnap vanaf die daaglikse gejaag. Hierdie spog Game Lodge bied ook konferensie fasiliteite aan. Verskeie opsies is beskikbaar om hierdie beplanning sessies 'n aangename ervaring te maak. Ritsako Game Lodge het 'n Restaurant met heerlike disse en bedien daagliks ontbyt , middagete asook aandete. Ritsako, 'n game lodge vir ieder en elk. 


B'SORAH LUXURY TENTED CAMP (NOORD-WES)

Bsorah is die tuiste van 'n luukse tentkamp en rustieke kampeerplekke, omring deur die historiese en natuurlike landmerke van die Magaliesberge. Natuur paradys waar jy kan ontspan. Die Hartbeespoort Dam en naby besienswaardighede, wat die Elephant and Monkey Sanctuary, die Ann van Dyk Cheetah Sentrum en Bill Harrop se ballon-ritte insluit, is almal naby. Na ‘n opwindende dag van verkenning, kan jy terugkeer na die gemak van jou eie privaat safari tent en luister na die kwartels se roep terwyl die son sak – die perfekte manier om die aand om die vuur te begin. B’sorah is die perfekte plek om die fyner dinge in die lewe te waardeer, terwyl ons vriendelike personeel uitsien om jou te verwelkom en so tuis as moontlik te laat voel.


MBIZI GAME LODGE & SPA (LIMPOPO)

’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n of ‘n vriendegroep wat nuwe herinneringe wil opteken. Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, soos ‘n wye verskeidenheid voël spesies,eksotiese wild , 4X4 Berg roetes , bergfiets-roetes, onder dak verhitte swembaddens, staproetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, ontspan by die Bophelo Spa en rond die dag af met ‘n skemerkelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!


Copyright © VakansiePlekke 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy