Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

FAMILIE WEGBREEK

Families vind goud in mekaar met elke wegbreek saam. Beplan jy ‘n vinnige impromptu wegbreek of ‘n lekker langpad vakansie? Dit alles sal jy sommer maklik hier kan opspoor. Iets vir elke gesin.

MBIZI GAME LODGE & SPA

’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n romantiese naweek of ‘n vriende-groep wat nuwe herinneringe wil opteken. Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, soos eksotiese wild , 4X4 Berg roetes, bergfiets-roetes, onder dak verhitte swem-baddens, stap-roetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, volg dit op deur die spiere te ontspan by die Bophelo Spa terwyl die kinders met die plaasdiere sosialiseer en rond die dag af met ‘n skemerkelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!


THE MANOR FARMHOUSE (OUDSHOORN)

The Manor Farm House is slegs 7 km buite Oudtshoorn op die bekende Zeekoegat Plaas. Die besonderse vakansiehuis is 'n spesiale stukkie paradys met 'n wonderlike, rustige atmosfeer wat tipiese, Suid-Afrikaanse hartlike gasvryheid het om aan te bied. Geniet 3 ruim slaapkamers, 4 badkamers, groot leefarea met skuif agterdeure na die tuin. Die huis is ideaal vir 1 groot - of selfs 2 gesinne. Die onthaalgebied het 'n bankstel, eettafel en ingeboude braaiplek en goed toegeruste kombuis. Fasiliteite: braai plek, buite swembad,kaggel,kombuis,parkering op die terrein,tee/koffie fasiliteite, gratis Wifi. Dis werklik 'n heerlike vakansie huis et die uitleg wat gemik is daarop om gerieflik te wees. Families vind goud in mekaar met elke wegbreek saam.


ARENDSIG VILLA (BELA-BELA)

ArendSig Villa is 'n afgesonderde selfsorg-wegbreekplek vir gesinne in die Mabula Wildreservaat. Dié villa is bo-op 'n rotsagtige koppie in die Waterberge. ArendSig is die perfekte plek vir vriende en familie wat op soek is na 'n luukse wegbreek in die bosveld. Die villa beskik oor 4 dubbel-kamers met pragtige en suite-badkamers, elk met 'n bad en stort. Daar is ook privaat buitelug-storte. Die kombuis is volledig toegerus en daar is 'n oopplan-sitkamer en -eetarea, asook 'n biblioteek. Daar is ook 'n pooltafel, gimnasium toerusting, TV met sekere DStv-kanale en DVD-speler. Daar is 'n ysmasjien. Nespresso koffiemasjien en skottelgoedwasser vir gaste se gerief en 'n daaglikse skoonmaakdiens. Gaste het toegang tot 'n swembadkamer met 'n stoom-sauna, swembad en Jacuzzi. Die lapa is ideaal vir braai en aandete onder die sterre. Vuurmaakhout word voorsien.'n Voertuig en wildbewaarder is beskikbaar vir opwindende, privaat wildritte.


GARIEP, A FOREVER RESORT (VRYSTAAT)

By die Gariep Forever Resort sal jy ’n oase vind wat verkwikking en vermaak bied aan oud en jonk - selfs buiteseisoen afslag vir seniorburgers! Hierdie is jou perfekte halfpad-afpakplek tussen Gauteng en die Kaap, naby die N1 en 180km Suid van Bloemfontein. Die oord bied 44 chalets, met onderskeidelik twee- of drieslaapkamers, sowel as 12 chalets met ’n prentjiemooi uitsig oor die Gariepdam met ’n opsie vir een- of tweeslaapkamers. Kom kuier ook sommer met jou woonwa om die grootste dam in Suid-Afrika - daar is 106 staanplekke met twee gedeelde ablusiegeriewe en 16 staanplekke met private ablusiegeriewe. Stap dan verder vir aktiwiteite al die pad van bergfietsry, visvang en staproetes tot piekniek, swem en tennis.





BADPLAAS A FOREVER RESORT (MPUMALANGA)

Hierdie bekroonde Mpumalanga oord is geleë in die Emanzana Natuurreservaat, en is bekend vir sy warm mineralebron, en is slegs 2.5 uur se ry van Gauteng af. Akkomodasie behels 48 hotel-kamers, 161 selfsorg chalets en 300 karavaanstaanplekke wat toegerus is met kragpunte. Die kamp bied uiters netjiese ablusie fasiliteite, wat ook ‘n fasiliteit vir gestremde persone insluit. Die natuurreservaat kan verken word deur te bespreek vir een van ons gewilde wildritte, u kan dit ook in u privaatvoertuig, of selfs te perd verken. Die reservaat het talle bok en voëlspesies, sowel as kameelperde. Vir jou ontspanning kan jy kies uit die talle watersport-geriewe, soos waterglybane, die Rinkhals, sowel as mineraalwater warm en koue swembaddens. 



BERCHTESGADEN RANCH & FARM (VAALWATER)

Berchtesgaden Game Ranch en Lifestyle Farm is 'n bestemming wat baie geliefd is deur plaaslike reisigers weens sy ongerepte ekosisteme, 'n oorvloed wild, die volhoubare boerderymetodes en luukse akkommodasie - alles binne twee uur vanaf OR Tambo Internationale lughawe. Dit alles word gekombineer om 'n ervaring buite die stad te skep waar gaste tuis kan voel en al ons geriewe en aktiwiteite kan benut terwyl die ongerepte natuur ervaar word. By die Lodge en wildsplaas sal gaste verlore raak in die ongerepte skoonheid van die Afrika-bos en die oorvloed van verskeie spesies wild met 'n menigte aktiwiteite en avonture. Net aan die oorkant van die teerpad by die Lewenstyl Boerplaas sal die kommersiële boerdery aktiwiteite gevind word waaruit ook baie van die etes wat u sal nuttig voorberei word. 


ATKV-OORDE GESINSVAKANSIE IN SA

Elke oord is ’n veilige, ontspanne lushof waar jy jou kan tuismaak vir ’n onvergeetlike gesinsvakansie, ’spanbousessie, jou droomtroue of ’n kulturele ontdekkingsreis! Al die oorde spog met gerieflike selfsorgverblyf, woonwaparke en luukse eenhede waarvan die graderings tussen twee- en vierster wissel. Daar is heerlike eetplekke, sonnige speelplekke, plekke vir salige ontspanning en aksie vir Afrika! Die oorde bied hope pret, soos minigholf, warm- en kouewaterswembaddens, waterwurms, muurbal- en vlugbalbane, springmatte, staproetes, perdry en baie meer vir oud en jonk. Die voordeel is dat jy per eenheid bespreek en nie p/p nie. Dit is dus ware bekostigbare gesinsvakansies. Met pretnaweke en vakansies word goeie gesinsvermaak gebied.


TO STRAND (PORT EDWARD KZN)

TO Strand is 'n uitsonderlike vakansieoord in Leisure Bay, KwaZulu-Natal, binne trefafstand van Port Edward. Hier kan vakansiegangers uitsien na gesinsvriendelike selfsorg-akkommodasie en 'n groot verskeidenheid doendinge wat selfs die mees kieskeurige lid van die gesin sal vermaak. Verblyf word verskaf in die vorm van een- en twee-slaapkamer chalets, en besoekers is ook welkom om gebruik te maak van kampeergeriewe as hulle die woonwa wil saambring. Die oord se vermaak-opsies sluit mini-golf, vlugbal, tennis, visvang, branderplankry, staproetes, bergfiet-sroetes en kayak-ry in. Daar is ook twee swembaddens, vakansieprogramme vir die kinders in seisoen, 'n restaurant, kroeg en winkel op die perseel. Besoek hul webwerf vir meer inligting en beplan jou wegbreek na hierdie prentjiemooi strandoord sommer dadelik!


Copyright © VakansiePlekke 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy