Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

IN DIE KOLLIG

Berge, riviere, see en safaris wag, Suid Afrikaners se soektog na hulle droomvakansie begin hier! Ons bied die perfekte spyskaart van spesiale en onvergeetlike avonture wat elke sak en smaak sal pas.

B'SORAH LUUKSE TENT KAMP (HARTBEESPOORT)

B'sorah is die tuiste van 'n luukse tentkamp en rustieke kampeerplekke, omring deur die historiese en natuurlike landmerke van die Magaliesberge. Ons omgewingsvriendelike toevlug is perfek vir gaste wat die toerisme-aantreklikhede en geluide van die gebied wil verken, of die plaas te voet of per fiets wil verken. Natuur paradys waar jy kan ontspan. Die Hartbeespoort Dam en naby besienswaardighede is alles naby. Na ‘n opwindende dag van verkenning, kan jy terugkeer na die gemak van jou eie privaat safari tent en luister na die kwartels se roep terwyl die son sak – die perfekte manier om die aand om die vuur te begin. B’sorah is die perfekte plek om die fyner dinge in die lewe te waardeer, terwyl ons vriendelike personeel uitsien om jou te verwelkom en so tuis as moontlik te laat voel.


ARENDSIG VILLA (BELA-BELA)

ArendSig Villa is 'n afgesonderde selfsorg-wegbreekplek vir gesinne in die Mabula Wildreservaat. ArendSig is die perfekte plek vir vriende en familie wat op soek is na 'n luukse wegbreek in die bosveld. Die villa beskik oor 4 dubbel-kamers met pragtige en suite-badkamers, elk met 'n bad en stort. Daar is ook privaat buitelug-storte. Die kombuis is volledig toegerus en daar is 'n oopplan-sitkamer en -eetarea, asook 'n biblioteek. Daar is ook 'n pooltafel, gimnasium toerusting, TV met sekere DStv-kanale en DVD-speler. Daar is 'n ysmasjien. Nespresso koffiemasjien en skottelgoedwasser vir gaste se gerief en 'n daaglikse skoonmaakdiens. Gaste het toegang tot 'n swembadkamer met 'n stoom-sauna, swembad en Jacuzzi. Die lapa is ideaal vir braai en aandete onder die sterre. Vuurmaakhout word voorsien.'n Voertuig en wildbewaarder is beskikbaar vir opwindende, privaat wildritte.


WOODLANDS HEALING SPA (MULDERSDRIFT)

Woodlands Spa is aan die oewer van die Krokodilrivier in die hartjie van Muldersdrift geleë. Dit is die perfekte omgewing om van die besige stadslewe te ontsnap. Woodlands Spa is 'n juweel van 'n plek. Van die oomblik as jy by ons deur inloop, is dit asof jy by die poort van die hemel aangekom het. Ons terapeute is almal hoogs gekwalifiseerd om te verseker dat jy die mees sublieme ontspannings- en genesingservaring kry. Ontspan na u behandeling op die dek wat uitkyk oor die rivier, geniet 'n gesonde middagete of drink 'n verkwikkende 'out of this world' koffie. Woodlands Wellness Retreat is ‘n vakansie waarna jou siel smag. Kom weg van alles en maak ruimte om te konsentreer op wat regtig belangrik is - jou gesondheid en geluk. Ons pragtige spa en toevlugsoord is die perfekte plek om te ontspan.


LETSATSI GAME LODGE (SUID- VRYSTAAT)

Ondek ’n stukkie ongerepte hemel-op-aarde. In die hartjie van die Suid-Vrystaat, bied Letsatsi Game Lodge ’n toevlug vir natuurliefhebbers en fynproewers. Wat ookal jou behoefte is, hier kan jy kieskeurig wees - ’n Wildsreservaat, hooflodge, boskampe, luukse grasdak-chalets en spanboufasiliteite is alles tot jou beskikking. Snoesig tussen die heuwels lê die boskamp met 20 luukse tweepersoon-tente, met abslusiegeriewe, terwyl die hooflodge jou innooi na 28 grasdak-chalets met ’n verskeidenheid slaapopsies vir paartjies. Besigtig voëls en springbok tot eland en kameelperd in safaristyl of span uit onder die sterre vir ’n rustige romantiese aandjie.


MBIZI GAME LODGE & SPA (LIMPOPO)

Weggebêre slegs 8 kilometer vanaf Warmbad, rus Mbizi wildsreservaat en spa. ’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n romantiese naweek of ‘n vriendegroep. Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, eksotiese wild , 4X4 Berg roetes , bergfiets-roetes, onder dak verhitte swembaddens, staproetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, volg dit op deur die spiere te ontspan by die Bophelo Spa terwyl die kinders met die plaasdiere sosialiseer en rond die dag af met ‘n skemer-kelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!


GOODERSON KNYSNA CHALETS (KNYSNA)

Knysna Chalets is ideaal geleë om die pragtige dorp Knysna, die lagoon en die koppies te besoek. Die oord spog met ‘n speletjieskamer, kinderspeelgrond en swembad. Elke chalet beskik oor ‘n koningin-grootte bed, ‘n slaapbank, bad, stort, toilet, haardroër, verwarmer, ekstra linne, TV met DStv, borde en eetgerei, yskas, mikrogolfoond, stoof, privaat braai area en braai geriewe. Die chalets is selfsorgeenhede en ideaal vir gesinne wat die mooi Tuinroete wil verken. Knysna Chalets vorm deel van die Gooderson Leisure groep wat bekend is vir kwaliteit en bekostigbare gerieflikheid. Bring die gesin en ontdek alles wat Knysna het om te bied.



GARIEP, A FOREVER RESORT (VRYSTAAT)

By die Gariep Forever Resort sal jy ’n oase vind wat verkwikking en vermaak bied aan oud en jonk - selfs buiteseisoen afslag vir seniorburgers! Hierdie is jou perfekte halfpad-afpakplek tussen Gauteng en die Kaap, naby die N1 en 180km Suid van Bloemfontein. Die oord bied 44 chalets, met onderskeidelik twee- of drieslaapkamers, sowel as 12 chalets met ’n prentjiemooi uitsig oor die Gariepdam met ’n opsie vir een- of tweeslaapkamers. Kom kuier ook sommer met jou woonwa om die grootste dam in Suid-Afrika - daar is 106 staanplekke met twee gedeelde ablusiegeriewe en 16 staanplekke met private ablusiegeriewe. Stap dan verder vir aktiwiteite al die pad van bergfietsry, visvang en staproetes tot piekniek, swem en tennis.




TO STRAND (PORT EDWARD KZN)

TO Strand is 'n uitsonderlike vakansieoord in Leisure Bay, KwaZulu-Natal, binne trefafstand van Port Edward. Hier kan vakansiegangers uitsien na gesinsvriendelike selfsorg-akkommodasie en 'n groot verskeidenheid doendinge wat selfs die mees kieskeurige lid van die gesin sal vermaak. Verblyf word verskaf in die vorm van een- en twee-slaapkamer chalets, en besoekers is ook welkom om gebruik te maak van kampeergeriewe as hulle die woonwa wil saambring. Die oord se vermaak-opsies sluit mini-golf, vlugbal, tennis, visvang, branderplankry, staproetes, bergfiets-roetes en kayak-ry in. Daar is ook twee swembaddens, vakansieprogramme vir die kinders in seisoen, 'n restaurant, kroeg en winkel op die perseel. Besoek hul webwerf vir meer inligting en beplan jou wegbreek na hierdie prentjiemooi strandoord sommer dadelik!



Copyright © VakansiePlekke 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy