Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

KWAZULU-NATAL WEGBREEK

Kwazulu-Natal het ‘n sub-tropiese kuslyn met ‘n reeks somer son strande wat warm water reg deur die jaar belowe. Die Midlands spog met romantiese grasgroen landskappe en die Drakensberge vorm die valleie waar die unieke Zululand geleë is.

TO STRAND VAKANSIEOORD (LEISURE BAY)

TO Strand is 'n uitsonderlike vakansieoord binne trefafstand van Port Edward. Hier kan vakansiegangers uitsien na gesinsvriendelike selfsorg-akkommodasie en 'n groot verskeidenheid doendinge wat selfs die mees kieskeurige lid van die gesin sal vermaak. Verblyf word verskaf in die vorm van een- en twee-slaapkamer chalets, en besoekers is ook welkom om gebruik te maak van kampeergeriewe as hulle die woonwa wil saambring. Die oord se vermaak-opsies sluit mini-golf, vlugbal, tennis, visvang, branderplankry, staproetes, bergfietsroetes en kayak-ry in. Daar is ook twee swembaddens, vakansieprogramme vir die kinders in seisoen, 'n restaurant, kroeg en winkel op die perseel. Beste van alles - jy kan sommer ook jou troue hier hou! Die TO Strand-span staan gereed om jou spesiale dag seepglad te laat verloop.



Copyright © VakansiePlekke 2024 - All rights reserved.  |  Privacy Policy