Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

LEKKER BED & BREAKFAST

Suid-Afrikaners se liefde vir die eerste ete van die dag is duidelik. Ontbyt is die perfekte tyd om op te vang voor die dag se gebeure. Dit bied aan ‘n mens kwaliteit-tyd wat in vandag se gejaag, skaars is. Dit is juis waarom ons besluit het om die lekkerste ontbyt opsies en besonderse bed en ontbytplekke in die land op een plek bymekaar te bring.

EIGHT TWO NINE ON CODONIA (WAVERLEY)

EightTwoNine on Codonia bied selfsorgverblyf in die Moot, 'n pragtige woonbuurt in Pretoria. Dié gastehuis is 'n intieme oornagplek in 'n rustige woonbuurt-atmosfeer naby sakevermaaklikheids en mediese geriewe en venues. EightTwoNine on Codonia bied persoonlike, gehalte diens aan alle gaste. Dié gastehuis bied verblyf in 3 individueel versierde slaapkamers, elk met sy eie volledige badkamer. Kamers is toegerus met lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n haardroër, kluis en tee- en koffiemaakgeriewe. Gratis beperkte WiFi word voorsien. Daar is 'n gemeen-skaplike kombuis, eetkamer, leefarea en 'n braai-area. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skoonmaakmiddels en wasmasjien.


RIVERVIEW SPA AND BED & BREAKFAST (MULDERSDRIFT)

Hier kan besoekers uitsien na 'n rustige, landelike atmosfeer op die oewer van die pragtige Krokodilrivier. Die spa bied halfdag- of voldagpakkette wat maaltye insluit. Die restaurant op die perseel bedien ontbyt en ander heerlike maaltye. Riverview Spa is 'n ideale wegbreek-bestemming vir geliefdes, familie, of vriende om saam tyd te spandeer. Laat die rustige water en die skoonheid van die natuur jou van jou voete afvee en die sorge van die wêreld wegdoen. Die omgewing is perfek om die spesiale persoon in jou lewe te bederf, so kom geniet die borrels in die jacuzzi en 'n private piekniek by verskillende piekniekplekke met 'n uitsig op die rivier. Die ses chalets op die perseel is privaat en ideaal om in oor te bly na 'n heelike Spa-dag of net vir 'n wegbreek van die besige stad.


BERCHTESGADEN RANCH & FARM (VAALWATER)

Berchtesgaden Game Ranch en Lifestyle Farm is 'n bestemming wat baie geliefd is deur plaaslike reisigers weens sy ongerepte ekosisteme, 'n oorvloed wild, die volhoubare boerderymetodes en luukse akkommodasie - alles binne twee uur vanaf OR Tambo Internationale lughawe. Dit alles word gekombineer om 'n ervaring buite die stad te skep waar gaste tuis kan voel en al ons geriewe en aktiwiteite kan benut terwyl die ongerepte natuur ervaar word. Die Ranch & Farm is twee afsonderlike entiteite wat in harmonie mekaar aanvul. By die Lodge en wildsplaas sal gaste verlore raak in die ongerepte skoonheid van die Afrika-bos en die oorvloed van verskeie spesies wild met 'n menigte aktiwiteite en avonture. 


RIVERSTONE LODGE (MULDERSDRIFT)

Slegs ’n klipgooi vanaf Lanseria lughawe, neffens die Wieg van die Mensdom, wag ’n stukkie lafenis vir jou siel. Ontsnap uit die stad en neem die Krugersdorp/Pretoria N14 hoofweg na Riverstone Lodge in Muldersdrift - ’n onvergeetlike oase langs die wal van die Krokodilrivier. Riverstone Lodge bied 51 pragtige ruim kamers omring deur prentjiemooi tuine en koi-dammetjies. Opsies vir akkommodasie sluit in 12 Executive suites met ’n private balkon, ’n Superior suite met ’n private plaspoel en tuin, Junior suite met ’n private plaspoel, ’n rolstoelvriendelike familie opsie en 36 standaard kamers met ’n patio wat jou uitlei na die swembad. Bespreek jou tafel by die Driftwood restaurant vir ’n lekker ontbyt of 'n rustige aandjie uit en geniet ’n uitgebreide wynlys en spyskaart met ’n tikkie Portugal!


Copyright © VakansiePlekke 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy