Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

MAAND VAN LIEFDE

Februarie is die maand van liefde en dis voorwaar iets wat gevier moet word. Dis die perfekte tyd om vir jou geliefde te wys hoe dankbaar jy is vir wat hulle in jou lewe beteken en hoe baie jy vir hulle omgee. Wat van ‘n romantiese wegbreek net vir julle twee, ‘n ontspanne spa sessie of ‘n rustige piekniek waar julle lekker kan gesels en van jul kommernisse vergeet? Dalk is julle meer die tipe paartjie wat ‘n avontuurlustige wildsrit of opwindende aktiwiteit geniet om die adrenalien behoorlik te laat pomp. Ons webtuiste bied iets van alles aan wat jy benodig om hierdie Maand van Liefde‘n spesiale een te maak.

DE ZEEKOE (OUDSHOORN)

De Zeekoe Gasteplaas is sowat 7 km buite Oudtshoorn op die Tuinroete geleë. Die plaas word omring deur die Swartberge en Outeniekwaberge wat 'n verskeidenheid besienswaardighede insluit. Verblyf word in 24 eenhede met slaapplek vir 60 gaste in totaal aangebied. Elke eenheid het koffie- en teemaakgeriewe, lugversorging, 'n waaier, japonne, 'n yskassie, haardroër, kluis en gratis WiFi. Gaste het toegang tot die swembad en daar is fietse te huur. Daar is 'n restaurant @De Windpomp met vars plaasprodukte en -vleis, asook 'n kroeg wat gaste gerus kan besoek.


WILDEHONDEKLOOF (OUDSHOORN) WES-KAAP

Wildehondekloof bied gerieflike DB&B-verblyf op 'n 4000 hektaar-privaat wildreservaat in die hartjie van die Klein Karoo Swartberge. Dié wildreservaat is ongeveer 40 km van Oudshoorn af. Dié luukse lodge bied verblyf in 8 en suite-slaapkamers, sommige met lugversorging en lieflike uitsigte op die berg en rivier. Daar is ook 'n privaat presidensiële suite met 'n koning-grootte-bed en 'n privaat sitkamer met 'n kaggel. Dié suite het 'n privaat veranda met 'n uitsig op die berge en rivier. Elke slaapkamer is ingerig met linne, badhanddoeke, toiletware, en koffie- en teemaak-geriewe. Wasgoedgeriewe is beskikbaar, asook gratis WiFi. Geniet wildritte wanneer die son opkom en sak, en kyk uit vir die sebras, elande, en koedoes, om maar net 'n paar te noem. 


ATKV-EILAND SPA (TZANEEN)

Jy verdien om hierdie liefdesmaand die bosveld-sonsak saam met jou geliefde in te drink. Jy verdien om die stilte, saam-saam, te geniet en mekaar se teenwoordigheid ten volle te waardeer. Jy verdien om hierdie liefdesmaand by ATKV-Eiland Spa uit te span. Waarvoor wag jy? Bespreek sommer nou! Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuur-skoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika. Met ’n verskeidenheid selfsorg-akkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidro-spa is ATKV-Eiland Spa die ideale plek vir die hele gesin om te kom ontspan.Die rustige kalmte en vreed-same stilte van die omgewing skep die ideale atmosfeer.



ATKV-DRANKENSVILLE (DRAKENSBERGE)

Smag jy en jou geliefde daarna om saam ’n glasie te klink en mekaar se onverdeelde aandag te geniet, weg van die alledaagse?Wil jy boonop hierdie wens vervolmaak met ’n uitsig oor die majestueuse Drakensberg? Hierdie maand gun ons jou die kans om al jou wense waar te maak. Bespreek sommer nou jou plek by ATKV-Drakensville en maak hierdie liefdesmaand een om te onthou. Met net ’n rapsie meer as drie uur se ry van Johannesburg en Bloemfontein lê ATKV-Drakensville-vakansieoord naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n wêreld-erfenisgebied. ATKV-Drakensville, ’n mekka van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese landmerke en bied toegang tot talle toeristeaantreklikhede in die omgewing. 



RITSAKO GAME LODGE (DINOKENG) GAUTENG

Ritsako Game Lodge is 'n nuwe en opwindende Lodge binne in die Dinokeng Groot 5 natuur reservaat slegs 45 kilometer Noord van die Jakaranda stad. Ritsako spog met 19 luukse volle toegeruste eenhede wat Ontbyt insluit ,dit alles met 'n privaat swembad op jou agterstoep waar die wild sommer  naby aan jou eenheid pronk. Verkies jy eerder self kos te maak? Ritsako bied ook selfsorg eenhede wat perfek is vir Families, paartjies, vriende of enige iemand wat wil ontsnap vanaf die daaglikse gejaag. Ritsako Game Lodge het n Volle Gelisenseerde Restaurant met heerlike disse en bedien daagliks ontbyt , middagete asook aandete. Ritsako, 'n game lodge vir ieder en elk. 


Copyright © VakansiePlekke 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy