Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

MPUMALANGA WEGBREEK

Gekroon deur die suidelike gedeelte van die wêreldbekende Kruger Nasionale Park, in die Oostelike deel van Suid-Afrika, lê die prentjie-mooi Mpumalanga.

LOSKOPDAM (MIDDELBURG) MPUMALANGA

As dit by keuses kom bied Loskopdam jou genoeg van alles – van verblyf, swembaddens, vermaak en kos tot aktiwiteite, sport en die natuur. Loskopdam is ‘n Forever Resort wat bekend is vir onver-geetlike bekostigbare vakansies, enige tyd van die jaar. Met verblyf opsies wat houthuise, chalets, familiehuise en kampeerplek insluit is daar regtig iets vir almal se doel en begroting. Kinders sal nooit verveeld wees nie – daar is ‘n minigholfbaan, ‘n tennisbaan, verskeie klimrame, swaaie, swem-baddens, pooltafel en bootritte. As jy daarvan hou om op die oewer van ‘n dam saligheid te vind, gaan jy mal wees oor die opsies by Loskopdam. Gaste kan naby die dam kampeer op staanplekke toegerus met krag om tot laataand ‘n vissie te kan vang. Loskopdam is slegs twee-en-‘n-half ure se ry van Johannesburg af wat die ligging ideaal maak vir ‘n heerlike wegbreek.


KLOPPENHEIM COUNTRY ESTATS (DULLSTROOM)

Landelike luuksheid net buite Dullstroom – dis wat Gooderson Kloppenheim Country Hotel aan al sy gaste bied. Die Hooglandse Meander se mooi landskap laat gaste toe om beide te ontspan en asem te skep. Of jy nou ‘n konferensie wil hou, wil trou, ‘n romantiese ete geniet of ‘n familiefees – hier is iets vir almal. Selfs die wat daarvan hou om aktief te wees sal Gooderson Kloppenheim Country Hotel se ses foreldamme, staproetes, bergfietsroetes, vlugbal en boogskut geniet. As jy meer die tipe is wat daarvan hou om so min as moontlik te doen, is ‘n luilekker dag langs die swembad of ‘n sessie by die spa net die ding vir jou. Daar is drie verskillende verblyfopsies om van te kies, waarvan een ‘n selfsorg opsie is. Die restaurant bedien smullekker disse en die kroeg is ideaal vir ‘n knertsie na ete. Die hele hotel is stylvol gemeubileer en toegerus met bekostigbare luukshede. 



BADPLAAS A FOREVER RESORT

Hierdie bekroonde Mpumalanga oord is geleë in die Emanzana Natuurreservaat, en is bekend vir sy warm mineralebron, en is slegs 2.5 uur se ry van Gauteng af. Akkomodasie behels 48 hotel-kamers, 161 selfsorg chalets en 300 karavaanstaanplekke wat toegerus is met kragpunte. Die kamp bied uiters netjiese ablusie fasiliteite, wat ook ‘n fasiliteit vir gestremde persone insluit. Die natuurreservaat kan verken word deur te bespreek vir een van ons gewilde wildritte, u kan dit ook in u privaatvoertuig, of selfs te perd verken. Die reservaat het talle bok en voëlspesies, sowel as kameelperde. Vir jou ontspanning kan jy kies uit die talle watersport-geriewe, soos waterglybane, die Rinkhals, sowel as mineraalwater warm en koue swembaddens. 



AKABEKO LUXURY COUNTRY HOTEL

Al die voordele van moderne luukshede, in 'n tradisionele plattelandse omgewing. Akabeko Boutique Hotel is op 'n werkende beesplaas geleë. Ervaar die luukse van tyd by Akabeko Boutique Hotel. Versteek in die valleie van die Mpumalangaberge en skuil tussen die welige tuine langs die Hopperivier. Verwag om 7 stylvolle suites, Kalahari Couples Spa-kamer te vind tussen die pragtige tuine met 'n buitelug-jacuzzi, gholfbaan op die eiendom, pragtige plattelandse staptogte en plaaslike kunsvlieghengel. Somer is die perfekte tyd vir 'n rustige piekniek langs die Hopperivier. Met die oorvloed groen weivelde, lui middagsonsondergange, voëltjies wat tjirp en geniet die skoonheid van die natuur wat uitgestal word. Geniet 'n heerlike mandjie lekkernye en 'n glas borrel op die grasperke saam met jou geliefde terwyl jy die vars plattelandse lug inasem.



Copyright © VakansiePlekke 2024 - All rights reserved.  |  Privacy Policy