Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

SEE VAKANSIE

Seevakansies is 'n Suid-Afrikaanse instelling. Hier word meeste kinders groot met sorgvrye herrineringe aan salige somervakansies op prentjiemooi kusdorpies langs die Atlantiese of Indiese oseaan. Is daar dan enige iets lekkerder as om wakker te word met die sout reuk van seewater in die lug, 'n koel briesie wat deur die gordyne woel, en 'n lang, goue dag wat voor jou uitstrek met niks meer om te doen as om jou handdoek te gryp en ure op die strand te verwyl nie? By Vakansieplekke SA het ons uit ons pad gegaan om al die lekkerste strand-akkommodasieplekke op te spoor sodat jy nie self hoef te gaan snuffel nie. Of jy nou opsoek is na 'n selfsorghuis met plek vir 10 of 'n romantiese kothuis waar jy en jou geliefde kan wegkom van die mensdom, ons het die plek vir jou!

THE 18TH PRINCE'S GRANT (KZN)

The Eighteenth is op die veilige Prince's Grant Gholflandgoed aan KZN se Dolfynkus geleë en bied die ideale kuswegbreek vir gesinne, vriende, gholfgroepe of paartjies. Gerieflike selfsorgverblyf word in woonstelle met 2/3 slaapkamers gebied. Elke woonstel het 'n volledige kombuis, sitkamer, eetkamer, en suite-badkamers met braaigeriewe en veilige parkeerplek in motorhuise, 'n wêreldklas-gholfbaan, Restaurant, 'n swembad, tennis- en muurbalbane, 'n speelarea vir kinders en mini-gholf. The 18th front na die prentjiemooi Indiese Oseaan en kuslyn met 'n subtropiese klimaat regdeur die jaar. Dit bied ook eksklusiewe toegang tot die pragtige strand en strandmeer. Gaste kan vir die dag uitgaan op 'n vissersboot, gholf speel, op die strand ontspan, 'n vlug in 'n mikrovliegtuig geniet of in die suikerrietlanderye gaan bergfietsry. 



CLUB MYKONOS (LANGEBAAN) WESKUS

Club Mykonos strandoord in Langebaan is 'n stukkie outentieke Griekeland aan die Kaapse Weskus. Hierdie gesinsvriendelike bestemming is geleë op die rustige oewer van die skilderagtige Langebaan-strandmeer en bied 'n unieke opsie vir familie-vakansies, konferensies, spesiale geleenthede en nog meer. Die oord bied gaste die opsie van drie smaakvolle akkommodasie aanbiedinge, wat drie-ster en vier-ster Preferred-eenhede insluit. Daar is ook 'n wye verskeidenheid van dinge om te sien om te doen, ry vierwielmotorfiets saam met die kinders, geniet 'n seekosmaaltyd by een van die oord se liplek-restaurante of spandeer die dag op die strand.



TO STRAND VAKANSIEOORD (LEISURE BAY)

TO Strand is 'n uitsonderlike vakansieoord in Leisure Bay, KwaZulu-Natal, binne trefafstand van Port Edward. Hier kan vakansiegangers uitsien na gesinsvriendelike selfsorg-akkommodasie en 'n groot verskeidenheid doendinge wat selfs die mees kieskeurige lid van die gesin sal vermaak. Verblyf word verskaf in die vorm van een- en twee-slaapkamer chalets, en besoekers is ook welkom om gebruik te maak van kampeergeriewe as hulle die woonwa wil saambring. Die oord se vermaak-opsies sluit mini-golf, vlugbal, tennis, visvang, branderplankry, staproetes, bergfietsroetes en kayak-ry in. Daar is ook twee swembaddens, vakansieprogramme vir die kinders in seisoen, 'n restaurant, kroeg en winkel op die perseel. 



WHALESONG HOTEL AND SPA (PLETTENBERGBAAI)

Die juweel van die Tuinroete. Die familie-vriendelike Whalesong Hotel & Hydro staan soos 'n seer oog uit in die hartjie van Plettenbergbaai se Tuinroete. Uit die staanspoor bekoor die hotel met sy weelderige plantegroei en ouwêreldse sjarme. 'n Gemiddelde klimaat en vriendelike personeel begroet 'n mens as jy by dié kushotel instap. Die strandtema is duidelik sigbaar in die 24 kamers met luukse en-suite badkamers die wit en blou van die see weerspieël. 18 van die kamers het hulle eie privatehoutdek wat gaste 'n blik gee op die Keurbooms-kuslyn, Tsitsikamma- bergreeks en die eindelose diep blousee.Die voordeelvan Whalesong is dat alles binne stapafstand is. 'n Top gehalte restaurant, Whales Restaurant, is op die perseel geleë en trek onmiddellik aandag met sy panoramiese uitsigte, etniese Afrika dekor en smullekker seekos-geregte. 


Copyright © VakansiePlekke 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy