Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

SOMER-WEGBREEK!

Families vind goud in mekaar met elke wegbreek saam. Beplan jy ‘n vinnige wegbreek of ‘n lekker langpad vakansie? Dit alles sal jy sommer maklik hier kan opspoor. Iets vir elke gesin!

GOODERSON KNYSNA CHALETS (KNYSNA)

Knysna Chalets is ideaal geleë om die pragtige dorp Knysna, die lagoon en die koppies te besoek. Die oord spog met ‘n speletjieskamer, kinderspeelgrond en swembad. Elke chalet beskik oor ‘n koningin-grootte bed, ‘n slaapbank, bad, stort, toilet, haardroër, verwarmer, ekstra linne, TV met DStv, borde en eetgerei, yskas, mikrogolfoond, stoof, privaat braai area en braai geriewe. Die chalets is selfsorgeenhede en ideaal vir gesinne wat die mooi Tuinroete wil verken. Knysna Chalets vorm deel van die Gooderson Leisure groep wat bekend is vir kwaliteit en bekostigbare gerieflikheid. Bring die gesin en ontdek alles wat Knysna het om te bied.


KAPENSIS GASTEHUIS ( PRINGLE BAY)

Uitsigte oor berge en die see wat myle strek, spasie en stilte wat jou weer laat asem skep, en ‘n elegante luuksheid wat jou die fyner dinge in die lewe laat waardeer. Dis waarna jy kan uitsien by die vier ster Kapensis Gastehuis aan die beelskone Weskus van Suid-Afrika. Die agt kamers is almal en-suite met privaat toegang na die binnehof met sy sprankelende swembad. Hier word jy nie net met die natuurskoon en luukse slaapgeriewe bederf nie, maar ook braaigeriewe as jy self ‘n vleisie op die kole wil sit. Die restaurant bied ‘n groot verskeidenheid heerlike disse aan en die etes word met plaaslike bestanddele gemaak. Kapensis Gastehuis is voorwaar ‘n luukse oase wat net buite Pringlebaai op ‘n fynbosplaas van 8.5 hektaar geleë is. Maak ‘n bespreking vir ‘n groep of net ‘n wegbreek vir jou en jou geliefde. Een ding is verseker, julle gaan nooit die plek vergeet nie en sal beslis weer na Kapensis Gastehuis terugkeer.      


GOODERSON NATAL SPA (KWAZULU-NATAL)

‘n Oase in die hartjie van KwaZulu-Natal se bosveld wink tussen Vryheid en Paulpietersburg. Die Gooderson Natal Spa Hot Springs & Leisure Resort bied ’n reeks aktiwiteite vir oud en jonk, alles teen die agtergrond van die pragtige Bivanerivier. Ongeag of jy wil vakansie of spanbou hou, jy kan kies uit 54 ruim en gerieflike ensuite slaapkamers of 23 selfsorgeenhede, asook drie goed-toegerusde konferensielokale wat 10-120 mense kan akkommodeer. Verblyfopsies sluit onder andere enkel-, dubbel-, en gesinskamers in. Jy kan ontspan in die Termiese warmwater-swembaddens, ’n oorvloed geveerde vriende besigtig of meer aktief raak met ’n 22km bergfiets- en drafpad, BMX-baan, visvang, perdry, tennis, muurbal of selfs verfbal! Bergfietse en BMX-fietse is te huur by die oord.


KLOPPENHEIM COUNTRY ESTATE (DULLSTROOM)

Landelike luuksheid net buite Dullstroom – dis wat Gooderson Kloppenheim Country Hotel aan al sy gaste bied. Of jy nou ‘n konferensie wil hou, wil trou, ‘n romantiese ete geniet of ‘n familiefees – hier is iets vir almal. Selfs die wat daarvan hou om aktief te wees sal Gooderson Kloppenheim Country Hotel se ses foreldamme, staproetes, bergfietsroetes, vlugbal en boogskut geniet. As jy meer die tipe is wat daarvan hou om so min as moontlik te doen, is ‘n luilekker dag langs die swembad of ‘n sessie by die spa net die ding vir jou. Daar is drie verskillende verblyfopsies om van te kies, waarvan een ‘n selfsorg opsie is. Die restaurant bedien smullekker disse en die kroeg is ideaal vir ‘n knertsie na ete. Die hele hotel is stylvol gemeubileer en toegerus met bekostigbare luukshede. Maak nie saak wat die seisoen is nie, Gooderson Kloppenheim Country Hotel se ligging en goeie diens sal jou na jou asem laat snak.


MBIZI GAME LODGE & SPA (LIMPOPO)

’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n of ‘n vriendegroep wat nuwe herinneringe wil opteken. Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, soos ‘n wye verskei-denheid voël spesies,eksotiese wild , 4X4 Berg roetes , bergfiets-roetes, onder dak verhitte swembaddens, staproetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, ontspan by die Bophelo Spa en rond die dag af met ‘n skemerkelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!


TO STRAND (PORT EDWARD KZN)

TO Strand is 'n uitsonderlike vakansieoord in Leisure Bay, KwaZulu-Natal, binne trefafstand van Port Edward. Hier kan vakansiegangers uitsien na gesinsvriendelike selfsorg-akkommodasie en 'n groot verskeidenheid doendinge wat selfs die mees kieskeurige lid van die gesin sal vermaak. Verblyf word verskaf in die vorm van een- en twee-slaapkamer chalets, en besoekers is ook welkom om gebruik te maak van kampeergeriewe as hulle die woonwa wil saambring. Die oord se vermaak-opsies sluit mini-golf, vlugbal, tennis, visvang, branderplankry, staproetes, bergfiet-sroetes en kayak-ry in. Daar is ook twee swembaddens, vakansieprogramme vir die kinders in seisoen, 'n restaurant, kroeg en winkel op die perseel. Besoek hul webwerf vir meer inligting en beplan jou wegbreek na hierdie prentjiemooi strandoord sommer dadelik!


ATKV-OORDE GESINSVAKANSIE IN SA

In sommige van die mooiste dele van ons land, lê sewe verruklike oorde waar gaste met ongekende gasvryheid verwelkom word. Elke oord is ’n veilige, ontspanne lushof waar jy jou kan tuismaak vir ’n onvergeetlike gesinsvakansie, jou droomtroue of ’n kulturele ontdekkingsreis! Al die oorde spog met gerieflike selfsorgverblyf, woonwaparke en luukse eenhede waarvan die graderings tussen twee- en vierster wissel. Daar is heerlike eetplekke, sonnige speelplekke, plekke vir salige ontspanning en aksie vir Afrika! Die oorde bied hope pret, soos minigholf, warm- en kouewater-swembaddens, waterwurms, muurbal- en vlugbalbane, springmatte, staproetes, perdry en baie meer vir oud en jonk. Dit is dus ware bekostigbare gesinsvakansies. Met pretnaweke en vakansies word goeie gesinsvermaak van hoë gehalte gebied wat beloof om almal se plesierspier te kielie. 


Copyright © VakansiePlekke 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy