Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

SPA BESTEMMINGS

Ontspan en vind ontvlugting van die gejaag van die lewe met ons spa afdeling. Een spa-sessie en jy sal jouself verbeel jy is op ‘n tropiese eiland waar geen kommer jou lastig kan val nie. Gee om vir jouself en kikker jou gemoed op met ‘n spa-sessie van jou keuse. Elke meisie droom van ‘n verassing waar sy weg geneem word om bloot net bederf te voel met ‘n massering en facial terwyl sy ‘n glasie champanje in die hand het. Is jy ‘n bruid en wil graag ‘n dag van onstpanning en mooimaak geniet saam met jou strooimeisies? Een sessie by ‘n spa smelt al jou stress saggies weg. Kom vind jou pad na ‘n oase van bederf en herlaai jou liggaam, gees en siel.

WOODLANDS HEALING SPA (MULDERSDRIFT)

Woodlands Spa is aan die oewer van die Krokodilrivier in die hartjie van Muldersdrift geleë. Dit is die perfekte omgewing om van die besige stadslewe te ontsnap. Woodlands Spa is 'n juweel, van die oomblik as jy by ons deure inloop, is dit asof jy by die poort van die hemel aangekom het. Ons terapeute is almal hoogs opgelei om te verseker dat jy die mees sublieme ontspannings- en genesingservaring kry. Woodlands Wellness Retreat is ‘n vakansie waarna jou siel smag. Kom weg van alles en maak ruimte om te konsentreer op wat regtig belangrik is - jou gesondheid en geluk. Ons pragtige spa en toevlugsoord is die perfekte plek om te ontspan. 




MOUNT GRACE HOTEL AND SPA (MAGALIESBERG)

Ontdek gemoedsrus by Mount Grace Hotel and Spa, 'n ontspannende plattelandse wegbreek wat jou nooi om aan die stadslewe te ontsnap. Perfek geleë te midde van die majestueuse Magaliesbergberge op 'n uitgestrekte landgoed. Die hotel bied 'n bekoorlike samevoeging van klassieke styl, elegante gemak, asemrowende uitsigte en ryk natuurlike erfenis. Hierdie voorste Hotel het 'n verskeidenheid van 121 luukse en stylvolle kamers en suites om 'n rustige nagrus te bied. Kamers is diskreet in pragtige groen tuine en die omliggende bosveld geleë. Die eksklusiewe suites het aparte leefareas met privaat plonspoeltjies. Die bekroonde Mount Grace Spa is geleë op die heuweltop, met oorweldigende uitsigte oor die Magaliesberg, dit bied 'n gemoedsrusgewende omgewing waarin jy kan ontspan en verjong deur middel van 'n verskeidenheid eksklusiewe skoonheidsbehandelinge.


SEASONS SPA RESORT

Seasons Golf, Leisure and Spa is 'n luukse ontspanningsoord in die hartjie van bosveld. Met 300 hektaar inheemse skoonheid aan die noordelike hange van die Magaliesburgberge, is dit die perfekte plek om te ontspan met 'n skemerkelkie in die hand, ver van die stad se skare. Of jy 'n gholfwegbreek, 'n romantiese naweek vir twee of 'n gesinsvakansie beplan, ons het iets vir almal om te geniet. Ons eksklusiewe eiendom is ontwerp vir die hoogste vlak van gerief met ons luukse verblyf, gesinspretaktiwiteite en eersteklas geriewe. Maak jou verstand, liggaam en gees wakker by Seasons Spa, 'n bestemming waar ontspanning meer net as 'n gemoedstoestand is. Laat ons opgeleide professionele persone toe om jou op 'n reis van rustigheid te neem met ons bederf-behandelings, van masserings en vele meer.


SENSI SPA (GAUTENG)

Our Spa home at Casa Toscana Lodge - devoted to enhancing your overall well-being through a variety of professional therapist services that will encourage the renewal of your mind, body and spirit.” Experience the perfect balance of all senses. The ambiance of our Spa gives the ambiance of well being, harmony and relaxation. A treatment with our qualified therapists we will take you through a journey of stress relief. We offer the tranquillity and rejuvenation of all senses. We will ensure your experience is a personalised one. Our aim is to leave you feeling relaxed, reju-venated, revived and renewed. Our Massage and Spa menu will give you a good choice of options to choose from. From individual treatments, to couples and group massage options.


CRADLE HEALTH SPA (HARTBEESPOORT) NOORD-WES

Poegaai van die gejaag in die stad en uitgehonger vir ’n ordentlike bederfsessie? Of benodig jy 'n lafenis vir herstel van gees en vlees? Pak sommer nou jou naweektas, want Cradle Health Spa is die oase waarna jy smag. Slegs 20 minute vanaf Lanseria en 45 minute vanaf Sandton en Pretoria wag hierdie droombestemming teen die hange van die Magaliesberg in die pragtige Hartbeespoort. Wees verseker van ’n onvergeetlike wegbreek met 12 luukse oornag kamers wat ingerig is vir die toppunt van gemak en ontspanning. Met ’n holistiese benadering tot goedvoel en gesondheid is Cradle Health Spa ook nommerpas vir ’n romantiese vakansie of wegbreek. 



Copyright © VakansiePlekke 2024 - All rights reserved.  |  Privacy Policy