Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

TOP 10 HOTELS BESTEMMINGS

Families vind goud in mekaar met elke wegbreek saam. Beplan jy ‘n vinnige wegbreek of ‘n lekker langpad vakansie? Dit alles sal jy sommer maklik hier kan opspoor. Iets vir elke gesin!

BADPLAAS A FOREVER HOTEL (MPUMALANGA)

Aan die voetheuwels van die Hlumuhlumu-bergreeks in Mpumalanga, slegs 2,5 ure se ry van Gauteng, lê hierdie pragtige vakansie oord geleë langs die Emanzana Natuurreservaat. Forever Badplaas is bekend vir sy natuurlike warmwaterbron, groen tuine en groot skaduryke bome, beslis ‘n ideale gesinsvakansie bestemming. Akkommodasie opsies bestaan uit 48 Hotelkamers. Vir jou ontspanning is daar beide binnenshuis sowel as buitemuurse natuurlike warm-en koue water minerale swembaddens. Die Hidro Spa- en behandelingsentrum bied ‘n verskeindheid behande-linge aan wat jou jonk en lewenskragtig sal laat voel. Verdere ontspanningsfasilitiete sluit in: ‘n waterpark, golfbaan, tennis, strandtennis, go-karts, vlugbal en vele meer.




VALVERDE ECO HOTEL

Gaste wat wakker word by die Valverde Eco Hotel sal dit moeilik vind om te dink hulle is so naby aan die stad. Die hotel bevind homself in die hartjie van die Wieg van die Mensdom, slegs ‘n kort afstand vanaf Lanseria lughawe wat die ligging ideaal maak vir gaste wat per vliegtuig reis. Gaste kan uit 25 ruim, luukse kamers met ‘n landelike gevoel kies en ‘n heerlike ete by die a la carte restaurant geniet. Gratis wifi, asook uitstekende konferensie geriewe vir klein, medium en groot groepe. Valverde Eco Hotel spesialiseer daarin om troues onvergeetlik te maak en die Aloeverde Spa sal enige kommernis moeiteloos laat wegkwyn. Valverde Eco Hotel is pure lafenis vir die siel en die ideale plek om te ontspan en te herlaai sonder om uit Gauteng te reis. Die hotel bied luuksheid teen ‘n baie bekostigbare tarief met die ideale ligging.     



KLOPPENHEIM COUNTRY ESTATE (DULLSTROOM)

Landelike luuksheid net buite Dullstroom – dis wat Gooderson Kloppenheim Country Hotel aan al sy gaste bied. Of jy nou ‘n konferensie wil hou, wil trou, ‘n romantiese ete geniet of ‘n familiefees – hier is iets vir almal. Selfs die wat daarvan hou om aktief te wees sal Gooderson Kloppenheim Country Hotel se ses foreldamme, staproetes, bergfietsroetes, vlugbal en boogskut geniet. As jy meer die tipe is wat daarvan hou om so min as moontlik te doen, is ‘n luilekker dag langs die swembad of ‘n sessie by die spa net die ding vir jou. Daar is drie verskillende verblyfopsies om van te kies, waarvan een ‘n selfsorg opsie is. Die restaurant bedien smullekker disse en die kroeg is ideaal vir ‘n knertsie na ete. Die hele hotel is stylvol gemeubileer en toegerus met bekostigbare luukshede. Maak nie saak wat die seisoen is nie, Gooderson Kloppenheim Country Hotel se ligging en goeie diens sal jou na jou asem laat snak.


GOODERSON NATAL SPA (KWAZULU-NATAL)

‘n Oase in die hartjie van KwaZulu-Natal se bosveld wink tussen Vryheid en Paulpietersburg. Die Gooderson Natal Spa Hot Springs & Leisure Resort bied ’n reeks aktiwiteite vir oud en jonk, alles teen die agtergrond van die pragtige Bivanerivier. Ongeag of jy wil vakansie of spanbou hou, jy kan kies uit 54 ruim en gerieflike ensuite slaapkamers of 23 selfsorgeenhede, asook drie goed-toegerusde konferensielokale wat 10-120 mense kan akkommodeer. Verblyfopsies sluit onder andere enkel-, dubbel-, en gesinskamers in. Jy kan ontspan in die Termiese warmwater-swembaddens, ’n oorvloed geveerde vriende besigtig of meer aktief raak met ’n 22km bergfiets- en drafpad, BMX-baan, visvang, perdry, tennis, muurbal of selfs verfbal! Bergfietse en BMX-fietse is te huur by die oord.


Copyright © VakansiePlekke 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy