Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

TOP 10 SPA BESTEMMINGS

Ontspan en vind ontvlugting van die gejaag van die lewe met ons spa afdeling. Een spa-sessie en jy sal jouself verbeel jy is op ‘n tropiese eiland waar geen kommer jou lastig kan val nie. Gee om vir jouself en kikker jou gemoed op met ‘n spa-sessie van jou keuse. Elke meisie droom van ‘n verassing waar sy weg geneem word om bloot net bederf te voel met ‘n massering en facial terwyl sy ‘n glasie champanje in die hand het. Is jy ‘n bruid en wil graag ‘n dag van onstpanning en mooimaak geniet saam met jou strooimeisies? Een sessie by ‘n spa smelt al jou stress saggies weg. Kom vind jou pad na ‘n oase van bederf en herlaai jou liggaam, gees en siel.

WOODLANDS HEALING SPA (MULDERSDRIFT)

Woodlands Spa is aan die oewer van die Krokodilrivier in die hartjie van Muldersdrift geleë. Dit is die perfekte omgewing om van die besige stadslewe te ontsnap. Woodlands Spa is 'n juweel, van die oomblik as jy by ons deure inloop, is dit asof jy by die poort van die hemel aangekom het. Ons terapeute is almal hoogs opgelei om te verseker dat jy die mees sublieme ontspannings- en genesingservaring kry. Woodlands Wellness Retreat is ‘n vakansie waarna jou siel smag. Kom weg van alles en maak ruimte om te konsentreer op wat regtig belangrik is - jou gesondheid en geluk. Ons pragtige spa en toevlugsoord is die perfekte plek om te ontspan. 




CRADLE HEALTH SPA (HARTBEESPOORT) NOORD-WES

Poegaai van die gejaag in die stad en uitgehonger vir ’n ordentlike bederfsessie? Of benodig jy 'n lafenis vir herstel van gees en vlees? Pak sommer nou jou naweektas, want Cradle Health Spa is die oase waarna jy smag. Slegs 20 minute vanaf Lanseria en 45 minute vanaf Sandton en Pretoria wag hierdie droombestemming teen die hange van die Magaliesberg in die pragtige Hartbeespoort. Wees verseker van ’n onvergeetlike wegbreek met 12 luukse oornag kamers wat ingerig is vir die toppunt van gemak en ontspanning. Met ’n holistiese benadering tot goedvoel en gesondheid is Cradle Health Spa ook nommerpas vir ’n romantiese vakansie of wegbreek. 



RIVERVIEW SPA AND BED & BREAKFAST

Hier kan besoekers uitsien na 'n rustige, landelike atmosfeer op die oewer van die pragtige Krokodilrivier. Die spa bied halfdag- of voldagpakkette wat maaltye insluit. Die restaurant op die perseel bedien ontbyt en ander heerlike maaltye. Riverview Spa is 'n ideale wegbreek-bestemming vir geliefdes, familie, of vriende om saam tyd te spandeer. Laat die rustige water en die skoonheid van die natuur jou van jou voete afvee en die sorge van die wêreld wegdoen. Die omgewing is perfek om die spesiale persoon in jou lewe te bederf, so kom geniet die borrels in die jacuzzi en 'n private piekniek by verskillende piekniekplekke met 'n uitsig op die rivier. Die ses chalets op die perseel is privaat en ideaal om in oor te bly na 'n heelike Spa-dag of net vir 'n wegbreek van die besige stad.



SENSI SPA (GAUTENG)

Our Spa home at Casa Toscana Lodge - devoted to enhancing your overall well-being through a variety of professional therapist services that will encourage the renewal of your mind, body and spirit.” Experience the perfect balance of all senses. The ambiance of our Spa gives the ambiance of well being, harmony and relaxation. A treatment with our qualified therapists we will take you through a journey of stress relief. We offer the tranquillity and rejuvenation of all senses. We will ensure your experience is a personalised one. Our aim is to leave you feeling relaxed, reju-venated, revived and renewed. Our Massage and Spa menu will give you a good choice of options to choose from. From individual treatments, to couples and group massage options.


Copyright © VakansiePlekke 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy