Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

TOP 30 BESTEMMINGS IN SA

Neem 'n reis saam met ons. Hier is ons TOP 30 bestemmings in SA. Perfek vir enige avontuurlistige vakansieganger. Jy kan direk navrae doen, geen middelman. Klik net op die skakels. Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf, kamp, vakansieoorde, romantiese wegbreek, spa bestemmings, hotelle, lodges en nog vele meer.

GOODERSON NATAL SPA (KWAZULU-NATAL)

‘n Oase in die hartjie van KwaZulu-Natal se bosveld wink tussen Vryheid en Paulpietersburg. Die Gooderson Natal Spa Hot Springs & Leisure Resort bied ’n reeks aktiwiteite vir oud en jonk, alles teen die agtergrond van die pragtige Bivanerivier. Ongeag of jy wil vakansie, vergadering, konferensie of spanbou hou, jy kan kies uit 54 ruim en gerieflike ensuite slaapkamers of 23 selfsorgeenhede, asook drie goedtoegerusde konferensielokale wat 10-120 mense kan akkommodeer. Verblyfopsies sluit onder andere enkel-, dubbel-, en gesinskamers in. Jy kan ontspan in die Termiese warmwaterswembaddens, ’n oorvloed geveerde vriende besigtig of meer aktief raak met ’n 22km bergfiets- en drafpad, BMX-baan, visvang, perdry, tennis, muurbal of selfs verfbal! Bergfietse en BMX-fietse is te huur by die oord.


KAGGA KAMMA (SEDERBERGE) WES-KAAP

Vars lug, asemrowende natuurskoon en ‘n uitsig wat jou na jou asem sal laat snak – dit is maar net om ‘n paar van die menige besonderse ervarings wat jy by Kagga Kamma sal beleef te noem; en dan het ons nog nie eers gepraat van die smaaklike kos, ‘n ontspanne spa-ondervinding wat jou soos nuut sal laat voel, of die unieke suites nie. Hier kan jy ‘n aand onder die naghemel deur-bring in een van die gewilde opelug-suites, of ontspan in een van die ruim grasdak-suites, of beleef ‘n besonderse tyd in die indrukwekkende grotsuites wat deelvorm van ‘n natuurlike sand-steen rotsformasie – die keuse in joune. Elkeen van die suites bied iets uniek, elkeen is stylvol uit gemeubileerd met alles wat jy nodig het, sodat jy kan ontspan en Kagga Kamma se eie soortige akkomadasie kan geniet. Elke ervaring by Kagga Kamma is uniek - van ‘n romantiese aand vir twee tot ‘n gesinvakansie waar julle die natuur se skoonheid kan bewonder. 



WILDEHONDEKLOOF (OUDSHOORN) WES-KAAP

‘n 4000 Hektar Game Lodge wat sagkuns op die oog val naby geleë  aan Oudsthoorn, Wes-Kaap, met 8 luukse kamers en 1 privaat luukse suite wat uitloer oor die Swartberge. Elkeen van hierdie luukse kamers is toegerus met lugverkoeling sowel as en-suite badkamers. Klink dit nie na die perfekte vakansie nie? Wildehondekloof is ‘n bestemming soos geen ander. Met uitsigte oor berge en riviere belowe ‘n vleisie oor die kole om ‘n permanente indruk op enige vakansieganger te maak. Verniet Wi-Fi stel besigheidsmanne in staat om Wildehondekloof ten volle te gebruik vir ‘n wegbreek konferensie, terwyl diè bestemming ook perfek is vir ‘n romantiese wegbreek. Kom geniet die Wes-Kaap by Wildehondekloof, dit beloof om ‘n ervaring van ‘n leeftyd te wees.



OXWAGON LODGE (HARTBEESPOORT)

As jy opsoek is na iets heeltemal buitengewoon en onvergeetlik, dan is Oxwagon Lodge die antwoord. Hierdie spesialiteits lodge is in die hartjie van die Hartbeespoortdam-area geleë en bied akkommodasie, konferensie- en trou-fasiliteite, ‘n gesellige kroeg, ‘n buite area vir funksies met asemrowende uitsigte, ‘n piekniek area en ‘n restaurant. Die ses oorspronklike en gerestaureerde ossewaens bied gesellige en een-voudige akkommodasie aan met ‘n chalet wat aan elke ossewa verbind is vir moderne gerief-likhede en ekstra spasie. Die Upper Bus is ‘n dubbelverdieping bus wat ideaal is vir groter groepe. Akkommodasie sluit ‘n sjampanje-ontbyt die volgende oggend in. Die Oxwagon Lodge is die ideale plek om as jou basis te gebruik wanneer jy die pragtige Harties area wil verken. Vat jouself terug na die ou dae waar die lewe meer eenvoudig was en geniet die warm gasvryheid van die Oxwagon Lodge.


LOSKOPDAM (MIDDELBURG) MPUMALANGA

As dit by keuses kom bied Loskopdam jou genoeg van alles – van verblyf, swembaddens, vermaak en kos tot aktiwiteite, sport en die natuur. Daar is genoeg van alles en iets vir almal. Loskopdam is ‘n Forever Resort wat bekend is vir onvergeetlike bekostigbare vakansies, enige tyd van die jaar. Met verblyf opsies wat houthuise, chalets, familie huis en kampeerplek insluit is daar regtig iets vir almal se doel en begroting. Kinders sal nooit verveeld wees met al die aktiwiteite wat tot hul beskikking is nie – daar is ‘n minigholfbaan, ‘n tennisbaan, verskeie klimrame, swaaie, swem-baddens en pooltafels. As jy daarvan hou om op die oewer van ‘n dam saligheid te vind, gaan jy mal wees oor die opsies by Loskopdam. Gaste kan kies om langs die dam te kampeer of vis te vang. Loskopdam is slegs twee-en-‘n-half ure se ry van Johannesburg af wat die ligging ideaal maak vir ‘n heerlike wegbreek. Onthou om jou boot te haak vir lekker pret op die water. 


WATERFALL SAFARI LODGE (MIDDELBURG)

Die vreedsame bosveld ligging gemeng met die warm gasvryheid van die vriendelik personeel is wat Waterfall Safari Lodge so besonders maak. Waterfall Safari Lodge is deel van die Forever Resorts groep wat bekend is vir onvergeetlike bekostigbare vakansies, enige tyd van die jaar. Besoekers aan die Lodge kan uitsien na ‘n avontuurlustige 4x4 roete, ‘n asemrowende piekniek langs die beeldskone waterval en die idiliese rotsswembad waarin besoekers lekker kan afkoel in die somermaande. Die sjarme van Afrika en die skoonheid van die Kranspoort-bergreeks dra by tot Waterfall Safari Lodge se gewildheid. Van lekker gesinsvakansies tot ‘n romantiese troues of professionele dag konferensies – daar is iets vir almal teen pryse wat alle gaste tevrede sal stel. Waterfall Safari Lodge beskik ook oor ‘n aangename en baie gewilde restaurant, 6 slaper gastehuis en karaktervolle houteenhede wat slaapplek bied vir twee tot vier gaste. Die kampeerterrein is slegs vir 4x4 karavane, klein en intiem waar jy die naggeluide nog suiwer kan hoor.


FARR OUT GUESTHOUSE (PATERNOSTER)

Minder as twee ure se ry vanaf Kaapstad, lê die Weskus se juweel: Paternoster. Die Farr Out Gastehuis is aan die buitewyke van die dorp geleë met ‘n uitsig oor die baai wat jou na jou asem sal laat snak. Die gastehuis bied alles aan wat jy sal benodig om liggaam en siel te laat rus, en nog meer. Die verblyf bestaan uit vier gerieflike en-suite kamers, elkeen op sy unieke manier versier. Gaste kan ook oorbly in die baie spesiale glans-kamp opsie genaamd die „Wigwam Rising Moon“. Hierdie tent is van Noord-Amerikaanse oorsprong en is 40 meter vanaf die gastehuis geleë, tussen die pragtige fynbos. Die tent beskik oor al die moderne geriewe en bied aan gaste ‘n buitengewone ervaring wat hulle altyd sal bybly.  Moenie ‘n rit in die duinebesie mis of ‘n salige ontspanning-sessie in die warm „Flintstone’s Jacuzzi“ laat verbygaan nie. As jy nuuskierig is, sal die interessante tuin vir jou hope genot verskaf. Alle besprekings sluit ontbyt die volgende oggend in.



THABA KHAYA (MABALINGWE) NOORD-WES

'n 4 500 hektar paradys geleë in die hartjie van die bekroonde Noord-Wes. Hierdie vier-ster lodge is gerieflik in 'n malaria vrye area geleë en slegs 'n 90 minute rit vanaf Jhb. Thaba Khaya bied verblyf vir slegs 16 gaste sorg vir 'n private en afgesonderde naweek tussen die prag van koorsbome en watergate wat oorloop met wild. Verblyf sluit volle etes voorberei deur 'n professionele chef in sowel as die gebruik van sekere aktiwiteite wat Thaba Khaya bied. Heerlike aktiwiteite soos kookkursusse in die bosveld, wildsritte, voëlkyk, lugballon ritte en vele meer. Thaba Khaya is perfek vir 'n romantiese naweek weg, 'n naweek van rus sonder om te  bekommer oor die volgende maaltyd, 'n vakansie saam die familie of 'n retreat om weg te breek van die stad se gedruis. 



Copyright © VakansiePlekke 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy