Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

TOP 30 VAKANSIE-BESTEMMINGS

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf, kamp, vakansieoorde, romantiese wegbreek, spa bestemmings, hotelle, lodges en nog vele meer.

HALYARD HOTEL AND SPA (PORT ALFRED)

Geleë in die Oos Kaap, op die Royal Alfred Marina in Port Alfred, bied die Halyards Hotel & Spa beeldskone uitsigte van die Kowie-rivier. Die hotel se posisie is ideaal vir geleenthede soos troues en konferensies. Hulle spog met 49 bekostigbare kamers, geskik vir paartjies, gesinne, en korporatiewe gaste, elk toegerus met en-suite geriewe. Die Wheelhouse Bar & Pooldeck en Charthouse Restaurant bedien heerlike etes, terwyl aktiwiteite bootvaarte en spa behandelings by die River Spa insluit. Die hotel bied ook die Spirit of Adventure, 'n vragskuit beskikbaar vir groot groepe en privaat funksies.Verwag goeie kos en vriendelike diens. Die Wheelhouse Bar & Pooldeck is gunstelinge onder inwonende gaste en publieke patrone. Die Pooldeck, met swembad en jacuzzi, is 'n lieflike spasie vir informele, buitelug etes. 


INDABA LODGE - RICHARDS BAY

Ontdek 'n unieke en uitnodigende toevlugsoord net twee uur noord van Durban by Indaba Lodge Richards Bay. Dompel jouself in die ontspanne gasvryheid en gerief van ons sentraal geleë hotel, waar die weelderige skoonheid van hierdie subtropiese paradys die uitgestrekte savanne van naburige wildreservate ontmoet. Ervaar die ryk tradisies van Zulu-kultuur terwyl jy rustige stappies langs die ongerepte strande van die TuziGazi-kus geniet. Ons verblyf is ontwerp met jou gemak in gedagte, met stylvolle dekor, volle lugversorging en vyf luukse suites. Ontspan op Trevally se Dek met 'n verfrissende ambagsbier of geniet 'n cocktail by Trevally se Bar. Eet in ons ruim, elegante restaurant, waar 'n verkwikkende buffet jou palet sal verwonder. Kom ervaar 'n perfekte mengsel van ontspanning en avontuur by Indaba Lodge Richards Bay.



WILDEHONDEKLOOF (OUDTSHOORN) WES-KAAP

‘n 4000 Hektar Game Lodge wat sagkuns op die oog val naby geleë  aan Oudtshoorn, Wes-Kaap, met 8 luukse kamers en 1 privaat luukse suite wat uitloer oor die Swartberge. Elkeen van hierdie luukse kamers is toegerus met lugverkoeling sowel as en-suite badkamers. Klink dit nie na die perfekte vakansie nie? Wildehondekloof is ‘n bestemming soos geen ander. Met uitsigte oor berge en riviere belowe ‘n vleisie oor die kole om ‘n permanente indruk op enige vakansieganger te maak. Verniet Wi-Fi stel besigheidsmanne in staat om Wildehondekloof ten volle te gebruik vir ‘n wegbreek konferensie, terwyl diè bestemming ook perfek is vir ‘n romantiese wegbreek. Kom geniet die Wes-Kaap by Wildehondekloof, dit beloof om ‘n ervaring van ‘n leeftyd te wees.



RIVERSTONE LODGE (MULDERSDRIFT)

Slegs ’n klipgooi vanaf Lanseria lughawe, wag ’n stukkie lafenis vir jou siel. Ontsnap uit die stad en neem die pad na Riverstone Lodge in Muldersdrift - ’n onvergeetlike oase langs die wal van die Krokodilrivier. Riverstone Lodge bied pragtige ruim kamers omring deur prentjiemooi tuine en koi-dammetjies. Opsies vir akkommodasie sluit in Executive suites met ’n private balkon, ’n Superior suite met ’n private plaspoel en tuin, Junior suite met ’n private plaspoel, ’n rolstoel-vriendelike familie opsie en standaard kamers met ’n patio wat jou uitlei na die swembad. Bespreek jou tafel by Driftwood restaurant vir ’n rustige aandjie uit met ’n tikkie Portugal!


DE ZEEKOE (OUDTSHOORN)

Geniet die rustigheid van die Karoo by de Zeekoe net buite Oudtshoorn. De Zeekoe is net 7 km buite die dorp van Oudtshoorn. ‘n Wegbreek na de Zeekoe gasteplaas is die perfekte geleentheid om hierdie natuurskoon en stilte van die Karoo te geniet. Geniet luukse bed en ontbyt kamer opsies by die hoofhuis of die drie volledig toegeruste luukse kothuise. Die eenhede is selfsorg en kom met al die luukshede wat verwag kan word; gratis Wifi en lugversorgin en selfs ‘n binne- en buite braai. Ontbyt word soggens bedien in die hoof restaurant en daar is ‘n groot verskeidenheid om van te kies. Hier is ook hope aktiwiteite waarmee jy jou kan besig hou wanneer jy moeg raak van ontspan. Daar is piekniek areas, ‘n sout water swembad, fiets-ry roetes, kanovaart en bring jou eie visvang gereedskap en jy kan ‘n lyntjie in die water gooi. Geniet sterrekyk toere of stap saam op ons privaat voëltoere. Die nuwe restaurant en bar sorg vir alle honger en dors behoeftes.



LETSATSI GAME LODGE (SUID- VRYSTAAT)

Ondek ’n stukkie ongerepte hemel-op-aarde. In die hartjie van die Suid-Vrystaat, bied Letsatsi Game Lodge ’n toevlug vir natuurliefhebbers en fynproewers. Wat ookal jou behoefte is, hier kan jy kieskeurig wees - ’n Wildsreservaat, hooflodge, boskampe, luukse grasdak-chalets en spanboufasiliteite is alles tot jou beskikking. Snoesig tussen die heuwels lê die boskamp met 20 luukse tweepersoon-tente, met abslusiegeriewe, terwyl die hooflodge jou innooi na 28 grasdak-chalets met ’n verskeidenheid slaapopsies vir paartjies. Besigtig voëls en springbok tot eland en kameelperd in safaristyl of span uit onder die sterre vir ’n rustige romantiese aandjie.


TO STRAND (PORT EDWARD KZN)

TO Strand is 'n uitsonderlike vakansieoord in Leisure Bay, KwaZulu-Natal, binne trefafstand van Port Edward. Hier kan vakansiegangers uitsien na gesinsvriendelike selfsorg-akkommodasie en 'n groot verskeidenheid doendinge wat selfs die mees kieskeurige lid van die gesin sal vermaak. Verblyf word verskaf in die vorm van een- en twee-slaapkamer chalets, en besoekers is ook welkom om gebruik te maak van kampeergeriewe as hulle die woonwa wil saambring. Die oord se vermaak-opsies sluit mini-golf, vlugbal, tennis, visvang, branderplankry, staproetes, bergfiet-sroetes en kayak-ry in. Daar is ook twee swembaddens, vakansieprogramme vir die kinders in seisoen, 'n restaurant, kroeg en winkel op die perseel.



TSITSIKAMMA LODGE AND SPA (WES-KAAP)

Tsitsikamma Lodge & Spa, geleë langs die Tuinroete, lê in die hart van Tsitsikamma. Tsitsikamma is 'n Khoisan woord wat "plek van baie water" beteken. Die oorvloed van water in die area is duidelik — die lodge is omring deur weelderige groen tuine en berge. Hierdie bekroonde 3-ster lodge bestaan uit 34 karakteristieke vrystaande houthutte en 'n selfsorg eenheid. Elke hut het 'n spa-bad en privaat braaigeriewe. Binne die hoofgebou is daar 'n restaurant, kroeg en lapa. 'n Gesellige sitkamer met 'n kaggel bied die perfekte atmosfeer vir 'n koppie koffie of voor-etekans.Staproetes is die gewildste aktiwiteit op die perseel, veral die beroemde "Striptease Trail". Besoek die spa vir 'n ekstra rustige ervaring. 'n Verblyf by Tsitsikamma Lodge is nie volledig sonder 'n besoek aan die spa nie. 'n Paar-massage word sterk aanbeveel vir 'n besondere ervaring.



BADPLAAS A FOREVER RESORT (MPUMALANGA)

Hierdie bekroonde Mpumalanga oord is geleë in die Emanzana Natuurreservaat, en is bekend vir sy warm mineralebron, en is slegs 2.5 uur se ry van Gauteng af. Akkomodasie behels 48 hotel-kamers, 161 selfsorg chalets en 300 karavaanstaanplekke wat toegerus is met kragpunte. Die kamp bied uiters netjiese ablusie fasiliteite, wat ook ‘n fasiliteit vir gestremde persone insluit. Die natuurreservaat kan verken word deur te bespreek vir een van ons gewilde wildritte, u kan dit ook in u privaatvoertuig, of selfs te perd verken. Die reservaat het talle bok en voëlspesies, sowel as kameelperde. Vir jou ontspanning kan jy kies uit die talle watersport-geriewe, soos waterglybane, die Rinkhals, sowel as mineraalwater warm en koue swembaddens. 


ARENDSIG VILLA (BELA-BELA)

ArendSig Villa is 'n afgesonderde selfsorg-wegbreekplek vir gesinne in die Mabula Wildreservaat. ArendSig is die perfekte plek vir vriende en familie wat op soek is na 'n luukse wegbreek in die bosveld. Die villa beskik oor 4 dubbel-kamers met pragtige en suite-badkamers, elk met 'n bad en stort. Daar is ook privaat buitelug-storte. Die kombuis is volledig toegerus en daar is 'n oopplan-sitkamer en -eetarea, asook 'n biblioteek. Daar is ook 'n pooltafel, gimnasium toerusting, TV met sekere DStv-kanale en DVD-speler. Daar is 'n ysmasjien. Nespresso koffiemasjien en skottel-goedwasser vir gaste se gerief en 'n daaglikse skoonmaakdiens. Gaste het toegang tot 'n swembadkamer met 'n stoom-sauna, swembad en Jacuzzi. Die lapa is ideaal vir braai en aandete onder die sterre. Vuurmaakhout word voorsien.'n Voertuig en wildbewaarder is beskikbaar vir opwindende, privaat wildritte.


BERCHTESGADEN RANCH & FARM (VAALWATER)

Berchtesgaden Game Ranch en Lifestyle Farm is 'n bestemming wat baie geliefd is deur plaaslike reisigers weens sy ongerepte ekosisteme, 'n oorvloed wild, die volhoubare boerderymetodes en luukse akkommodasie - alles binne twee uur vanaf OR Tambo Internationale lughawe. Dit alles word gekombineer om 'n ervaring buite die stad te skep waar gaste tuis kan voel en al ons geriewe en aktiwiteite kan benut terwyl die ongerepte natuur ervaar word. Die Ranch & Farm is twee afsonderlike entiteite wat in harmonie mekaar aanvul. By die Lodge en wildsplaas sal gaste verlore raak in die ongerepte skoonheid van die Afrika-bos en die oorvloed van verskeie spesies wild met 'n menigte aktiwiteite en avonture. Net aan die oorkant van die teerpad by die Lewenstyl Boerplaas sal die kommersiële boerdery aktiwiteite gevind word waaruit ook baie van die etes wat u sal nuttig voorberei word. 


MBIZI GAME LODGE & SPA (LIMPOPO)

’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n of ‘n vriendegroep wat nuwe herinneringe wil opteken. Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, soos ‘n wye verskeidenheid voël spesies,eksotiese wild , 4X4 Berg roetes , bergfiets-roetes, onder dak verhitte swembaddens, staproetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, ontspan by die Bophelo Spa en rond die dag af met ‘n skemerkelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!


WOODLANDS HEALING SPA (MULDERSDRIFT)

Woodlands Spa is aan die oewer van die Krokodilrivier in die hartjie van Muldersdrift geleë. Dit is die perfekte omgewing om van die besige stadslewe te ontsnap. Woodlands Spa is 'n juweel, van die oomblik as jy by ons deure inloop, is dit asof jy by die poort van die hemel aangekom het. Ons terapeute is almal hoogs opgelei om te verseker dat jy die mees sublieme ontspannings- en genesingservaring kry. Woodlands Wellness Retreat is ‘n vakansie waarna jou siel smag. Kom weg van alles en maak ruimte om te konsentreer op wat regtig belangrik is - jou gesondheid en geluk. Ons pragtige spa en toevlugsoord is die perfekte plek om te ontspan. 



Copyright © VakansiePlekke 2024 - All rights reserved.  |  Privacy Policy