Screen Size

VOLG ONS IDEES OM DIE LEKKERSTE VAKANSIE OF WEGBREEK TE BEPLAN!

VAKANSIEGIDS

Die Vakansie seisoen is hier! Berge, riviere, see en die bosveld wag! Suid-Afrikaners se soektog na hulle vakansie of wegbreek begin hier! Ons het vir julle ‘n unieke Vakansiegids bymekaar gesit om julle beplanning 'n briesie te maak.

CRADLE HEALTH SPA (HARTBEESPOORTDAM)

Poegaai van die gejaag in die stad en uitgehonger vir ’n ordentlike bederfsessie? Of benodig jy 'n lafenis vir herstel van gees en vlees? Pak sommer nou jou naweektas, want Cradle Health Spa is die oase waarna jy smag. Slegs 20 minute vanaf Lanseria en 45 minute vanaf Sandton en Pretoria wag hierdie droombestemming teen die hange van die Magaliesberg in die pragtige Hartbeespoort. Wees verseker van ’n onvergeetlike wegbreek met 12 luukse oornag kamers wat ingerig is vir die toppunt van gemak en ontspanning. Met ’n holistiese benadering tot goedvoel en gesondheid is Cradle Health Spa ook nommerpas vir ’n romantiese vakansie of wegbreek. 


DE ZEEKOE (OUDTSHOORN)

n Wegbreek by De Zeekoe buite Oudtshoorn in die Klein Karoo is 'n perfekte geleentheid om die natuurskoon en stilte van die Karoo te kom geniet. De Zeekoe het drie volledig toegeruste luukse kothuise wat ‘n wegbreek in die Karoo ‘n luukse ervaring bied. Die eenhede is selfsorg en kom met al die luukshede wat verwag kan word; mini-kroeg, gratis Wifi, lugversorging wat koud gaan in die warm dae en warm gaan in die koue nagte en selfs ‘n binne- en buite braai. Daar is ook ‘n swembad vir die eksklusiewe gebruik vir die kothuise se inwoners om af te koel. Ontbyt word soggens bedien in die hoof restaurant en daar is ‘n groot verskeidenheid om van te kies. Daar is piekniek areas, wildritte, fiets-ry roetes, kanovaart en bring jou eie visvang gereedskap en jy kan ‘n lyntjie in die water gooi.


WILDEHONDEKLOOF (OUDTSHOORN) WES-KAAP

‘n 4000 Hektar Game Lodge wat sagkuns op die oog val naby geleë  aan Oudtshoorn, Wes-Kaap, met 8 luukse kamers en 1 privaat luukse suite wat uitloer oor die Swartberge. Elkeen van hierdie luukse kamers is toegerus met lugverkoeling sowel as en-suite badkamers. Klink dit nie na die perfekte vakansie nie? Wildehondekloof is ‘n bestemming soos geen ander. Met uitsigte oor berge en riviere belowe ‘n vleisie oor die kole om ‘n permanente indruk op enige vakansieganger te maak. Verniet Wi-Fi stel besigheidsmanne in staat om Wildehondekloof ten volle te gebruik vir ‘n wegbreek konferensie, terwyl diè bestemming ook perfek is vir ‘n romantiese wegbreek. Kom geniet die Wes-Kaap by Wildehondekloof, dit beloof om ‘n ervaring van ‘n leeftyd te wees.


GARIEP, A FOREVER RESORT

By die Gariep Forever Resort sal jy ’n oase vind wat verkwikking en vermaak bied aan oud en jonk - selfs buiteseisoen afslag vir seniorburgers! Hierdie is jou perfekte halfpad-afpakplek tussen Gauteng en die Kaap, naby die N1 en 180km Suid van Bloemfontein. Die oord bied 44 chalets, met onderskeidelik twee- of drieslaapkamers, sowel as 12 chalets met ’n prentjiemooi uitsig oor die Gariepdam met ’n opsie vir een- of tweeslaapkamers. Kom kuier ook sommer met jou woonwa om die grootste dam in Suid-Afrika - daar is 106 staanplekke met twee gedeelde ablusiegeriewe en 16 staanplekke met private ablusiegeriewe. Stap dan verder vir aktiwiteite al die pad van bergfietsry, visvang en staproetes tot piekniek, swem en tennis.



RIVERSTONE LODGE (MULDERSDRIFT)

Slegs ’n klipgooi vanaf Lanseria lughawe, neffens die Wieg van die Mensdom, wag ’n stukkie lafenis vir jou siel. Ontsnap uit die stad na Riverstone Lodge in Muldersdrift - ’n onvergeetlike oase langs die wal van die Krokodilrivier. Riverstone Lodge bied 51 pragtige ruim kamers omring deur prentjiemooi tuine en koi-dammetjies. Opsies vir akkommodasie sluit in 12 Executive suites met ’n private balkon, ’n Superior suite met ’n private plaspoel en tuin, Junior suite met ’n private plaspoel, ’n rolstoelvriendelike familie opsie en 36 standaard kamers met ’n patio wat jou uitlei na die swembad. Besoek ons Driftwood Restaurant vir ’n rustige aandjie uit met ’n tikkie Portugal!


TO STRAND VAKANSIEOORD (LEISURE BAY)

TO Strand is 'n uitsonderlike vakansieoord in Leisure Bay, binne trefafstand van Port Edward. Hier kan vakansiegangers uitsien na gesinsvriendelike selfsorg-akkommodasie en 'n groot verskei-denheid doendinge wat selfs die mees kieskeurige lid van die gesin sal vermaak. Verblyf word verskaf in die vorm van een- en twee-slaapkamer chalets, en besoekers is ook welkom om gebruik te maak van kampeergeriewe as hulle die woonwa wil saambring. Die oord se vermaak-opsies sluit mini-golf, vlugbal, tennis, visvang, branderplankry, staproetes, berg-fietsroetes en kayak-ry in. Daar is ook twee swembaddens, vakansieprogramme vir die kinders in seisoen, 'n restaurant, kroeg en winkel op die perseel. 



MBIZI GAME LODGE & SPA (LIMPOPO)

’n Perfekte wegbreek van die besige stadsrumoer, is Mbizi uitgeknip vir ‘n familie vakansie, ‘n of ‘n vriendegroep wat nuwe herinneringe wil opteken. Verblyf opsies strek vanaf karavaan staanplekke met private ablusie geriewe en selfs met jou eie Jacuzzi, eko-vriendelike boskampe, selfsorg eenhede Tenthuise en Bergvillas. Verder spog Mbizi met ‘n reeks aktiwiteite, soos ‘n wye verskeidenheid voël spesies,eksotiese wild , 4X4 Berg roetes , bergfiets-roetes, onder dak verhitte swembaddens, staproetes, naby geleë aan golfbane en vele meer. Begin jou dag deur die vangs van die dag te vang in talle damme, ontspan by die Bophelo Spa en rond die dag af met ‘n skemerkelkie by die bekende Klipgat Cocktail bar waar jy binne in die swembad sit , Mbizi het dit alles!


CLUB MYKONOS (LANGEBAAN) WESKUS

Club Mykonos strandoord in Langebaan is 'n stukkie outentieke Griekeland aan die Kaapse Weskus. Hierdie gesinsvriendelike bestemming is geleë op die rustige oewer van die skilderagtige Langebaan-strandmeer en bied 'n unieke opsie vir familie-vakansies, konferensies, spesiale geleenthede en nog meer. Die oord bied gaste die opsie van drie smaakvolle akkommodasie aanbiedinge, wat die drie-ster Athenian Cascades en Terraces-eenhede, sowel as die vier-ster Preferred-eenhede insluit. Daar is ook 'n wye verskeidenheid van dinge om te sien om te doen - doen aan by die casino om jou geluk op die proef te stel, ry vierwielmotorfiets saam met die kinders, geniet 'n seekosmaaltyd by een van die oord se liplek-restaurante of spandeer die dag op die strand. Die opsies is eindeloos by Club Mykonos!



BADPLAAS A FOREVER RESORT (MPUMALANGA)

Hierdie bekroonde Mpumalanga oord is geleë in die Emanzana Natuurreservaat, en is bekend vir sy warm mineralebron, en is slegs 2.5 uur se ry van Gauteng af. Akkomodasie behels 48 hotel-kamers, 161 selfsorg chalets en 300 karavaanstaanplekke wat toegerus is met kragpunte. Die kamp bied uiters netjiese ablusie fasiliteite, wat ook ‘n fasiliteit vir gestremde persone insluit. Die natuurreservaat kan verken word deur te bespreek vir een van ons gewilde wildritte, u kan dit ook in u privaatvoertuig, of selfs te perd verken. Die reservaat het talle bok en voëlspesies, sowel as kameelperde. Vir jou ontspanning kan jy kies uit die talle watersport-geriewe, soos waterglybane, die Rinkhals, sowel as mineraalwater warm en koue swembaddens. 



KLOPPENHEIM COUNTRY ESTATE (DULLSTROOM)

Landelike luuksheid net buite Dullstroom – dis wat Gooderson Kloppenheim Country Hotel aan al sy gaste bied. Of jy nou ‘n konferensie wil hou, wil trou, ‘n romantiese ete geniet of ‘n familiefees – hier is iets vir almal. Selfs die wat daarvan hou om aktief te wees sal Gooderson Kloppenheim Country Hotel se ses foreldamme, staproetes, bergfietsroetes, vlugbal en boogskut geniet. As jy meer die tipe is wat daarvan hou om so min as moontlik te doen, is ‘n luilekker dag langs die swembad of ‘n sessie by die spa net die ding vir jou. Daar is drie verskillende verblyfopsies om van te kies, waarvan een ‘n selfsorg opsie is. Die restaurant bedien smullekker disse en die kroeg is ideaal vir ‘n knertsie na ete. Die hele hotel is stylvol gemeubileer en toegerus met bekostigbare luukshede. Maak nie saak wat die seisoen is nie, Gooderson Kloppenheim Country Hotel se ligging en goeie diens sal jou na jou asem laat snak.



GOODERSON NATAL SPA (KWAZULU-NATAL)

‘n Oase in die hartjie van KwaZulu-Natal se bosveld wink tussen Vryheid en Paulpietersburg. Die Gooderson Natal Spa Hot Springs & Leisure Resort bied ’n reeks aktiwiteite vir oud en jonk, alles teen die agtergrond van die pragtige Bivanerivier. Ongeag of jy wil vakansie, vergadering, konferensie of spanbou hou, jy kan kies uit 54 ruim en gerieflike ensuite slaapkamers of 23 self-sorgeenhede. Verblyfopsies sluit onder andere enkel-, dubbel-, en gesinskamers in. Jy kan ontspan in die Termiese warmwaterswembaddens, ’n oorvloed geveerde vriende besigtig of meer aktief raak met ’n 22km bergfiets- en drafpad, BMX-baan, visvang, perdry, tennis, muurbal of selfs verfbal! Bergfietse en BMX-fietse is te huur by die oord.


RITSAKO GAME LODGE (DINOKENG) GAUTENG

Binne in die Dinokeng Groot 5 natuur reservaat slegs 45 kilometer Noord van die Jakaranda stad. Ritsako spog met 19 luukse volle toegeruste eenhede wat Ontbyt insluit ,dit alles met 'n privaat swembad op jou agterstoep waar die wild sommer  naby aan jou eenheid pronk. Verkies jy eerder self kos te maak? Ritsako bied ook selfsorg eenhede wat perfek is vir Families, paartjies, vriende of enige iemand wat wil ontsnap vanaf die daaglikse gejaag. Hierdie spog Game Lodge bied ook konferensie fasiliteite vir besighede wat hulle breine bymekaar wil sit om daardie langverwagte groei te bewerkstellig. Verskeie opsies is beskikbaar om hierdie beplanning sessies 'n aangename ervaring te maak. Ritsako Game Lodge het n Volle Gelisenseerde Restaurant met heerlike disse en bedien daagliks ontbyt , middagete asook aandete. Ritsako, 'n game lodge vir ieder en elk. 


7 ATKV-OORDE IN SA

In sommige van die mooiste dele van ons land, lê sewe verruklike oorde waar gaste met ongekende gasvryheid verwelkom word. Elke oord is ’n veilige, ontspanne lushof waar jy jou kan tuismaak vir ’n onvergeetlike gesinsvakansie, jou droomtroue of ’n kulturele ontdekkingsreis! Al die oorde spog met gerieflike selfsorgverblyf, woonwaparke en luukse eenhede waarvan die graderings tussen twee- en vierster wissel. Daar is heerlike eetplekke, sonnige speelplekke, plekke vir salige ontspanning en aksie vir Afrika! Die oorde bied hope pret, soos minigholf, warm- en kouewater-swembaddens, waterwurms, muurbal- en vlugbalbane, springmatte, staproetes, perdry en baie meer vir oud en jonk. Dit is dus ware bekostigbare gesinsvakansies. Met pretnaweke en vakansies word goeie gesinsvermaak van hoë gehalte gebied wat beloof om almal se plesierspier te kielie. 


Copyright © VakansiePlekke 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy