Screen Size

LOSKOPDAM (MIDDELBURG) MPUMALANGA

As dit by keuses kom bied Loskopdam jou genoeg van alles – van verblyf, swembaddens, vermaak en kos tot aktiwiteite, sport en die natuur. Daar is genoeg van alles en iets vir almal. Loskopdam is ‘n Forever Resort wat bekend is vir onvergeetlike bekostigbare vakansies, enige tyd van die jaar. Met verblyf opsies wat houthuise, chalets, familie huis en kampeerplek insluit is daar regtig iets vir almal se doel en begroting. Kinders sal nooit verveeld wees met al die aktiwiteite wat tot hul beskikking is nie – daar is ‘n minigholfbaan, ‘n tennisbaan, verskeie klimrame, swaaie, swembaddens en pooltafels. As jy daarvan hou om op die oewer van ‘n dam saligheid te vind, gaan jy mal wees oor die opsies by Loskopdam. 

Gaste kan kies om langs die dam te kampeer of vis te vang. Troues en konferensies is hul spesialiteit en die verblyf wat aangebied word kan groot groepe met gemak huisves. Loskopdam is slegs twee-en-‘n-half ure se ry van Johannesburg af wat die ligging ideaal maak vir ‘n heerlike wegbreek. Of jy nou wil ontspan of van oortollige energie of stres wil ontslae raak, Loskopdam het genoeg keuses om almal nie net tevrede te stel nie, maar ook te beïndruk. Onthou om jou boot te haak vir lekker pret op die water. 

Enquiries



TOP Vakansie-bestemmings

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontspan, Herlaai, Herleef! Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings...

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy Policy