Screen Size

BERCHTESGADEN RANCH & FARM (VAALWATER)

Berchtesgaden Game Ranch en Lifestyle Farm is 'n bestemming wat baie geliefd is deur plaaslike en internasionale reisigers weens sy ongerepte ekosisteme, 'n oorvloed wild, die volhoubare boerderymetodes en luukse akkommodasie - alles binne twee uur vanaf OR Tambo Internationale lughawe. Dit alles word gekombineer om 'n ervaring buite die stad te skep waar gaste tuis kan voel en al ons geriewe en aktiwiteite kan benut terwyl die ongerepte natuur ervaar word. Die hoë persentasie terugkerende besoekers is 'n bewys van hierdie fantastiese stukkie moederaarde wat jou bly terugroep as jy eers hier skoene uitgeskop het.

Die Ranch & Farm is twee afsonderlike entiteite wat in harmonie mekaar aanvul . By die Lodge en wildsplaas sal gaste verlore raak in die ongerepte skoonheid van die Afrika-bos en die oorvloed van verskeie spesies wild met 'n menigte aktiwiteite en avonture. Net aan die oorkant van die teerpad by die Lewenstyl Boerplaas sal die kommersiële boerdery aktiwiteite gevind word waaruit ook baie van die etes wat u sal nuttig voorberei word. Hier kan u deelneem aan boerdery-aktiwiteite en die lewe as ‘n “stadsboer” as eie ervaar. 

Enquiries



TOP Vakansie-bestemmings

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontspan, Herlaai, Herleef! Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings...

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy Policy