Screen Size

TO STRAND

TO Strand is 'n uitsonderlike vakansieoord in Leisure Bay, KwaZulu-Natal, binne trefafstand van Port Edward. Hier kan vakansiegangers uitsien na gesinsvriendelike selfsorg-akkommodasie en 'n groot verskeidenheid doendinge wat selfs die mees kieskeurige lid van die gesin sal vermaak. Verblyf word verskaf in die vorm van een- en twee-slaapkamer chalets, en besoekers is ook welkom om gebruik te maak van kampeergeriewe as hulle die woonwa wil saambring. 

Die oord se vermaak-opsies sluit mini-golf, vlugbal, tennis, visvang, branderplankry, staproetes, bergfietsroetes en kayak-ry in. Daar is ook twee swembaddens, vakansieprogramme vir die kinders in seisoen, 'n restaurant, kroeg en winkel op die perseel. Beste van alles - jy kan sommer ook jou troue hier hou! Die TO Strand-span staan gereed om jou spesiale dag seepglad te laat verloop. Besoek hul webwerf vir meer inligting en beplan jou wegbreek na hierdie prentjiemooi strandoord sommer dadelik!


Enquiries



TOP 30 Vakansie-bestemmings

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

Adverteer by Vakansieplekke SA

Wees in die kollig! Spog met jou bestemming op Vakansieplekke in SA. Show off...

LEES MEER

Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Spa Bestemmings

Ontspan en vind ontvlugting van die gejaag van die lewe met ons spa afdeling. Een...

LEES MEER

Vakansie Avontuur

Vakansie avontuur vir jonk en oud! Daar is 'n wye verskeidenheid vakansie-avontuuraktiwiteite...

LEES MEER
Copyright © VakansiePlekke 2025 - All rights reserved.  |  Privacy Policy