Screen Size

ATKV-KLEIN KARIBA

Sowat negentig minute van Johannesburg, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe. Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid. ’n Magdom aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite soos ’n restaurant, kitskos-afdeling en ’n goed-toegeruste winkel verseker dat gaste nie een ongerieflike oomblik beleef nie. Boonop lê ons op die Bosveld-toeristeroete wat ’n ideale basis is vir verskillende dagtoere.

Met moderne fasiliteite vir groepe van tot 700 bied ATKV-Klein-Kariba se rustigheid en vreedsame stilte die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en konferensies. Of kom maak jou droomtroue waar in ons eie klipkapel met ’n betowerende waterval- of bostroue. ATKV-Klein-Kariba –ware gasvryheid by die juweel van die Bosveld!

Enquiries



TOP Vakansie-bestemmings

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontspan, Herlaai, Herleef! Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings...

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy Policy