Screen Size

VALVERDE ECO HOTEL

Gaste wat wakker word by die Valverde Eco Hotel sal dit moeilik vind om te dink hulle is so naby aan die stad. Die hotel bevind homself in die hartjie van die Wieg van die Mensdom, slegs ‘n kort afstand vanaf Lanseria lughawe wat die ligging ideaal maak vir gaste wat per vliegtuig reis. Selfs met ‘n lughawe en Fourways op die hotel se voorstoep, voel dit steeds of jy op ‘n afgeleë stukkie paradys is as jy deur die welige tuine wandel. 

Gaste kan uit 25 ruim, luukse kamers met ‘n landelike gevoel kies en ‘n heerlike ete by die a la carte restaurant geniet. Gratis wifi is beskikbaar, asook uitstekende konferensie geriewe vir klein, medium en groot groepe. Valverde Eco Hotel spesialiseer daarin om troues onvergeetlik te maak en die Aloeverde Spa sal enige kommernis moeiteloos laat wegkwyn. Valverde Eco Hotel is pure lafenis vir die siel en die ideale plek om te ontspan en te herlaai sonder om uit Gauteng te reis. Die hotel bied luuksheid teen ‘n baie bekostigbare tarief met die ideale ligging.     



Enquiries



TOP Vakansie-bestemmings

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontspan, Herlaai, Herleef! Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings...

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2025 - All rights reserved.  |  Privacy Policy