Screen Size

VICTORIA HEIGHTS GUEST FARM BB ( GEORGE) WES-KAAP

Victoria Heights B&B is 'n Kaaps-Hollandse huis met 'n elegante en bekoorlike voorkoms. Victoria Heights is ideaal vir die korporatiewe gas sowel as die toeris. Dit is in die hartjie van die Tuinroete geleë, tussen Victoriabaai-strand en die Garden Route Mall. Iets baie uniek is die plaasatmosfeer. Vroegoggend hoor jy die kraai van die haan wat volg deur die vrolike getjirp van die voëls in die reuse bome en saans die brul van die leeus… Jy sal vrede en rustigheid ervaar na 'n harde dag se werk. Victoria Heights B&B is ook die perfekte vakansieverblyf vir ouers met kinders. Jy kan swem of net ontspan in ons pragtige tuin. 

Victoria Heights B&B is ± 2 km vanaf Victoriabaai-strand, ± 1,5 km vanaf die winkelsentrum, 4 km vanaf George en 14 km vanaf George-lughawe geleë. Baie ontspanning is binne 'n radius van 5 km. Ons ontbyte sluit 'n volledige Engelse ontbyt en 'n buffettafel met verskeie vrugte, jogurts, graankos en brood in. Terwyl jy jou ontbyt geniet, het jy uitsigte oor ons pragtige tuin en fontein. Jy kan ook braai by die lapa by die swembad. Ons bied 10 gerieflike en bekostigbare en-suite kamers. Ontbyt is by die tarief ingesluit. Al ons kamers is ruim, skoon en netjies. Alle kamers is toegerus met satelliet-TV, WiFi, lugversorging (behalwe Ultra Family Room), tee- en koffiemaakgeriewe, toiletware, linne, handdoeke en verwarmers. 


Enquiries



TOP Vakansie-bestemmings

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontspan, Herlaai, Herleef! Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings...

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy Policy