Screen Size

ATKV-HARTENBOS OORD (WES-KAAP)

ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van George-lughawe. Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende akkommodasieopsies waar jy per eenheid en nie per persoon betaal nie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-afdeling en geriefswinkel en jy het alles wat jou hart begeer. Ook die ideale basis vanwaar mens jou vakansie verder kan inkleur met besoeke aan talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing. 

Die ATKV-Hartenbos-museum bied ’n terugblik op die Groot Trek. Die jongste toevoeging tot die museum is die Hartenbos-kamer wat die geskiedenis van die dorp uitbeeld. Hartenbos se unieke wandelroete al langs die strand bestaan uit marmerblokke met uittreksels van die werke van 16 digters uit verskillende tydperke van die afgelope eeu se Afrikaanse digkuns. Al die gedigte het die see as onderwerp.

Enquiries



TOP Vakansie-bestemmings

Hier is iets vir elke sak en smaak...van luukse akkommodasie, bekostigbare selfsorg-verblyf,...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

Romantiese Wegbreek

Wat ookal jou liefdestaal is, ons bied ’n groot verskeidenheid Cupido-waardige opsies...

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontspan, Herlaai, Herleef! Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings...

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy Policy