Screen Size

UDOLPHO RIVIERPLAAS - PARYS

Die FAK Udolpho Rivierplaas is geleë aan die oewer van die Vaalrivier, net 10 km buite Parys. Híér kan jy jou skoene kom uitskop, ontspan en net weer heel word. Kom beleef Afrikanergasvryheid op sy héél beste met ons topklasakkommodasie, pragtige konferensiefasiliteite, prettige vermaakaktiwiteite en merkwaardige Afrikanererfenisterrein. Udolpho Rivierplaas beskik oor verskeie onthaalgeriewe waar individue, gesinne en groter groepe heerlik sosiaal kan verkeer! 

Ons konferensiefasiliteite bied ook die perfekte venue vir die fasilitering van saamtrekgeleenthede wat wissel van intiemer vergaderings en werkswinkels tot groter funksies en seminare. As daar nou één woord is wat jy nie sommer in Udolpho-gaste se woordeskat sal optel nie, is dit die woord “verveeld”, want by óns pragtige rivierplaas is daar géén verskoning om verveeld te raak nie! Kom kuier!


Enquiries



Romantiese Wegbreek

Liefde is die mooiste avontuur... en elke avontuur begin met die perfekte bestemming....

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings waar ontspanning en welstand...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

ATKV-OORDE

ATKV-oorde spog met ‘n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite....

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

VOLG ONS OP
Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy PolicyMedia Use References