Screen Size

ATKV-BUFFELSPOORT

Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg, net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort-vakansieoord. Met ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed-toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy die magdom toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken. 

Ons kampeergeriewe is veral gewild. Benewens ons vierbed-tenthuise het ons ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en braai-area. Uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite. Perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede … die volmaakte gesinsvakansie! Boonop bied die omgewing se rustigheid die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning. ATKV-Buffelspoort – ons oase in die Magaliesberge.

Enquiries



Romantiese Wegbreek

Liefde is die mooiste avontuur... en elke avontuur begin met die perfekte bestemming....

LEES MEER

Top Spa Spots

Ontsnap van die gejaag en ontdek asemrowende bestemmings waar ontspanning en welstand...

LEES MEER

Kamp avontuur spots

Ontsnap die alledaagse en duik in die natuur met kampplekke wat avontuur en ontspanning...

LEES MEER

ATKV-OORDE

ATKV-oorde spog met ‘n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite....

LEES MEER

WAARVOOR WAG JY?

VAL IN DIE PAD MET VAKANSIEPLEKKE IN SUID-AFRIKA EN ONTDEK ONS LAND SE MEES BESONDERSE WEGBREEK-BESTEMMINGS.

VOLG ONS OP
Copyright © VakansiePlekke 2026 - All rights reserved.  |  Privacy PolicyMedia Use References